Vrydag 26 April 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Handelinge 6:8-15)
SY GESIG HET GESKITTER SO DIE VAN ‘N ENGEL:
8. Stefanus, ‘n man vol van God se genade en krag, het wonders en groot tekens onder die mense gedoen.
9. Op ‘n dag het ‘n aantal lede van die sogenaamde ‘Sinagoge van die Vrygelate Slawe,’ met hom in gesprek getree. Hulle was Jode wat van Sirene en Aleksandrië en van die provinsies Silisië en Asië gekom het.
10. Hulle was was egter nie opgewasse teen die wysheid en die Gees waarmee Stefanus gepraat het nie.
11. Toe het hulle mans omgekoop om oor Stefanus te jok en te sê: ‘Ons het hom beledigende dinge teen Moses, en selfs teen God hoor sê.’
12. Op hierdie manier het hulle dit reggekry om die skares en die familie-hoofde en die skrifkenners op te sweep. Hulle het Stefanus gearresteer, en ħom voor die Joodse Raad gebring.
13. Die valse getuies het gesê: ‘Hierdie man hou aan om afbrekend van die tempel, en van die Wet van Moses te praat.
14. ‘Ons het hom regtig hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel sal verwoes en die tradisies wat Moses vir ons gegee het, sal verander.’
15. Al die raadslede het stip na Stefanus gekyk, en gesien dat sy gesig soos dié van ‘n engel skitter.
PEARL FOR EACH DAY:
Friday 26 April 2024.
(Acts 6:8-15)
HIS FACE WAS LIKE THE FACE OF AN ANGEL:
8. And Stephen, full of Grace and Power, was doing great wonders and signs among the people.
9. Then some of those who belonged to the ‘Synagogue of the Freedmen, (as it was called), and of the Cyrenians, and of the Alexandrians, and of those from Cilicia and Asia, rose up and disputed with Stephen.
10. But they could not withstand the wisdom and the Spirit with which he was speaking.
11. Then they secretly instigated men who said: ‘We have heard him speak blasphemous words against Moses and God.’
12. And they stirred up the people and the elders and the scribes, and they came upon him and seized him and brought him before the council,
13. and they set up false witnesses who said: ‘This man never ceases to speak words against this Holy place and the Law,
14. for we have heard him say that this Jesus of Nazareth will destroy this place, and will change the customs that Moses delivered to us.’
15. And gazing at him, all who sat in the council saw that his face was like the face of an angel.
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)



