Woensdag 10 en Donderdag 11 Desember 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 2:24-29)
“JOU LOF IS NIE VAN ‘N MENS NIE, MAAR VAN GOD:”
- “Geen wonder nie dat die Skrif sê: ‘Julle veroorsaak dat God se Naam onder die nie-Joodse nasies sleggemaak word.’
- “Die besnydenis beteken wel vir jou iets, as jy God se wet gehoorsaam. Maar as jy die wet oortree, is jy niks beter daaraan toe, as ‘n onbesnede nie-Jood nie.
- “En as die onbesnede nie-Jode die bepalings van die wet nakom, sal God hulle dan nie beskou as besnedenes nie?
- “Ja, as iemand wat kragtens geboorte onbesnede is, tog God se wet gehoorsaam, sal dit selfs teén jou tel – jy wat met die letter van die wet – besnydenis en al, tog God se wet verbreek!
- “Jy is nie ‘n ware Jood bloot omdat jy in die openbaar as ‘n Jood bekend staan of omdat jy uitwendig besny is nie.
- “Inteendeel, die ware Jood is die een wat dit in sy binneste is. En nie die ware besnydenis wat aan jou liggaam verrig word nie, nee dit is die besnydenis van jou hart wat deur die Gees van God verrig word. Nie deur wets-voorskrifte nie. So ‘n persoon ontvang lof – nie van mense nie, maar van God.”
(Romeine 3:1-3)
- “Beteken dit dan enigiets besonders om ‘n Jood te wees? Of hou die besnydenis enige voordeel in?
- “Inderdaad! Dit hou baie voordele in. Die belangrikste is die feit dat God Sy openbaring aan die Jode toevertrou het.
- “Wat sê dit vir ons? Impliseer dit die feit dat party Jode ontrou geword het, dan nie dat God se getrouheid aan Sy beloftes, ook daarmee heen is nie?”
Wednesday 10 and Thursday 11 December 2025.
PEARL FOR EACH DAY:
(Romans 2:24-29)
HIS PRAISE IS NOT FROM MAN BUT FROM GOD:
- “For it is written: ‘The Name of God is blasphemed among the Gentiles because of you.’
- “The circumcision indeed is of value if you obey the law, but if you break the law, your circumcision becomes uncircumcision.
- “So if a man who is uncircumcised keeps the precepts of the law, will not his uncircumcision be regarded as circumcision?
- “Then he who is physically uncircumcised but keeps the law will condemn you who have the ‘written code,’ and circumcision but break the law.
- “For no one is a Jew who is merely one outwardly, nor is circumcision outward and physical.
- “But a Jew is one inwardly, and circumcision is a matter of the heart, by the spirit, not by the letter. His praise is not from man but from God.”
Romans 3:1-3)
- “Then what advantage has the Jew? Or what is the value of circumcision?
- “Much in every way. To begin with. The Jews were entrusted with the oracles of God.
- “What if some were unfaithful? Does their faithlessness nullify the faithfulness of God?”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)