Woensdag 29 Mei 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Handelinge 13:21-28)
HY HET DAWID AS HULLE KONING VERKRY:
21. “Toe wou hulle ‘n koning hê, en God het Saul, die seun van Kis, ‘n man uit die stam van Benjamin, vir 40 jaar aan hulle gegee.
22. “Nadat God hom verwyder het, het Hy Dawid vir hulle as koning voorsien. Van hom het God getuig: ‘+Ek het Dawid, seun van Isai, gekry; hy is ‘n man so na My hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’+
23. “Uit hierdie man se nageslag het God die beloofde Messias laat voortkom!
24. “Voor Sy koms het Johannes die Doper die bekerings-doop aan die hele volk Israel verkondig.
25. “En toe Johannes aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Dink julle miskien ek is die Messias? Nee, ek is nie. Die Messias kom ná my! Ek is selfs nie werd om Sy sandale los te maak nie.’
26. “Geagte volksgenote, seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het, aan óns het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur!
27. “Die mense in Jerusalem en hulle leiers het die uitsprake van die Profete in vervulling laat gaan, deur Jesus tot die dood te veroordeel. Hulle het Hom nie herken nie, en ook nie besef dat dit HY is oor Wie die Profete geskryf het nie, al word dit elke Sabbatdag voorgelees.
28. “Hulle kon geen grond vir die doodvonnis kry nie, maar nogtans het hulle Pilatus gevra om Hom te laat doodmaak,”
PEARL FOR EACH DAY:
Wednesday 29 May 2024.
(Acts 13:21-28)
HE RAISED UP DAVID TO BE THEIR KING:
21. “When they asked for a king, God gave them Saul, son of Kish, a man of the tribe of Benjamin, for forty years.
22. “And when He Had removed him, He raised up David to be their king, of whom He testified and said: ‘+I Have found in David, the son of Jesse, a man after My heart, who will do all My Will.’+
23. “Of this man’s offspring God Has brought to Israel a Savior, Jesus, as He promised.
24. “Before Jesus’ coming, John the Baptist, had proclaimed a baptism of repentance to all the people of Israel.
25. “And as John was finishing his course, he said: ‘What do you suppose that I am? I am not He. No, but behold, after me One is coming, the sandals of Whose feet, I am not worthy to untie.’
26. “Brothers, sons of the family of Abraham, and those among you who fear God, to us has been sent the message of this salvation.
27. “For those who live in Jerusalem and their rulers, because they did not recognize Him, nor understand the utterances of the Prophets, which are read every Sabbath, fulfilled them by condemning Him.
28. “And though they found in Him no guilt worthy of death, they asked Pilate to have Him executed.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)





