THEY STONED PAUL AND DRAGGED HIM OUT OF THE CITY:

Maandag 3 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 14:16-23)

HULLE HET PAULUS GESTENIG EN UIT DIE STAD GESLEEP:

16. “In vorige geslagte het Hy die ander nasies toegelaat om hulle eie koers te kies,

17. “en tog het Hy duidelike getuienis gegee dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën gegee van die hemel af, en oeste op hulle tyd; Hy het julle volop kos gegee, en in julle harte volop vreugde.”

18. Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels skaars keer dat die mense offers aan hulle bring.

19. Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom, en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus gestenig en hom uit die stad gesleep, onder die indruk dat hy dood is.

20. Toe gelowiges ‘n kring rondom hom begin vorm, het hy opgestaan en weer die stad binne gegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek.

21. Paulus en Barnabas het die Goeie Nuus ook in Derbe verkondig, en hulle het ‘n redelike aantal volgelinge van Jesus bygekry. Daarna het hulle na Listra, Ikonium en Antiogië in Pisidië teruggegaan.

22. Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om vol te hou met die geloof. “Ons moet eers deur baie verdrukking gaan voordat ons voluit aan die Konings-heerskappy van God kan deel hê,” het hulle gesê.

23. In elke gemeente het hulle vir hulle ouderlinge gekies. Nadat hulle gebid en gevas het, het die apostels hulle opgedra aan die Here, in Wie hulle nou geglo het.

PEARL FOR EACH DAY: Monday 3 June 2024.

(Acts 14:16-23)

THEY STONED PAUL AND DRAGGED HIM OUT OF THE CITY:

16. “In the past generations He allowed all the nations to walk in their own ways.

17. “Yet He did not leave Himself without witness, for He did good by giving you rains from heaven, and fruitfull seasons, satisfying your hearts with food and gladness.”

18. Even with these words they scarcely restrained the people from offering sacrifice to them.

19. But Jews came from Antioch and Iconium, and having persuaded the crowds, they stoned Paul, and dragged him out of the city, supposing that he was dead.

20. But when the disciples gathered about him, he rose up and entered the city, and on the next day he went on with Barnabas to Derbe.

21. When they had preached the Gospel to that city, and had made many disciples, they returned to Lystra and to Iconium and to Antioch,

22. strengthening the souls of the disciples, encouraging them to continue in the faith, and saying that through many tribulations we must enter the Kingdom of God.

23. And when they had appointed elders for them in every Church, with prayer and fasting they committed them to the Lord in whom they now had believed.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“WE ARE ALSO MEN OF LIKE NATURE WITH YOU:”

Sondag 2 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 14:8-15)

“ONS IS MENSE NET SOOS JULLE!”

8. In Listra was daar ‘n man wat sy voete nie kon gebruik nie. Van sy geboorte af was hy verlam, en kon hy nooit loop nie.

9. Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy die geloof het om gesond gemaak te word.

10. Toe het hy met ‘n harde stem gesê: “Staan op jou voete!” Die man het opgespring en begin rondstap.

11. Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: ‘Die gode het met mens-liggame na ons toe afgekom!’

12. Hulle het Barnabas ‘Zeus,’ begin noem, en Paulus, omdat hy die een was wat die praatwerk gedoen het, ‘Hermes.’

13. Die Zeus-tempel was net buite die stad. Die priester van die tempel het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en hy het gereed gemaak om saam met die skare, offers aan die apostels te bring.

14. Toe die apostels Barnabas en Paulus daarvan hoor, het hulle, hulle klere geskeur en tussen die skare ingespring, en geskreeu:

15. “Mense, waarom doen julle dit? Ons is mense, net soos julle. Ons bring vir julle die Goeie Nuus dat julle hierdie nikswerd kamstige gode moet laat staan, en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see, en alles wat in hulle bestaan, gemaak het!”

PEARL FOR EACH DAY:

Sunday 2 June 2024.

(Acts 14:8-15)

“WE ARE ALSO MEN OF LIKE NATURE WITH YOU:”

8. At Lystra, there was a man sitting, who could not use his feet. He was crippled from birth, and had never walked.

9. He listened to Paul speaking. And Paul, looking intently at him, and seeing that he had faith to be made well,

10. said in a loud voice: “Stand upright on your feet!” And the man sprang up and began walking.

11. And when the crowds saw what Paul had done, they lifted up their voices, saying in Lycaonian: ‘The gods have come down to us in the likeness of men!’

12. Barnabas they called ‘Zeus,’and Paul ‘Hermes’, because he was the chief speaker.

13. And the priest of Zeus, whose temple was at the entrance to the city, brought oxen and garlands to the gates and wanted to offer sacrifice with the crowds.

14. But when the apostles Barnabas and Paul heard of it, they tore their garments and rushed out into the crowd, crying out:

15. “Men, why are you doing these things? We are also men, of like nature with you, and we bring you good news that you should turn from these vain things, to a living God, Who made heaven and earth and the sea, and all that is in them!”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THE DISCIPLES WERE FILLED WITH JOY AND WITH THE HOLY SPIRIT:

Saterdag 1 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 13:50-52)

DIE GELOWIGES WAS VOL BLYDSKAP EN VOL VAN DIE HEILIGE GEES:

50. Maar die Jode het vooraanstaande vroue, wat vir die ware God ontsag gehad het, asook toonaangewende burgers van die stad opgesweep. Hulle het ‘n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag.

51. Paulus en Barnabas het toe, as protes teen die stad, die stof aan hulle voete afgeskud, en Ikonium to gegaan.

52. Die gelowiges was vol blydskap, en vol van die Heilige Gees.

(Handelinge 14:1-7)

1. In Ikonium het dit ook só gegaan. Paulus en Barnabas het weer die Joodse sinagoge binne gegaan, en daar gepreek. ‘n Groot aantal Jode en Grieke het gelowig geword.

2. Maar die Jode wat nie oortuig geraak het nie, het die gemoedere van die nie-Jode opgesweep, en hulle teen die gelowiges aangehits.

3. Die apostels het ‘n taamlike tyd daar deurgebring, en in vertroue op die Here, met vrymoedigheid gepreek. Die Here het ook die waarheid van die boodskap, van Sy Genade bevestig, deur te gee dat tekens en wonders deur die apostels se toedoen plaasvind.

4. Die mense in die stad was verdeeld: Party het hulle by die Jode geskaar, en party by die apostels.

5. Op ‘n stadium het die nie-Jode en die Jode, saam met hulle leiers beplan om die apostels aan te rand, en met klippe dood te gooi.

6. Toe die apostels dit agterkom, het hulle na Listra en Derbe en die Likaonië-omgewing gevlug.

7. Dáár het hulle toe die Goeie Nuus verkondig.

PEARL FOR EACH DAY:

Saturday 1 June 2024.

(Acts 13:50-52)

THE DISCIPLES WERE FILLED WITH JOY AND WITH THE HOLY SPIRIT:

50. But the Jews incited the devout women of high standing, and the leading men of the city, stirred up persecution against Paul and Barnabas, and drove them out of the district.

51. But Paul and Barnabas shook off the dust from their feet against them, and went to Iconium.

52. And the disciples were filled with joy and with the Holy Spirit.

(Acts 14:1-7)

1. At Iconium they gathered together into the Jewish synagogue, and spoke in such a way, that great numbers of both Jews and Greeks believed.

2. But the unbelievingJews stirred up the Gentiles and poisoned their minds against the brothers.

3. So they remained for a long time, speaking boldly for the Lord, Who bore witness to the Word of His Grace, granting signs and wonders to be done by the apostles’ hands.

4. But the people of the city were divided; Some sided with the Jews, and some with the apostles.

5. When an attempt was made by both Gentiles and Jews, with their rulers, to mistreat them and to stone them,

6. they learned of it and fled to Lystra and Derbe, cities of Lycaonia and to the surrounding country.

7. And there they continued to preach the Gospel.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THEY URGED THEM TO CONTINUE IN THE GRACE OF GOD:

Vrydag 31 Mei 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 13:40-49)

HULLE IS AANGEMOEDIG OM OP DIE GENADE VAN GOD TE BLY VERTROU:

40. “Pas dan op dat wat in die Profete gesê is, nie op julle van toepassing word nie.

41. ‘+Sien dit tog raak, julle veragters! Staan verstom en gaan ten gronde! Want in julle tyd doen Ek iets, iets wat julle beslis nie sal glo nie, selfs nie as iemand dit vir julle vertel nie.’+

42. Terwyl Paulus en Barnabas die sinagoge verlaat, het die mense hulle gevra om die volgende Sabbatdag meer van hierdie dinge te vertel.

43. Ná die sinagoge-diens het baie van die Jode en van die nie-Jode wat proseliete geword het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Hulle het met hierdie mense gepraat, en hulle aangemoedig om op die Genade van God te bly vertrou.

44. Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaar gekom, om hulle die Woord van die Here te hoor preek.

45. Toe die Jode die skare sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en teengestaan wat hy gesê het.

46. Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die Woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle daarmee beslis, dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons, ons nou tot die nie-Jode.

47. “Immers met hierdie woorde het die Here ons ‘n opdrag gegee: ‘+Ek het jou gegee as ‘n lig vir die nie-Joodse nasies, sodat jy verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.’+

48. Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly, en hulle het die Woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.

49. Die Woord van die Here het deur daardie hele streek versprei.

PEARL FOR EACH DAY:

Friday 31 May 2024.

(Acts 13:40-49)

THEY URGED THEM TO CONTINUE IN THE GRACE OF GOD:

40. “Beware therefore, lest what is said in the Prophets should come about:

41. ‘+Look you scoffers, be astounded and perish; for I Am doing a work in your days, a work that you will not believe, even if one tells it to you.’+

42. As they went out, the people begged that these things might be told them the next Sabbath.

43. And after the meeting of the synagogue broke up, many Jews and devout converts to Judaism followed Paul and Barnabas, who, as they spoke to them, urged them to continue in the Grace of God.

44. The next Sabbath almost the whole city gathered, to hear the Word of the Lord.

45. But when the Jews saw the crowds, they were filled with jealousy, and began to contradict what was spoken by Paul.

46. And Paul and Barnabas spoke out boldly, saying: “It was necessary that the Word of God be spoken to you first. Since you thrust and judge yourselves unworthy of eternal life, behold, we are turning to the Gentiles.

47. For so the Lord Has commanded us, saying: ‘+I Have made you a light for the Gentiles, that you may bring salvation to the ends of the earth.’+

48. And when the Gentiles heard this, they began rejoicing and gloryfying the Word of the Lord, and as many as were appointed to eternal life, believed.

49. And the Word of the Lord was spreading throughout the whole region.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

GOD RAISED HIM FROM THE DEAD:

Donderdag 30 Mei 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 13:29-39)

GOD HET HOM UIT DIE DOOD OPGEWEK:

29. “Nadat hulle alles gedoen het wat oor Sy lyding in die Skrif geskryf staan, het hulle Hom van die kruis afgehaal, en in ‘n grafkamer neergelê.

30. “Maar God het Hom uit die dood opgewek!

31. “Jesus het in die loop van baie dae aan die mense verskyn wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense is nou Sy getuies by die volk.

32. “En nou verkondig ek en Barnabas hierdie Goeie Nuus aan julle: God het die belofte aan ons voorgeslagte waar laat word.

33. “Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede Psalm oor Jesus geskryf: ‘+Jy is My Seun; Ék het Jou vandag verwek.’+

34. “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende Woorde gesê: ‘+Ek sal vir julle die beloftes vervul, wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’+

35. “Daarom sê God ook elders: ‘+U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is, tot niet gaan nie.’+

36. “Dit verwys nie na Dawid nie, want hy het tog gesterf nadat hy die mense van sy eie tyd gedien het, soos God beskik het. Hy is by sy voorgeslagte begrawe, en sy liggaam hét tot niet gegaan.

37. “Nee, die verwysing is na Iemand anders: Hóm het God opgewek, SY liggaam het nie tot niet gegaan nie.

38. “Daarom geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: Vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die Wet van Moses God se vryspraak kry nie,

39. “maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek.”

PEARL FOR EACH DAY:

Thursday 30 May 2024.

(Acts 13:29-39)

GOD RAISED HIM FROM THE DEAD:

29. “And when they had carried out all that was written about Him, they took Him down from the tree and laid Him in a tomb.

30. “But God raised Him from the dead,

31. “and for many days He appeared to those who had come up with Him from Galilee to Jerusalem, who are now His witnesses to the people.

32. “And Barnabas and I bring you the Good News that what God promised to the fathers,

33. “this He Has fulfilled to us, their children, by raising Jesus, as also it is written in the second Psalm, ‘+You are My Son, today I Have begotten You.’+

34. “And as for the fact that He raised Him from the dead, no more to return to corruption He Has spoken in this way: ‘+I Will give You the holy and sure blessings of David.’+

35. “Therefore He says also in another Psalm: ‘+You Will not let Your Holy One see corruption.’+

36. “For David, after he had served the purpose of God in his own generation, fell asleep in death, and was laid with his fathers, and saw corruption,

37. “but He Whom God raised up, did not see corruption.

38. “Let it be known to you therefore brothers, that through this Man, forgiveness of sins is proclaimed to you,

39. “and by Him, every one who believes, is freed from everything from which you could not be freed by the Law of Moses.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)