
PRAISE THE LORD!:
Saterdag 25 Mei 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Psalm 148:1-14)
PRYS DIE HERE!
1. Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemel! Prys Hom in die hoë hemele.
2. Prys Hom al Sy engele, prys Hom al die hemelse wesens!
3. Prys Hom son en maan, prys Hom alle skitterende sterre!
4. Prys Hom, hoogste hemel, en waters bokant die uitspansel!
5. Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en alles het ontstaan.
6. Hy het hulle gevestig vir altyd. Hy het grense bepaal, en sal dit nooit herroep nie.
7. Prys die Here vanuit die aarde: seemonsters en die diep waters,
8. weerlig en hael, sneeu en mis-wolke, stormwind wat Hom gehoorsaam.
9. Berge en alle heuwels, vrugtebome en alle seders,
10. wilde diere en al die lewende hawe, kruipende diere en voëls,
11. konings van die aarde en alle volke, heersers en regters van die aarde,
12. jong manne en meisies, grysaards saam met kinders.
13. Laat hulle die Naam van die Here loof. Want net Sy Naam is verhewe. Sy Majesteit is bo die aarde en hemel.
14. Hy het Sy volk sterk gemaak. Dít is die lof van al Sy troue dienaars, die volk Israel, wat na aan Hom is. Prys die Here!
PEARL FOR EACH DAY:
Saturday 25 May 2024.
(Psalm 148:1-14)
PRAISE THE LORD!
1. Praise the Lord! Praise the Lord from the heavens; praise Him in the heights!
2. Praise Him, all His angels; praise Him all His hosts!
3. Praise Him sun and moon, praise Him all you shining stars!
4. Praise Him, you highest heavens, and you waters above the heavens.
5. Let them praise the Name of the Lord! For He commanded and they were created.
6. And He established them forever and ever, He gave a decree, and it shall not pass away.
7. Praise the Lord from the earth, you great sea creatures and all deeps,
8. fire and hail, snow and mist, stormy wind fulfilling His Word!
9. Mountains and all hills, fruit trees and all cedars!
10. Beasts and all livestock, creeping things and flying birds!
11. Kings of the earth and all peoples, princes and all rulers of the earth!
12. Young men and maidens together, old men and children!
13. Let them praise the Name of the Lord, for His Name alone is exalted; His Majesty is above earth and heaven!
14. He Has raised up a horn for His people, praise for all His saints, for the people of Israel, who are near to Him. Praise the Lord!
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)





IMMEDIATELY MIST AND DARKNESS FELL UPON HIM:
Vrydag 24 Mei 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Handelinge 13:4-12)
ONMIDDELLIK HET HY NET MISTIGHEID EN DONKERTE GESIEN:
4. Deur die Heilige Gees uitgestuur, het Barnabas en Saulus na Seleukië toe afgegaan, en daarvandaan na die eiland Siprus toe oorgevaar.
5. In Salamis aangekom, het hulle die Woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het Johannes Markus as helper gehad.
6. Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle ‘n Joodse towenaar teëgekom het, ‘n vals profeet met die naam Barjesus.
7. Hy was saam met die goewerneur Sergius Paulus, wat ‘n verstandige man was. Die goewerneur het Barnabas en Saulus genooi om die Woord van God, van hulle te hoor.
8. Die towenaar Elimas (sy naam word so vertaal), het hulle egter teengestaan, omdat hy die goewerneur wou weghou van die Christelike geloof.
9. Maar Saulus, dit is Paulus, vol van die Heilige Gees, het hom stip aangekyk,
10. en gesê: “Duiwelskind! Jy loop oor van al wat skelmstreek en bedrogspul is! Vyand van alles wat reg is! Sal jy nooit ophou om die reguit paaie van die Here vol kronkels te maak nie?
11. “Nou is die strawwende hand van die Here op jou. Jy sal blind word en die son ‘n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het hy net mistigheid en donkerte gesien, en hy het rondgetas en gesoek na iemand om sy gids te wees.
12. Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy gelowig geword, en hy was verstom oor die Christelike leer.
PEARL FOR EACH DAY:
Friday 24 May 2024.
(Acts 13:4-12)
IMMEDIATELY MIST AND DARKNESS FELL UPON HIM:
4. So, being sent out by the Holy Spirit, they went down to Seleucia, and from there they sailed to Cyprus.
5. When they arrived at Salamis, they proclaimed the Word of God in the synagogues of the Jews. And they had John Mark to assist them.
6. When they had gone through the whole island as far as Paphos, they came upon a certain magician, a Jewish false prophet named Bar-Jesus.
7. He was with the proconsul, Sergius Paulus, a man of intelligence, who summoned Barnabas and Saul and sought to hear the Word of God.
8. But Elymas the magician (for that is the meaning of his name), opposed them, seeking to turn the proconsul away from the faith.
9. But Saul, who was also called Paul, filled with the Holy Spirit, looked intently at him,
10. and said: “You son of the devil, you enemy of all righteousness, full of all deceit and villainy, will you not stop making crooked the straight paths of the Lord?
11. “And now behold, the hand of the Lord is upon you, and you will be blind, and unable to see the sun for a time.” Immediately mist and darkness fell upon him, and he went about seeking people to lead him by the hand.
12. Then the proconsul believed, when he saw what had occurred, for he was astonished at the teaching of the Lord.
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

