Dinsdag 6 Augustus 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 3:1-11)
WATTER VOORDEEL IS DIT OM ‘N JOOD TE WEES?
1. “Het dit dan enige voordeel om ‘n Jood te wees, en het die besnydenis enige nut?
2. “Ja baie, in allerlei opsigte. Die belangrikste is dat God Sy Woorde aan die Jode toevertrou het.
3. “Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie? Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou?
4. “Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is, en elke mens ‘n leuenaar, soos daar geskrywe staan: ‘U is regverdig wanneer U uitspraak doen, en U wen U saak wanneer U aangekla word.’
5. “Ons verkeerde dade laat dus blyk dat God Regverdig is. Wat sal ons daarvan sê? (Ek redeneer soos mense gewoonlik redeneer.) Is God dan nie onregverdig as Hy ons straf nie?
6. “Beslis nie. Hoe sou God anders oor die wêreld kan oordeel?
7. “Maar as my leuenagtigheid die betroubaarheid van God duideliker aan die lig gebring het, en so dien tot eer van God, waarom word ek dan nog as sondaar veroordeel?
8. “Beteken dit dat ons sê: ‘Laat ons die verkeerde doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Daar is mense wat ons dit wel lasterlik in die mond lê, maar hulle kry die oordeel wat hulle verdien.
9. “Waarop kom dit neer? Is ons as Jode dan beter as die ander? Glad nie, want ons het al bewys dat Jode en nie-Jode almal in die mag van die sonde is.
10. “Daar staan immers geskrywe: ‘Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie,
11. “‘daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die Wil van God vra nie.”
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 6 August 2024.
(Romans 3:1-11)
WHAT ADVANTAGE HAS THE JEW?
1. “Then what advantage has the Jew? Or what is the value of circumcision?
2. “Much in every way. To begin with, the Jews were entrusted with the oracles of God.
3. “What if some were infaithful? Does their faithlessness nullify the faithfulness of God?
4. “By no means! Let God be true, though every one were a liar, as it is written: ‘That you may be justified in your words, and prevail when you are judged.’
5. “But if our unrighteousness serves to show the Righteousness of God, what shall we say?That God is unrighteous to inflict wrath on us? (I speak in a human way).
6. “By no means! For then how could God judge the world?
7. “But if through my lie God’s truth abounds to His Glory, why am I still being condemned as a sinner?
8. “And why not do evil that good may come – as some people slanderously charge us with, saying: Their condemnation is just.
9. “What then? Are we Jews any better off? No, not at all. For we have already charged that all, both Jews and Greeks, are under sin,
10. “As it is written: ‘None is righteous, no, not one;
11. “no one understands; no one seeks for God.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)






