“DO YOU COMMIT ADULTERY?:”

Sondag 4 Augustus 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 2:12-21)

“PLEEG JY EGBREUK?”

12. “Almal wat sonder die Wet van Moses gesondig het, sal ook sonder die Wet verlore gaan; en almal wat onder die Wet gesondig het, oor hulle sal volgens die Wet geoordeel word.

13. “Nie diegene wat die Wet hoor, word deur God vrygespreek nie, maar dié wat doen wat die Wet sê, sal vrygespreek word.

14. “Wanneer Heidene, wat nie die Wet het nie, tog vanself dinge doen wat die Wet vereis, is hulle vir hulleself ‘n Wet, al het hulleself nie die Wet nie.

15. “Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die Wet in hulle harte geskrywe staan. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in ‘n innerlike tweestryd, deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word.

16. “Dit sal aan die lig kom op die dag wanneer God deur Christus Jesus oor die verborge dinge van die mense sal oordeel, ooreenkomstig die evangelie wat ek verkondig.

17. “Jy, jy sê jy is ‘n Jood, jy verlaat jou op die Wet van Moses, jy beroem jou daarop dat God jou God is,

18. “jy ken Sy wil en jy onderskei die dinge waar dit werklik op aankom, omdat jy deur die Wet onderrig word.

19. “Jy is daarvan oortuig dat jy ‘n gids vir die blindes is, ‘n lig vir dié wat in die duisternis is,

20. “‘n leermeester van dié wat onkundig is, ‘n onderwyser van dié wat niks weet nie, omdat die Wet vir jou die samevatting is van kennis en waarheid –

21. “jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself?Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy?

22. “Jy wat sê dat ‘n mens nie mag egbreuk pleeg nie, pleeg jy nie egbreuk nie? Jy wat ‘n afsku het van afgode, beroof jy nie hulle tempels nie?”

PEARL FOR EACH DAY:

Sunday 4 August 2024.

(Romans 2:12-22)

“DO YOU COMMIT ADULTERY?”

12. “For all who have sinned without the Law, will also perish without the Law, and all that have sinned under the Law, will be judged by the Law.

13. “For it is not the hearers of the Law who are righteous before God, but the doers of the Law, who will be justified.

14. “For when Gentiles, who do not have the Law, by nature do what the Law requires, they are a Law to themselves, even though they have not the Law.

15. “They show that the work of the Law is written on their hearts, while their conscience also bears witness, and their conflicting thoughts accuse or even excuse them,

16. “on that day when, according to my Gospel, God judges the secrets of men, by Christ Jesus.

17. “But if you call yourself a Jew, and rely on the Law, and boast in God,

18. “and know His Will, and approve what is excellent, because you are instructed from the Law;

19. “and if you are sure that you yourself are a guide to the blind, a light to those who are in darkness,

20. “an instructor of the foolish, a teacher of children, having in the Law the embodiment of knowledge and truth –

21. “you, when you teach others, do you not teach yourself? While you preach against stealing, do you steal?

22. “You who say that one must not commit adultery, do you commit adultery? You who abhor idols, do you rob temples?”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

GOD SHOWS NO PARTIALITY:

Saterdag 3 Augustus 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 2:1-11)

GOD TREK NIEMAND VOOR NIE:

1. “Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou mens, wat ‘n ander veroordeel, wie jy ookal is. Deurdat jy oor ‘n ander ‘n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge.

2. “Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel.

3. “Maar jy mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?

4. “God is ryk aan goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei nie?

5. “Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God Sy regverdige oordeel sal uitspreek.

6. “Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade:

7. “Aan dié wat in goeddoen volhard, en op hierdie manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe;

8. “maar diegene wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid, en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in Sy toorn.

9. “Lyding en benoudheid, bring Hy oor die lewe van elke mens wat kwaad doen, in die eerste plek, oor dié van die Jood, maar ook oor dié van die nie-Jood.

10. “Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goed doen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood.

11. “God trek immers niemand voor nie.”

PEARL FOR EACH DAY:

Saturday 3 August 2024.

(Romans 2:1-11)

GOD SHOWS NO PARTIALITY:

1. “Therefore you have no excuse o man, every one of you who judges. For in passing judgement on another, you condemn yourself because you, the judge, practice the very same things.

2. “We know that the judgement of God rightly falls on those who practice such things.

3. “Do you suppose o man – you who judge those who practice such things, and yet do them yourself – that you will escape the judgement of God?

4. “Or do you presume on the riches of His kindness and forbearance and patience, not knowing that God’s kindness is meant to lead you to repentance?

5. “But because of your hard and impenitent heart, you are storing up wrath for yourself on the day of wrath, when God’s righteous judgement will be revealed.

6. “He Will render to each one according to his works:

7. “To those who by patience in well-doing seek for glory and honour and immortality, he Will give eternal life,

8. “but for those who are self-seeking and do not obey the truth, but obey unrighteousness, there will be wrath and fury.

9. “There will be tribulation and distress for every human being who does evil, the Jew first and also the Greek,

10. “but glory and honour and peace for everyone who does good, the Jew first and also the Greek.

11. “For God shows no partiality.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

GOD GAVE THEM UP TO A DEBASED MIND:

Vrydag 2 Augustus 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 1:26-32)

GOD GEE HULLE OOR AAN HULLE VERDRAAIDE OPVATTINGS:

26. “Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen- natuurlike omgang.

27. “Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou, en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans, en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.

28. “En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.

29. “Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en

30. “praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam is aan hulle ouers;

31. “hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig.

32. “Hulle is mense wat die verordening van God ken, dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.”

PEARL FOR EACH DAY:

Friday 2 August 2024.

(Romans 1:26-32)

GOD GAVE THEM UP TO A DEBASED MIND:

26. “For this reason, God gave them up to dishonorable passions. For their woman exchanged natural relations for those that are contrary to nature;

27. “and the men likewise gave up natural relations with women, and were consumed with passion for one another, men committing shameless acts with men and receiving in themselves the due penalty for their error.

28. “And since they did not see fit to acknowledge God, God gave them up to a debased mind, to do what ought not to be done.

29. “They were filled with all manner of unrighteousness, evil, covetousness, malice. They are full of envy, murder, strife, deceit, maliciousness. They are gossips,

30. “slanderers, haters of God, insolent, haughty, boastful, inventors of evil, disobedient to their parents,

31. “foolish, faithless, heartless, ruthless.

32. “Though they know God’s righteous decree, that those who practice such things deserve to die, they not only do them, but give approval to those who practice them.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)