


WHERE SIN INCREASED, GRACE ABOUNDED ALL THE MORE:
Donderdag 15 Augustus 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 5:14-21)
HOE MEER DIE SONDE GEWORD HET, HOE OORVLOEDIGER HET GENADE GEWORD:
- “Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ‘n ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom,
- “maar met die genade-gawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die GENADE van God en die gawe wat deur die Genade van die Een Mens Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
- “En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens, het die oordeel gevolg, en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genade-gawe gevolg, en dit het tot VRYSPRAAK gelei.
- “Deur die oortreding van die een mens, het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: Dié wat die oorvloed van Genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.
- “Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot VRYSPRAAK en LEWE vir almal.
- “Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die Een Mens vrygespreek word.
- “Die Wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak, en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die GENADE geword.
- “Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die Genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.”
PEARL FOR EACH DAY:
Thursday 15 August 2024.
(Romans 5:14-21)
WHERE SIN INCREASED, GRACE ABOUNDED ALL THE MORE:
- “Yet death reigned from Adam to Moses, even over those whose sinning was not like the transgression of Adam, who was a type of the One Who was to come.
- “But the FREE GIFT is not like the trespass. For if many died, through one man’s trespass, much more have the Grace of God, and the Free Gift by the Grace of that One Man Jesus Christ abounded for many.
- “And the Free Gift is not like the result of that one man’s sin, for the judgement following one trespass brought condemnation, but the Free Gift following many trespasses brought JUSTIFICATION.
- “For if, because of one man’s trespass death reigned through that one man, much more will those who receive the abundance of GRACE, and the Free Gift of righteousness, reign in life through the One Man Jesus Christ.
- “Therefore, as one trespass led to condemnation for all men, so one act of Righteousness leads to JUSTIFICATION and LIFE for all men.
- “For as by the one man’s disobedience the many were made sinners, so by the One Man’s obedience, the many will be made righteous.
- “The Law came in to increase the trespass, but where sin increased, GRACE abounded all the more,
- “so that, as sin reigned in death, GRACE also might reign through Righteousness, leading to eternal life through Jesus Christ, our Lord.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)


“WHILE WE WERE STILL SINNERS, JESUS DIED FOR US:”
Woensdag 14 Augustus 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 5:6-13)
TOE ONS NOG SONDAARS WAS, HET CHRISTUS VIR ONS GESTERF:
- “Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterf.
- “‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs vir ‘n regverdige nie. Ja tog, vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe.
- “Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
- “Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van Sy versoenings-dood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.
- “Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van Sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van Sy Seun gered sal word.
- “Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur Wie ons nou die versoening ontvang het.
- “Verder nog dit: ‘Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom, en deur die sonde die dood, en so het die dood tot alle mense deurgedring, omdat almal gesondig het.
- “Die sonde was al in die wêreld nog voordat die Wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ‘n Wet is nie.”
PEARL FOR EACH DAY:
Wednesday 14 August 2024.
(Romans 5:6-13)
WHILE WE WERE STILL SINNERS, CHRIST DIED FOR US:
- “For while we were still weak, at the right time, Christ died for the ungodly.
- “For one will scarcely die for a righteous person – though perhaps for a good person one would dare even to die –
- “but God shows His love for us in that while we were still sinners, Christ died for us.
- “Since therefore, we have now been justified by His blood, much more shall we be saved by Him, from the wrath of God.
- “For if while we were enemies, we were reconciled to God by the death of His Son, much more, now that we are reconciled, shall we be saved by His life.
- “More than that, we also rejoice in God through our Lord Jesus Christ, through Whom we have now received reconciliation.
- “Therefore, just as sin came into the world through one man, and death through sin, so death spread to all men, because all sinned –
- “for sin indeed was in the world before the Law was given, but sin is not counted where there is no Law.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)


