THE WAGES OF SIN IS DEATH:

Sondag 18 Augustus 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 6:19-23) 

DIE LOON VAN SONDE IS DIE DOOD: 

  1. “Weens julle beperkte begrip gebruik ek ‘n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het, en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel, om heilig te lewe. 
  2. “Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie. 
  3. “Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, tóé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van hierdie dinge is die dood. 
  4. “Maar nou, julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel, en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die EWIGE LEWE. 
  5. “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die Genade-gawe wat God gee, is die Ewige Lewe in Christus Jesus ons Here. 

(Romeine 7:1-3)

  1. “Julle weet broers, en ek praat met mense wat op hoogte is van die Wet van Moses – dat die Wet gesag het oor ‘n mens so lank as hy lewe. 
  2. “Die getroude vrou byvoorbeeld, is deur die Wet aan haar man gebind so lank as hy lewe. As haar man te sterwe kom, is sy onthef van die Wet, wat haar aan haar man gebind het. 
  3. “Maar as sy ‘n ander man se vrou word, so lank haar man lewe, sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die Wet, en is sy nie ‘n egbreekster as sy ‘n ander man se vrou word nie.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Sunday 18 August 2024. 

(Romans 6:19-23)

THE WAGES OF SIN IS DEATH: 

  1. “I am speaking in human terms, because of your natural limitations. For just as you once presented your members as slaves to impurity, and to lawlessness, leading to more lawlessness, so now present your members as slaves to righteousness, leading to sanctification.
  2. “For when you were slaves to sin, you were free in regard to righteousness. 
  3. “But what fruit were you getting at that time from the things of which you are now ashamed? For the end of those things is death. 
  4. “But now that you have been set free from sin and have become slaves of God, the fruit you get leads to sanctification and its end, ETERNAL LIFE. 
  5. “For the wages of sin is death, but the Free Gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord. 

(Romans 7:1-3)

  1. “Or do you not know brothers, – for I am speaking to those who know the Law – that the Law is binding on a person only as long as he lives? 
  2. “For a married woman is bound by Law to her husband while he lives, but if her husband dies, she is released from the Law of marriage. 
  3. “Accordingly, she will be called an adulteress if she lives with another man while her husband is alive. But if her husband dies, she is free from the Law, and if she marries another man, she is not an adulteress.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“YOU ARE NOT UNDER LAW BUT UNDER GRACE:”

Saterdag 17 Augustus 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 6:11-18) 

“JULLE STAAN NIE ONDER DIE WET NIE, MAAR ONDER GENADE:”

  1. “Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. 
  2. “Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 
  3. “Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ‘n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was, maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God, as werktuig om te doen wat God wil. 
  4. “Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die Wet van Moses nie, maar onder die GENADE. 
  5. “Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die Wet van Moses staan nie, maar onder GENADE? Beslis nie! 
  6. “Julle weet tog as julle, julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit VRYSPRAAK en LEWE. 
  7. “Maar ons dank God dat julle wat slawe van  die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer, soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. 
  8. “Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is, en slawe van God geword het, wat Sy wil doen.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 17 August 2024. 

(Romans 6:11-18)

“YOU ARE NOT UNDER LAW, BUT UNDER GRACE:”

  1. “So you also must consider yourselves dead to sin and alive to God, in Christ Jesus. 
  2. “Let not sin therefore reign in your mortal body, to make you obey its passions. 
  3. “Do not present your members to sin, as instruments for unrighteousness, but present yourselves to God as those who have been brought from death to life, and your members to God as instruments for righteousness. 
  4. “For sin will have no dominion over you, since you are not under Law, but under grace. 
  5. “What then? Are we to sin because we are not under Law, but under GRACE? By no means!
  6. “Do you not know that if you present yourselves to anyone as obedient slaves, you are slaves of the one whom you obey, either of sin, which leads to death, or of obedience, which leads to righteousness? 
  7. “But thanks be to God, that you who were once slaves of sin, have become obedient from the heart, to the standard of teaching to which you were committed, 
  8. “and, having been set free from sin, have become slaves of righteousness.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THE LIFE JESUS LIVES, HE LIVES TO GOD:

Vrydag 16 Augustus 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 6:1-10) 

NOU LEWE JESUS, EN HY LEWE VIR GOD: 

  1. “Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen, sodat die genade kan toeneem? 
  2. “Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? 
  3. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie?
  4. “Deur die doop is ons immers saam met Hom in Sy dood begrawe, sodat soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n NUWE LEWE kan lei. 
  5. “Aangesien ons met Hom een geword het in Sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in Sy OPSTANDING. 
  6. “Ons weet tog dat die sondige mense wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 
  7. “Iemand wat gesterwe het, is immers vry van die mag van die sonde. 
  8. “Ons het saam met Christus gesterwe daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal LEWE. 
  9. “Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie meer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. 
  10. “Hy het gesterf en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Friday 16 August 2024. 

(Romans 6:1-10)

THE LIFE JESUS LIVES, HE LIVES TO GOD: 

  1. “What shall we say then? Are we to continue in sin that grace may abound? 
  2. “By no means! How can we who died to sin still live in it? 
  3. “Do you not know that all of us who have been baptized into Christ, were baptized into His death? 
  4. “We were buried therefore with Him by baptism into death, in order that, just as Christ was raised from the dead, by the Glory of the Father, we too might walk in NEWNESS of life. 
  5. “For if we have been united with Him in a death like His, we shall certainly be united with Him in a RESURRECTION like His. 
  6. “We know that our old self was crucified with Him, in order that the body of sin might be brought to nothing, so that we would no longer be enslaved to sin. 
  7. “For one who have died has been set free from sin. 
  8. “If we have died with Christ, we believe that we will also LIVE with Him. 
  9. “We know Christ, being raised from the dead, will never die again; death no longer has dominium over Him. 
  10. “For the death He died, He died to sin, once for all, but the life He lives, He lives to God.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)