
THERE ARE MANY PARTS, YET ONE BODY:
Woensdag 13 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 12:17-25)
DAAR IS BAIE LEDE, MAAR NET EEN LIGGAAM:
17. “Veronderstel ‘n mens se hele liggaam sou uit ‘n oog bestaan – hoe sal jy dan hoor? Of as jou hele liggaam net een groot oor sou wees – hoe sou jy enigiets kon ruik?
18. “Maar nou het God dit so beskik dat daar verskillende ledemate sal wees, en dat elkeen van hulle sy eie plek in die liggaam sal hê, soos Hy dit goedvind.
19. “As alles net een ledemaat was, dan sou daar mos geen liggaam kon wees nie!
20. “Ja, daar is baie lede, maar net een liggaam.
21. “Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek kan sonder jou klaarkom nie.’ En op sy beurt kan die kop nie vir die voete sê: ‘Ek kan sonder julle klaarkom,’ nie.’
22. “Om die waarheid te sê, juis daardie liggaamsdele wat vir ons onbelangrik lyk, is des te meer noodsaaklik.
23. “En die dele van ons liggaam wat ons as minder eervol beskou, beklee ons met groter sorg. Op hierdie manier beskerm ons daardie dele waarvoor ons skaam is, vir die oë van ander,
24. “terwyl ons ander lede dit nie nodig het nie. God het dus ons liggaam só kunstig saamgestel dat daardie liggaamsdele wat eer kortkom, juis dubbele eer kry.
25. “Gevolglik heers daar harmonie in ons liggaam, en al die liggaamsdele sorg saam vir mekaar.”
Wednesday 13 December 2023.
THERE ARE MANY PARTS, YET ONE BODY:
(1 Corinthians 12:17-25)
17. “If the whole body were an eye, where would be the sense of hearing? If the whole body were an ear, where would be the sense of smell?
18. “But as it is, God arranged the members in the body, each one of them, as He chose.
19. “If all were a single member, where would the body be?
20. “As it is, there are many parts, yet one body.
21. “The eye cannot say to the hand: ‘I have no need of you,’ nor again the head to the feet: ‘I have no need of you.’
22. “On the contrary, the parts of the body that seem to be weaker, are indispensable,
23. “and on those parts of the body that we think less honorable, we bestow the greater honour, and our unpresentable parts are treated with greater modesty,
24. “which our more presentable parts do not require. But God Has not composed the body, giving greater honour to the part that lacked it,
25. “that there may be no division in the body, but that the members may have the same care for one another.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

ALL WERE MADE TO DRINK OF ONE SPIRIT:
Dinsdag 12 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korintiërs 12:9-16)
“ONS IS ALMAL VAN DIE EEN GEES DEURDRENK:”
9. “Aan iemand anders gee hierdie Selfde Gees ‘n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing,
10. “aan ‘n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan ‘n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê.
11. “Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk, en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.
12. “Die menslike liggaam het baie ledemate, maar hierdie baie ledemate vorm almal saam net een liggaam. So is dit ook met Christus se liggaam.
13. “Party van ons is Jode, ander Grieke, ander weer slawe en nog ander vry mense. Maar ons is almal gedoop sodat ons nou die een liggaam van Christus is. En ons is almal van die Een Gees deurdrenk.
14. “Ja, die liggaam bestaan nie net uit een ledemaat nie, maar uit baie.
15. “As die voet sou sê: ‘Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,’ maak dit hom tog nie minder deel van die liggaam nie.
16. “En as die oor sou sê: ‘Omdat ek maar net ‘n oor is en nie ‘n oog nie, is ek nie deel van die liggaam nie’, maak dit hom tog geensins minder deel van die liggaam nie.”
Tuesday 12 December 2023.
(1 Corinthians 12:9-16)
ALL WERE MADE TO DRINK OF ONE SPIRIT:
9. “To another faith by the Same Spirit, to another gifts of healing by the One Spirit,
10. “to another the working of miracles, to another prophecy, to another the ability to distinguish between spirits, to another various kinds of tongues, to another the interpretation of tongues.
11. “All these are empowered by one and the same Spirit, Who apportions to each one individually as He wills.
12. “For just as the body is one and has many members, and all the members of the body, though many, are one body, so it is with Christ.
13. “For in One Spirit we were all baptized into one body – Jews or Greeks, slaves or free – and all were made to drink of One Spirit.
14. “For the body does not consist of one member but of many.
15. “If the foot should say: ‘Because I am not a hand, I do not belong to the body,’ that would not make it any less a part of the body.
16. “And if the ear should say: ‘Because I am not an eye, I do not belong to the body,’ that would not make it any less a part of the body.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)
“THERE ARE VARIETIES OF GIFTS, BUT THE SAME SPIRIT:”
Maandag 11 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korintiërs 12:1-8)
DAAR IS ‘N VERSKEIDENHEID GEESTELIKE GAWES, VAN DIESELFDE GEES:
1. “En nou broers en susters, kom ek by die volgende navraag, naamlik oor die Gawes van die Gees. Ek wil hê julle moet hieroor goed ingelig wees sodat julle, julle gawes reg sal gebruik.
2. “Julle weet hoe julle destyds toe julle nog ongelowiges was, onder die aantrekkingskrag van die verskillende afgode, herwaarts en derwaarts rondgesleep is – en dit nogal deur beelde wat nie ‘n woord kan praat nie!
3. “Daarom wil ek nou hê julle moet weet dat iemand wat sê: ‘Vervloek is Jesus,’ definitief nie onder die invloed van die Gees van God praat nie. Aan die ander kant is dit net die Heilige Gees wat dit vir iemand moontlik maak om te verklaar: ‘Jesus is die Here.’
4. “Daar is ‘n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees.
5. “En daar is ‘n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here.
6. “Daar is talle aktiwiteite in die Gemeente maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.
7. “Elkeen van ons ontvang ‘n manifestasie van die Gees om die Gemeente te bevoordeel.
8. “Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om Goddelike wysheid te verkondig, aan ‘n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis.”
Monday 11 December 2023.
(1Corinthians 12:1-8)
“THERE ARE VARIETIES OF GIFTS, BUT THE SAME SPIRIT:”
1. “Now concerning Spiritual Gifts brothers, I do not want you to be uninformed.
2. “You know that when you were pagans, you were led astray to mute idols, however, you were led.
3. “Therefore I want you to understand that no one speaking in the Spirit of God, ever says: ‘Jesus is accursed!’ And no one can say: ‘Jesus is Lord,’ except in the Holy Spirit.
4. “There are varieties of gifts, but the same Spirit;
5. “and there are varieties of service, but the same Lord;
6. “and there are varieties of activities, but it is the same God Who empowers them all in everyone.
7. “To each is given the manifestation of the Spirit for the common good.
8. “For to one is given through the Spirit the utterance of wisdom, and to another the utterance of knowledge, according to the same Spirit.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)
“THAT’S WHY MANY OF YOU ARE WEAK AND ILL:”
Sondag 10 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korintiërs 11:25-34)
“DIT IS WAAROM DAAR SO BAIE SIEKES EN SWAKKES ONDER JULLE IS:”
25. “Net so het Hy die wynbeker ná die Maaltyd geneem en gesê: ‘+Hierdie Beker is die Nuwe Verbond wat verseël is deur My bloed. Gebruik dit elke keer as julle daaruit drink, ter herinnering aan My.’+
26. “Want elke keer as julle hierdie Brood eet en uit hierdie Beker drink, verkondig julle die Here se dood, totdat Hy terugkom.
27. “As enigiemand dan op ‘n onwaardige manier van die Brood eet, en uit die Beker van die Here drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die Liggaam en die Bloed van die Here.
28. “Dit is waarom julle julleself moet ondersoek, voordat julle van die Brood eet, en uit die Beker drink.
29. “Want as julle van die Brood eet en uit die Beker drink, eet en drink julle ‘n oordeel oor julleself, as julle nie die nodige respek teenoor Christus se Liggaam betoon nie.
30. “Dit is waarom daar so baie swakkes en siekes onder julle is, en heelwat van julle reeds oorlede is.
31. “As ons onsself egter vooraf ondersoek, sal ons nie onder God se oordeel kom nie.
32. “Maar selfs as ons God se oordeel en dissipline moet verduur, sal ons nie saam met die wêreld veroordeel word nie.
33. “Daarom my broers en susters, as julle vir die Maaltyd van die Here bymekaar kom, wag vir mekaar.
34. “As julle werklik honger is, eet liewer vooraf by die huis, sodat julle nie ‘n oordeel oor julleself bring wanneer julle bymekaar kom nie. Die ander kwessies sal ek hanteer wanneer ek by julle aankom.”
Sunday 10 December 2023.
(1 Corinthians 11:25-34)
“THAT’S WHY MANY OF YOU ARE WEAK AND ILL:”
25. “In the same way also He took the Cup saying:
26. “For as often as you eat the Bread and drink the Cup after supper, saying: ‘+This Cup is the New Covenant in My blood. Do this, as often as you drink it, in remembrance of Me.’.+
27. “Whoever therefore, eats the bread or drinks the cup of the Lord, in an unworthy manner, will be guilty concerning the Body and Blood of the Lord.
28. “Let a person examine himself then, and so eat of the Bread and drink of the Cup.
29. “For anyone who eats and drinks without discerning the Body of Christ, eats and drinks judgement on himself.
30. “That is why many of you are weak and ill, and some have died.
31. “But if we judged ourselves truly, we would not be judged.
32. “But when we are judged by the Lord, we are disciplined, so that we may not be condemned along with the world.
33. “So then my brothers, when we come together to eat, wait for one another –
34. “if anyone in hungry, let him eat at home – so that when you come together, it will not be for judgement. About the other things, I will give directions when I come.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)


“I DO NOT COMMEND YOU:”
Saterdag 9 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korintiërs 11:17-24)
“EK KAN JULLE NIE PRYS NIE;”
17. “Wanneer ek nou hierdie volgende saak ophaal, kan ek julle nie prys nie, want as julle as Gemeente bymekaar kom, doen dit meer kwaad as goed.
18. “Wat vir my vooropstaan, is dat ek verneem dat daar groepsvorming onder julle is, wanneer julle as Gemeente bymekaar kom, en in ‘n mate glo ek dit.
19. “Sulke verdelings onder julle kan selfs nodig wees in dié sin dat dit sal uitwys wie die staatmakers onder julle is.
20. “As julle dan as Gemeente bymekaar kom, is dit duidelik nie die ‘Here se Maaltyd’ wat julle eet nie.
21. “Want by die gemeenskaplike maaltyd, eet elkeen haastig sy eie ete, met die gevolg dat die een honger bly, en die ander een weer dronk word.
22. “Hoe is dit moontlik? Het julle dan nie julle eie huise waar julle kan eet en drink nie? Het julle geen respek vir die Gemeente van God nie? Of wil julle die arm mense verneder? Wat verwag julle moet ek hieroor sê? Julle wil tog seker nie hê ek moet julle hieroor prys nie? Wel, dit sal ek sekerlik nie doen nie!
23. “Dit is wat die Here self gesê het, en wat ek destyds aan julle oorgedra het. In die nag waarin Jesus verraai is, het Hy brood geneem,
24. “en nadat Hy God gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: ‘+Dit is My liggaam, dit is vir julle. Gebruik dit ter herinnering aan My.’+
Saturday 9 December 2023.
(1 Corinthians 11:17-24)
“I DO NOT COMMEND YOU:”
17. “But in the following instructions, I do not commend you, because when you come together, it is not for the better but for the worse.
18. “For in the first place, when you come together as a Church, I hear that there are divisions among you. And I believe it in part,
19. “for there must be factions among you, in order that those who are genuine among you, may be recognized.
20. “When you come together, it is not the ‘Lord’s Supper’ that you eat.
21. “For in eating, each one goes ahead with his own meal. One goes hungry, another gets drunk.
22. “What! Do you not have houses to eat and drink in? Or do you despise the Church of God, and humiliate those who have nothing? What shall I say to you? Shall I commend you in this? No I will not.
23. “For I received from the Lord, what I also delivered to you, that the Lord Jesus on the night He was betrayed, took bread,
24. “and when He Had given thanks, He broke it and said: ‘+This is My body, which is for you. Do this in remembrance of Me.’+
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)
