Vrydag 8 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korintiërs 11:9-16)
ALLES IS VAN GOD AFKOMSTIG:
9. “Die eerste man is immers nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man.
10. “Die vrou moet dus ‘n kop-bedekking op hê, as teken van haar man se gesag oor haar, want die engele is besig om toe te kyk.
11. “Tog, voor die Here is die vrou aangewese op die man en die man is weer aangewese op die vrou.
12. “Want alhoewel die eerste vrou uit die man afkomstig was, is alle mans sedertdien uit vroue gebore. En uiteindelik is alles van God afkomstig.
13. “Oordeel julle nou maar self: Is dit ordentlik vir ‘n vrou om in die erediens met ‘n onbedekte kop tot God te bid?
14. “Leer julle gevoel van ordentlikheid nie vir julle dat dit vir ‘n man oneervol is, as hy ‘n kopbedekking opsit,
15. “maar dat ‘n bedekking vir ‘n vrou juis ‘n sieraad is nie? Lang hare is immers as ‘n bedekking vir haar gegee.
16. “Maar as iemand hieroor wil argumenteer – ons het in elk geval nie so ‘n gebruik nie, en ook nie die ander Gemeentes van God nie.”
Friday 8 December 2023.
(1 Corinthians 11:9-16)
ALL THINGS ARE FROM GOD:
9. “Neither was man created for woman, but woman for man.
10. “That is why a wife ought to have a symbol of authority on her head, because of the angels that watch.
11. “Nevertheless, in the Lord woman is not independent of man, nor man of woman;
12. “for, as woman was made from man, so man is now born of woman, and all things are from God.
13. “Judge for yourselves; is it proper for a wife to pray to God with her head uncovered?
14. “Does not nature itself teach you that if a man wears long hair it is a disgrace for him,
15. “but if a woman has long hair, it is her glory? For her hair is given to her for a covering.
16. “If anyone is inclined to to be contentious, we have no such practice, nor do the Churches of God.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)



