“HE HAS RAISED UP A HORN OF SALVATION FOR US:”

Saterdag 23 Desember 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 67-80)

“HY HET VIR ONS ‘N MAGTIGE REDDER GESTUUR:”

67. Sy pa Sagaria, is hierna vervul met die Heilige Gees, en het as profeet gesê:

68. “Prys die Here, die God van Israel, want Hy het Sy volk opgesoek en hulle gered.

69. “Hy het vir ons ‘n Magtige Redder gestuur uit die Koninklike Geslag van Sy dienaar Dawid,

70. “soos Hy lank gelede deur Sy Heilige Profete beloof het.

71. “Nou sal ons van ons vyande gered word, en van almal wat ons haat.

72. “Hy was genadig teenoor ons voorvaders, en Hy het Sy Heilige Verbond met hulle onthou:

73. “die eed wat Hy teenoor Abraham, ons voorvader gesweer het, dat Hy sou sorg dat ons,

74. “gered van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,

75. “in toewyding en geregtigheid vir altyd.

76. “En jy kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal die Pad van die Here voorberei.

77. “Jy sal Sy volk vertel hoe om verlos te word, deurdat hulle sonde vergewe word.

78. “Vanweë God se tere ontferming, is die Lig van die hemel op die punt om oor ons te skyn,

79. “om Lig te bring aan hulle wat in donkerheid en die skaduwee van die dood lewe, en om ons te lei op die Pad van Vrede.”

80. Johannes het groot en sterk geword in die Gees. Hy het in die woestyn gewoon totdat hy Sy bediening onder Israel begin het.

Saturday 23 December 2023.

(Luke 1:67-80)

“HE HAS RAISED UP A HORN OF SALVATION FOR US:”

67. And his father Zechariah was filled with the Holy Spirit and prophesied, saying:

68. “Blessed is the Lord God of Israel, for He Has visited and redeemed His people,

69. “and Has raised up a horn of salvation for us, in the house of His servant David,

70. “as He spoke by the mouth of His Holy Prophets from of old,

71. “that we should be saved from our enemies, and from the hand of all who hate us;

72. “to show the mercy promised to our fathers, and to remember His Holy Covenant,

73. “the oath that He swore to our father Abraham, to grant us,

74. “that we, being delivered from the hand of our enemies, might serve Him without fear,

75. “in holiness and righteousness before Him all our days.

76. “And you child, will be called the Prophet of the Most High; for you will go before the Lord to prepare His ways,

77. “to give knowledge of salvation to His people, in the forgiveness of their sins,

78. “because of the tender Mercy of our God, whereby the Sunrise shall visit us, from on High,

79. “to give Light to those who sit in darkness and in the shadow of death, to guide our feet into the Way of peace.”

80. And the child grew, and became strong in Spirit and he was in the wilderness until the day of his public appearance to Israel.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“HE SHALL BE CALLED JOHN:”

Vrydag 22 Desember 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 1:39-66)

HY SAL JOHANNES GENOEM WORD:

39. ‘n Paar dae later het Maria haastig na die heuwelland van Judea vertrek, na die dorp waar Sagaria gewoon het.

40. Sy het die huis binne gegaan en Elisabet gegroet.

41. Met die geluid van Maria se groet, het die kindjie in Elisabet se skoot beweeg, en Elisabet is met die Heilige Gees vervul.

42. Sy het met ‘n harde stem teenoor Maria uitgeroep: “Jy is bo die ander vroue deur God geseën, en jou Kind is geseënd.

43. “Wat ‘n eer is dit dat die moeder van my Here my besoek!

44. “Toe jy ingekom het en my gegroet het, het my kindjie van vreugde beweeg, die oomblik toe ek jou stem hoor!

45. “Jy is geseënd omdat jy vertrou het dat die Here sal doen wat Hy gesê het.”

46. Maria het geantwoord: ‘Ek prys die Here!

47. ‘Ek juig in my Verlosser!

48. ‘Want Hy het omgesien na Sy nederige diensmeisie, want nou sal geslag na geslag my geseënd noem.

49. ‘Want Hy, die Magtige Een, het groot dinge vir my gedoen. Helig is Sy Naam.

50. ‘Sy ontferming strek van geslag tot geslag, oor almal wat Hom eer!’

51. ‘Sy Kragtige arm doen geweldige dinge! Hy verstrooi die trotse en hoogmoedige mense!

52. ‘Hy het prinse onttroon en nederiges verhef.

53. ‘Hy het dié wat gebrek ly, met goeie dinge versadig, en die rykes met leë hande weggestuur.

54. ‘Hy het Sy dienaar Israel gehelp! Hy het nie Sy beloftes vergeet om ontferming te bewys nie.

55. ‘Want Hy het ons voorvaders beloof – vir Abraham en sy kinders – om vir altyd goed te wees teenoor hulle.’

56. Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly, en toe is sy huis toe.

57. Toe die tyd aangebreek het vir Elisabet se kind om gebore te word, het sy ‘n seun in die wêreld gebring.

58. Die nuus het vinnig onder die bure en familie versprei, dat die Here Hom oor haar ontferm het, en almal was saam met haar bly.

59. Toe die kindjie agt dae oud was, het al die familie en vriende bymekaar gekom vir die besnydenis. Hulle wou hom Sagaria noem, na sy pa.

60. Maar Elisabet het dadelik gesê: “Nee! Sy naam is Johannes!”

61. ‘Maar daar is dan niemand in jou familie met die naam nie,’ het hulle geantwoord.

62. Met gebare vra hulle toe vir Sagaria, die kindjie se pa.

63. Daarop beduie hy dat ‘n skryfbordjie gebring moet word, en toe skryf hy: “Sy naam is Johannes!”

64. Hy kon dadelik weer praat, en hy het God onmiddellik begin prys.

65. Die hele buurt is met ontsag vervul, en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal eendag van hierdie kindjie word?” Want die hand van die Here was duidelik op hom.

Friday 22 December 2023.

PEARL FOR EACH DAY:

(Luke 1:39-66)

HE SHALL BE CALLED JOHN:

39. In those days Mary arose and went with haste into the hill country, to a town in Judah,

40. and entered the house of Zechariah, and greeted Elizabeth.

41. And when Elizabeth heard the greeting of Mary, the baby leaped in her womb. And Elizabeth was filled with the Holy Spirit,

42. and she exclaimed with a loud cry: “Blessed are you among woman, and blessed is the Fruit of your womb!

43. “And why is it granted to me, that the mother of my Lord should come to me!

44. “For behold, when the sound of your greeting came to my ears, the baby in my womb leaped for joy!

45. “And blessed is she who believed that there would be a fulfillment of what was spoken to her, from the Lord.”

46. And Mary said: ‘My soul magnifies the Lord,

47. ‘And my spirit rejoices in God my Saviour,

48. For He Has looked on the humble state of His servant. For behold, from now on all generations will call me blessed;

49. for He Who is Mighty Has done great things for me, and holy is His Name.

50. ‘And His Mercy is for those who fear Him, from generation to generation.

51. ‘He Has shown strength with His arm; He Has scattered the proud in the thoughts of their hearts;

52. ‘He Has brought down the mighty from their thrones, and exalted those of humble state.

53. ‘He Has filled the hungry with good things, and the rich He Has sent away empty.

54. ‘He Has helped His servant Israel, in remembrance of His Mercy,

55. ‘as He spoke to our fathers, to Abraham and to his offspring forever.’

56. And Mary remained with her about three months, and then returned to her home.

57. Now the time came for Elizabeth to give birth, and she bore a son.

58. And her neighbours and relatives heard that the Lord Had shown great Mercy to her, and they rejoiced with her.

59. On the eighth day, when they came to circumcise the child, they were intending to call him Zechariah, after his father.

60. But his mother answered: “Not so! He shall be called John.”

61. And they said to her: ‘None of your relatives is called by that name!’

62. And they inquired with signs to his father Zechariah as to what he wanted fo have him called.

63. Then Zechariah gave signs for a writing tablet and wrote: “His name is John.” And they were all astonished.

64. And at once his mouth was opened and his tongue loosed, and he began to speak: Blessing and praising and thanking God.

65. And awe and reverential fear came on all their neighbours; and all these things were discussed throughout the hill country of Judea.

66. And all who heard about these things, laid them up in their hearts, saying: “Whatever will this little boy be then?” For the hand of the Lord was so evidently with him (protecting and aiding) him.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THE LORD IS WITH YOU:

Donderdag 21 Desember 2023 ++++++

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 1:24-38)

DIE HERE IS MET JOU:

24. Kort daarna het sy vrou Elisabet swanger geword, en sy het vir vyf maande in afsondering gegaan.

25. “Hoe goed is die Here!” Het sy uitgeroep: “Hy het die skande van my kinderloosheid van my af weggevat!”

26. Toe Elisabet ses maande swanger was, het God die engel Gabriël na Nasaret, ‘n dorp in Galiléa gestuur,

27. na ‘n jong meisie met die naam Maria. Sy was verloof aan ‘n man met die naam Josef, ‘n afstammeling van koning Dawid.

28. Gabriël het aan haar verskyn en gesê: ‘Ek groet jou, geseënde vrou! Die Here is met jou!’

29. Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken.

30. ‘Moenie bang wees nie, Maria,’ het die engel gesê, ‘want God het besluit om jou te seën.

31. ‘Jy sal swanger word en ‘n Seun hê, en jy moet Hom Jesus noem.

32. ‘Hy sal Groot wees en die Seun van Die Allerhoogste genoem word. En die Here sal Hom die troon van Sy voorvader Dawid gee.

33. ‘Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en Sy Konings-heerskappy sal nooit eindig nie!’

34. Maria het toe vir die engel gevra: “Maar hoe kan ek ‘n kind hê? Ek was nog nooit by ‘n man nie!”

35. Die engel het geantwoord: ‘Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die Krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die Kind wat gebore word, Heilig, en die Seun van God genoem word.

36. ‘Meer nog, jou familielid Elisabet het in haar gevorderde ouderdom swanger geword! Mense het altyd gesê sy is onvrugbaar, maar sy is al in haar sesde maand,

37. ‘want niks is onmoontlik vir God nie.’

38. Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ookal wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.” Toe het die engel weggegaan.

Monday 19 December 2022.

PEARL FOR EACH DAY:

(Luke 1:24-38)

THE LORD IS WITH YOU:

24. Now after this, his wife Elizabeth became pregnant, and for five months she secluded herself entirely, saying: “I have hid myself,

25. “because thus the Lord Has dealt with me, in the days when He deigned to look on me, to take away my reproach among men.”

26. In the sixth month (after that), the angel Gabriël was sent from God to a town of Galilee named Nazareth,

27. to a girl never having been married and a virgin, engaged to be married to a man whose name was Joseph, a descendant of the house of David; and the virgin’s name was Mary.

28. And he came to her and said: ‘Hail, o favoured one, (endued with grace)! The Lord is with you! Blessed are you before all other woman!’

29. But when she saw him, she was greatly troubled and disturbed and confused at what he said, and kept revolving in her mind what such a greeting might mean.

30. And the angel said to her: ‘Do not be afraid Mary, for you have found grace with God.

31. ‘And listen! You will become pregnant and will give birth to a Son, and you shall call His Name Jesus.

32. ‘He will be great and will be called the Son of the Most High; and the Lord God will give to Him the throne of His forefather David.

33. ‘And He will reign over the house of Jacob throughout the ages; and of His reign there will be no end.’

34. And Mary said to the angel: “How can this be, since I have (no intimacy with any man as a) husband.

35. Then the angel said to her: ‘The Holy Spirit will come upon you and the power of the Most High will overshadow you (like a shining cloud); and so the Holy (pure, sinless Offspring Which shall be born of you), will be called the Son of God.

36. ‘And listen! Your relative Elizabeth in her old age has also conceived a son, and this is now the sixth month with her who was called barren.’

37. ‘For with God nothing is ever impossible, and no Word from God shall be without Power, or impossible of fulfillment.’

38. Then Mary said: “Behold, I am the handmaiden of the Lord; let it be done to me according to what you have said.” And the angel left her.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

ZACHARIAH AND ELIZABETH:

Woensdag 20 Desember 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 1:5-23)

SAGARIA EN ELISABET:

5. Daar was in die dae van Herodes, koning van Judea, ‘n sekere priester met die naam Sagaria, uit die afdeling van Abia; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.

6. En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.

7. Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was, en albei op ver gevorderde leeftyd was.

8. En terwyl hy besig was om die priestersamp voor God te bedien, in die beurt van sy afdeling,

9. het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval, om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.

10. En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid, op die uur van die reukoffer.

11. Toe verskyn daar aan hom ‘n engel van die Here wat aan die regterkant van die reukoffer altaar staan.

12. En toe Sagaria hom sien, was hy ontsteld en vrees het hom oorval.

13. Maar die engel sê vir hom: ‘Moenie vrees nie Sagaria, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.

14. ‘En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;

15. ‘want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees, reeds van die skoot van sy moeder af.

16. ‘En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.

17. ‘En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elia, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders, en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.’

18. Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ‘n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.”

19. En die engel antwoord en sê vir hom: ‘Ek is Gabriël, wat voor God staan. En ek is gestuur om met jou te praat, en jou hierdie goeie tyding te bring.

20. ‘En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.’

21. En die volk het op Sagaria bly wag, en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.

22. En toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ‘n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie, maar stom gebly.

23. En toe die dae van sy diens verby was, het hy huistoe gegaan.

Wednesday 20 December 2023.

PEARL FOR EACH DAY:

(Luke 1:5-23)

ZECHARIAH AND ELIZABETH:

5. In the time of Herod, king of Judea, there was a priest named Zechariah, who belonged to the priestly division of Abijah; his wife Elizabeth was also a descendant of Aaron.

6. Both of them were upright in the sight of God, observing all the Lord’s commandments and regulations blamelessly.

7. But they had no children, because Elizabeth was barren; and they were both well on in years.

8. Once, when Zechariah’s division was on duty, and he was serving as priest before God,

9. he was chosen by lot, according to the custom of the priesthood, to go into the temple of the Lord, and burn incense.

10. And the multitude of the people were praying outside, at the hour of incense.

11. Then an angel of the Lord appeared to him, standing at the right side of the altar of incense.

12. When Zechariah saw him, he was startled and gripped with fear.

13. But the angel said to him: ‘Do not be afraid Zechariah; your prayer has been heard. Your wife Elizabeth will bear you a son, and you are to give him the name John.

14. ‘He will be a joy and delight to you, and many will rejoice because of his birth,

15. ‘for he will be great in the sight of the Lord. He is to never take wine or other fermented drink, and he will be filled with the Holy Spirit, even from birth.’

16. ‘Many of the people of Israel will he bring back to the Land their God.

17. ‘And he himself will go before Him, in the spirit and power of Elijah, to turn back the hearts of the fathers to the children, and the disobedient and incredulous to the wisdom of the upright, (which is the knowledge and holy love of the Will of God), – in order to make ready a people for the Lord – a people perfectly prepared for Him.’

18. Zechariah asked the angel: “How can I be sure of this, I am an old man, and my wife is well on in years.”

19. The angel answered: ‘I am Gabriel. I stand in the presence of God, and I have been sent to speak to you, and tell you the good news.

20. ‘And now you will be silent, and not able to speak, until the day this happens, because you did not believe my words, which will come true at their proper time.’

21. Meanwhile the people were waiting for Zechariah, and wondering why he stayed so long in the temple.

22. When he came out, he could not speak to them. They realized that he had seen a vision in the temple, for he kept making signs to them, but remained unable to speak.

23. When his time of service was completed, he returned home.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“BE MATURE IN YOUR THINKING:”

Maandag 18 Desember 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 14:18-25)

WEES VOLWASSENES IN JULLE DENKE:

18. “Ek dank God dat ek meer in tale praat as julle almal.

19. “Maar in ‘n byeenkoms van die Gemeente, sal ek liewer vyf verstaanbare woorde praat waaruit ander iets kan leer, as tien duisend in ‘n onbekende taal.

20. “Broers en susters, julle moenie soos naĩewe kindertjies wees in julle denke oor hierdie dinge nie. Wees liewer babatjies wat die kwaad aanbetref, maar volwassenes in julle denke.

21. Daar staan in die Skrif dat die Here sê: ‘+Ek sal deur andertaliges en deur die mond van onbekende mense met My Eie volk praat. Maar selfs dan sal hulle nie na My luister nie.’+

22. “Beteken dit dus dat die praat in tale ‘n teken is, nie vir gelowiges nie, maar vir ongelowiges, en dat profesie daarenteen nie vir ongelowiges is nie maar vir gelowiges?

23. “Inteendeel, as die hele Gemeente bymekaar kom, en almal praat in tale, en daar kom onkundiges of ongelowiges in, sal hulle nie sê julle is die kluts skoon kwyt nie?

24. “Maar as almal profeteer en daar kom ongelowiges of onkundiges in, en hulle word deur almal oortuig van sonde, en hulle lewens word deur almal ondersoek,

25. “en hulle hartsgeheime word blootgelê, dan sal hulle net daar op hulle knieë val en God aanbid en verklaar: ‘Werklikwaar, God is hier by julle!’”

Monday 18 December 2023.

(1 Corinthians 14:18-25)

BE MATURE IN YOUR THINKING:

18. “I thank God that I speak in tongues more than all of you.

19. “Nevertheless, in Church I would rather speak five words with my mind in order to instruct others, than ten thousand words in a tongue.

20. “ Brothers, do not be children in your thinking. Be infants in evil, but in your thinking be mature.

21. “In the Law it is written: ‘+By people of strange tongues, and by the lips of foreigners will I speak to this people, and even then they will not listen to Me,’+ says the Lord.

22. “Thus tongues are a sign not for believers, but for unbelievers, while prophecy is a sign not for unbelievers, but for believers.

23. “If therefore the whole Church comes together, and all speak in tongues, and outsiders or unbelievers enter, will they not think you are out of your minds?

24. “But if all prophesy, and an unbeliever or outsider enters, he is convicted by all, he is called to account by all,

25. “the secrets of his heart are disclosed, and so, falling on his face, he will worship God, and declare that God is really among you.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)