Donderdag 28 Desember 2023.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 2:16-23)
HY HET NA DIE OMGEWING VAN GALILEA VERTREK:
16. Toe Herodes agterkom dat die sterrekundiges hom uitoorlê het, was hy siedend van woede. Hy het soldate gestuur om in en rondom Betlehem al die seuntjies van twee jaar en jonger, om die lewe te bring. Hy het die twee jaar bereken volgens die tyd wat hy by die sterrekundiges vasgestel het.
17. Daarmee is Jeremia se uitspraak vervul:
18. ‘+n Smartkreet word gehoor in Rama, ‘n gesnik en ‘n bitter geklaag. Ragel huil oor haar kinders. Sy wil nie vertroos word nie, want hulle is dood.’+
19. Ná Herodes se dood, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef en sê vir hom:
20. ‘Staan op, en neem die Kindjie en Sy ma terug na die land Israel, want die mense wat die Kindjie om die lewe wou bring, is dood.’
21. Josef het dadelik met die Kindjie en Sy ma vertrek, en hy het in die land Israel aangekom.
22. Toe hy egter hoor dat Argelaus koning geword het in sy pa Herodes se plek, het hy bang geword om na Judea te reis. Omdat God hom in ‘n droom so beveel het, het hy toe na die omgewing van Galilea vertrek.
23. En so het hy homself gaan vestig in ‘n dorp met die naam Nasaret. Daarmee is die uitspraak van die Profete vervul, dat die Messias ‘n Nasarener genoem sou word.
Thursday 28 December 2023.
(Matthew 2:16-23)
HE WITHDREW TO THE DISTRICT OF GALILEE:
16. Then Herod, when he saw that he had been tricked by the wise men, became furious, and he sent the soldiers and killed all the male children in Bethlehem, and in all that region who were two years old or under, according to the time that he had ascertained from the wise men.
17. Then was fulfilled what was spoken by the Prophet Jeremiah:
18. ‘+A voice was heard in Ramah, weeping and loud lamentation. Rachel weeping for her children, she refused to be comforted, because they are no more.’+
19. But when Herod died, behold, an angel of the Lord appeared in a dream to Joseph in Egypt,
20. saying: ‘Rise, take the Child and His mother, and go to the land of Israel, for those who sought the Child’s life, are dead.’
21. And he rose and took the Child and His mother, and went to the land of Israel.
22. But when he heard that Archelaus was reigning over Judea in place of his father Herod, he was afraid to go there, and being warned in a dream, he withdrew to the district of Galilee.
23. And he went and lived in a city called Nazareth, so that what was spoken by the Prophets, might be fulfilled, that He would be called a Nazarene.
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)




