GREAT CROWDS FOLLOWED HIM:

Dinsdag 2 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Mathéüs 4:18)

GROOT SKARE HET HOM GEVOLG:

18. Op ‘n dag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon, ook bekend as Petrus, en sy broer Andreas. Hulle was besig om nette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.

19. Daarop sê Hy vir hulle: “Kom, word My dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Dadelik het hulle, hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.

21. ‘n Entjie verder het Hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in die boot besig om saam met hulle pa aan hulle nette te werk. Daarop roep Hy hulle om ook te kom.

22. Sommer net daar het hulle die boot en hulle pa gelos, en Jesus se dissipels geword.

23. Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se Konings-heerskappy aangekondig, en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

24. Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was na Hom toe gebring: die wat geteister was deur allerhande siektes en pyne, dié in wie daar duiwels was, epileptici, verlamdes, – en Hy het hulle gesond gemaak.

25. ‘n Groot skare uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en die Transjordaan het Hom begin volg.

PEARL FOR EACH DAY:

Tuesday 2 January 2024.

(Matthew 4:18-25)

GREAT CROWDS FOLLOWED HIM:

18. While walking by the Sea of Galilee, He saw two brothers: Simon, who is called Peter, and Andrew, his brother, casting a net into the sea, for they were fishermen.

19. And He said to them: “Follow Me, and I Will make you fishers of men.”

20. Immediately they left their nets and followed Him.

21. And going on from there, He saw two other brothers, James the son of Zebedee, and John his brother, in the boat with Zebedee their father, mending their nets, and He called them.

22. Immediately they left the boat and their father, and followed Him.

23. And He went throughout all Galilee, teaching in their synagogues and proclaiming the Gospel of the Kingdom, and healing every disease and every affliction among the people.

24. So His fame spread throughout all Syria, and they brougt Him all the sick, those afflicted with various diseases and pains, those oppressed by demons, those having seizures, and paralytics, and He healed them.

25. And great crowds followed Him from Galilee and the Decapolis, and from Jerusalem and Judea, and beyond the Jordan.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“THE KINGDOM OF GOD IS AT HAND:”

Maandag 1 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthew 4:12-17)

GOD SE KONINGS-HEERSKAPPY GAAN NOU ENIGE OOMBLIK BEGIN:

12. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer.

13. Hy het uit Nasaret weggetrek en gaan woon in Kapernaum, aan die See van Galilea, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14. So is die Woord van die Profeet Jesaja vervul:

15. ‘+Die land Sebulon en die land van Naftali, langs die See van Galilea, en die Transjordaan: Galilea, waar so baie Jode woon,

16. ‘.+die volk wat in die donker sit, het ‘n helder Lig gesien, en vir dié in die skemerland van die dood – vir hulle het ‘n Lig opgegaan.’+

17. Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig, met die woorde: “Kom tot inkeer! God se Konings-heerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

PEARL FOR EACH DAY:

Monday 1 January 2024.

(Matthew 4:12-17)

THE KINGDOM OF GOD IS AT HAND:

12. When Jesus heard that John had been arrested, He withdrew into Galilee.

13. And leaving Nazareth, He went and lived in Capernaum by the sea, in the territory of Zebulun and Naphtali,

14. so that what was spoken by the Prophet Isaiah might be fulfilled.

15. ‘+The land of Zebulun and the land of Naphtali, the way of the sea, beyond the Jordan, Galilee of the Gentiles,

16. ‘+the people living in darkness, have seen a great Light, and for those dwelling in the region and shadow of death, on them a Light Has dawned’+

17. From that time Jesus began to preach, saying: “Repent, for the Kingdom of heaven is at hand.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

YOU SHALL NOT PUT THE LORD YOUR GOD TO THE TEST:

Sondag 31 Desember 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 4:1-11)

“JY MOET DIE HERE JOU GOD NIE VERSOEK NIE:”

1. Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.

2. Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word.

3. Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: ‘As Jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.’

4. Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf: ‘n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke
woord uit God se mond.”

5. Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe, en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan.

6. Toe sê hy vir Hom: ‘As Jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf: “God sal Sy engele opdrag gee om Jou te beskerm. En hulle sal Jou op die hande dra sodat Jy nie dalk Jou voet teen ‘n klip stamp nie.’”

7. Jesus het hom daarop geantwoord: “Daar staan ook geskrywe: “Jy mag die Here jou God nie versoek nie. En Hom alleen moet jy dien.”

8. Vervolgens neem die duiwel Hom na die top van ‘n baie hoë berg, en wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en praal.

9. Daarop sê hy vir Jesus: ‘Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat Jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.’

10. Toe sê Jesus vir hom: “Trap satan! Daar staan in die Skrif: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.’”

11. Daarna het die duiwel die aftog geblaas. En daar het engele na Jesus toe gekom, en Hom versorg.

Sunday 31 December 2023.

(Matthew 4:1-11)

“YOU SHALL NOT PUT THE LORD YOUR GOD TO THE TEST:”

1. Then Jesus was led up by the Spirit into the wilderness, to be tempted by the devil.

2. And after fasting forty days and forty nights, He was hungry.

3. And the tempter came and said to Him: ‘If You are the Son of God, command these stones to become loaves of bread.’

4. But He answered: “It is written: Man shall not live by bread alone, but by every Word that comes from the mouth of God.

5. Then the devil took Him to the holy city Jerusalem, and set Him on the pinnacle of the temple,

6. and said to Him: ‘If You are the Son of God, throw Yourself down, for it is written: “He Will command His angels concerning You” and “on their hands they will bear You up, lest You strike Your foot against a stone.’”

7. Jesus answered him: “Again it is written: ‘You shall not put the Lord Your God to the test.’”

8. Again the devil took Him to a very high mountain, and showed all the kingdoms of the world and their glory.

9. And he said to Jesus: ‘All these I will give You, if You will fall down and worship me.’

10. Then Jesus said to him: “Be gone satan! For it is written: ‘You shall worship the Lord your God, and Him only you shall serve.’”

11. Then the devil left Him, and behold, angels came and were ministering to Him.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrdekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

HIS WINNOWING FORK IS IN HIS HAND:

Saterdag 30 Desember 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 3:9-17)

SY OESVURK IS IN SY HAND:

9. “En moet tog nie julleself mislei nie, met die gedagte: ‘Ons is veilig. Ons is mos die nageslag van Abraham.’ Weet verseker, God kan selfs die klippe wat hier rondlê, in kinders van Abraham verander.

10. “Die byl van God se oordeel, lê al teen die bome se wortel, gereed om julle heeltemal uit te kap. God gaan elke boom wat nie gesonde vrugte dra nie, afkap en in die vuur gooi.

11. “Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ‘n slaaf Sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

12. “Sy oesvurk is in Sy hand, en Hy sal Sy dorsvloer deeglik skoonmaak. Hy sal Sy koring in Sy skuur bymekaar maak, maar die kaf sal Hy in die vuur verbrand, wat nooit geblus sal word nie.”

13. Op ‘n dag het Jesus van Galilea af by die Jordaan rivier aangekom, om deur Johannes gedoop te word.

14. Maar Johannes wou Hom keer: “U behoort my tog veel eerder te doop,” het hy gesê. Dit is ongehoord dat U nou na my toe kom!”

15. Maar Jesus het hom geantwoord: “Wag nou! Ons moet God se wil juis op hierdie manier gehoorsaam!” Daarop het Johannes ingestem en Hom gedoop.

16. Ná Jesus se doop, het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ‘n duif op Hom afdaal.

17. Daar kom toe ‘n stem uit die hemel wat sê: ‘+Hy is My geliefde Seun, ‘n Kind so na My hart!’+

Saturday 30 December 2023.

(Matthew 3:9-17)

HIS WINNOWING FORK IS IN HIS HAND;

9. “And do not presume to say to yourselves: ‘We have Abraham as our father,’ for I tell you, God is able from these stones, to raise up children for Abraham.

10. “Even now the axe is laid to the root of the trees. Every tree therefore that does not bear good fruit, is cut down and thrown into the fire.

11. “I baptize you with water for repentance, but He Who is coming after me is mightier than I, whose sandals I am not worthy to carry. He Will baptize you with the Holy Spirit and fire.

12. “His winnowing fork is in His hand, and He Will clear His threshing floor, and gather His wheat into the barn, but the chaff He Will burn with unquenchable fire.”

13. Then Jesus came from Galilee to the Jordan to John, to be baptized by him.

14. John would have prevented Him, saying: “I need to be baptized by You, and do You come to me?”

15. But Jesus answered him: “Let it be so now, for thus it is fitting for us to fulfill all righteousness.” And then he consented.

16. When Jesus was baptized, immediately He came up from the water, and behold, the heavens were opened to Him, and He saw the Spirit of God descending like a dove, and coming to rest on Him;

17. and behold, a voice from heaven said: ‘+This is My beloved Son, with Whom I Am well pleased.’+

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“WHO WARNED YOU TO FLEE FROM THE WRATH OF GOD?”

Friday 29 December 2023.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthew 3:1-8)

“WHO WARNED YOU TO FLEE FROM THE WRATH TO COME?”

1. In those days John the Baptist came, preaching in the wilderness of Judea:

2. “Repent, for the Kingdom of heaven is at hand.”

3. For this is he who was spoken of by the Prophet Isaiah when he said: “The voice of one crying in the wilderness: ‘Prepare the way of the Lord; make His path straight!’

4. John wore a garment of camel’s hair and a leather belt around his waist, and his food was locusts and wild honey.

5. Then Jerusalem and all Judea and all the region about the Jordan were going out to him,

6. and they were baptized by him in the river Jordan, confessing their sins.

7. But when he saw many of the Pharisees and Sadducees coming to be baptized, he said to them: “You brood of vipers! Who warned you to flee from the wrath to come?

8. “Bear fruit in keeping with repentance.”

Vrydag 29 Desember 2023.

(Matthéüs 3;1-8)

“WIE HET JULLE WYSGEMAAK DAT JULLE GOD SE OORDEEL SAL VRYSPRING?”

1. Op ‘n dag verskyn Johannes die Doper in die woestyn van Judea, en kondig God se boodskap aan

2. deur te sê: “Kom tot inkeer! God se Konings-heerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

3. Jesaja het juis van Johannes gepraat toe hy gesê het: ‘Hy is ‘n stem wat uitroep in die woestyn: ‘Kry die Here se pad gereed! Maak vir Hom ‘n hoofweg!’

4. Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra, met ‘n leerbelt om sy middel. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.

5. Kort voor lank begin daar toe mense uit Jerusalem en uit die hele Judea en Jordaan-omgewing na hom toe stroom.

6. En nadat hulle, hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaan rivier gedoop.

7. Toe Johannes besef hoeveel Fariseërs en Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, het hy hulle as volg berispe: “Julle broeisel slange! Wie het julle wysgemaak dat julle God se dreigende oordeel kan vryspring?

8. “Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)