“DO NOT BE ANXIOUS ABOUT YOUR LIFE:”

Vrydag 12 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 6:24-32)

“HOU OP OM TE BEKOMMER OOR JULLE DAAGLIKSE LEWE:”

24. “Niemand kan twee base dien nie. Hy sal óf ‘n renons in die een hê, en van die ander een hou; of hy sal aan die ander een lojaal wees, of die ander een gering skat. Om God en die geldgod saam te dien, is onmoontlik.

25. “Daarom sê Ek vir julle: Hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink, of oor julle liggame – wat julle sal aantrek. Is die lewe nie belangriker as kos nie? En is ‘n mens se liggaam nie baie belangriker as klere nie?

26. “Hou die voëls wat daar vlieg dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig want julle hemelse Vader gee aan hulle, hulle kos. Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?

27. “Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?

28. “En wat klere betref – wat bekommer julle, julle daaroor? Leer hierdie les van die veldlelies, wat so pragtig in die blom staan. Hulle sloof hulle nie af om vir hulle klere te maak nie.

29. “En tog sê Ek vir julle: Selfs Salomo in al sy glorie, was nie so pragtig aangetrek soos een van hulle nie.

30. “As God dan die veldplante, wat vandag daar is, en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?

31. “Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of ‘Wat sal ons drink?’ of ‘Wat sal ons aantrek,’ nie.

32. “Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.”

PEARL FOR EACH

Friday 12 January 2024.

(Matthew 6:24-32)

“DO NOT BE ANXIOUS ABOUT YOUR LIFE:”

24. “No one can serve two masters, for either he will hate the one and love the other, or he will be devoted to the one and despise the other. You cannot serve God and money.

25. “Therefore I tell you: Do not be anxious about your life, what you will eat or what you will drink, nor about your body, what you will put on. Is not your life more than food, and your body more than clothing?

26. “Look at the birds of the air: they neither sow nor reap, nor gather into barns, and yet your heavenly Father feeds them. Are you not of more value than they?

27. “And which of you, by being anxious can add a single hour to his span of life?

28. “And why are you anxious about clothing? Consider the lilies of the field, how they grow: they neither toil nor spin,

29. “yet I tell you, even Solomon in all his glory, was not arrayed like one of these.

30. “But if God so clothes the grass of the field, which today is alive, and tomorrow is thrown into the oven, will He not much more clothe you, O you of little faith?

31. “Therefore, do not be anxious, saying: ‘What shall we eat’ or ‘What shall we drink?’ Or: ‘What shall we wear?’

32. “For the Gentiles seek all these things, and your heavenly Father knows that you need them all.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THE EYE IS THE LAMP OF THE BODY:

Donderdag 11 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 6:16-23)

“JOU OOG IS ‘N LAMP VIR JOU LIGGAAM:”

16. “Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges ‘n martelaars-houding aanneem nie. Hulle loop met lang gesigte rond, sodat die mense duidelik kan sien dat hulle vas. Ek verseker julle: Dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.

17. “Maar wanneer julle vas, versorg jou hare, en was jou gesig.

18. “Dan sal niemand agterkom dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat alle geheime ken. En jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon.

19. “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaar maak, waar mot en roes dit wegvreet, en diewe inbreek en roof nie.

20. “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie.

21. “Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

22. “Jou oog is ‘n lamp vir jou liggaam. ‘n Suiwer oog laat die lig instroom, sodat jou binneste geheel en al lig word.

23. “Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig, en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie!”

PEARL FOR EACH DAY:

Thursday 11 January 2024.

(Matthew 6:16-23)

“THE EYE IS THE LAMP OF YOUR BODY:”

16. “And when you fast, do not look gloomy like the hypocrites, for they disfigure their faces, that their fasting may be seen by others. Truly I say to you, they have received their reward.

17. “But when you fast, anoint your head and wash your face,

18. “that your fasting may not be seen by others, but by your Father Who is in secret. And your Father who sees in secret, Will reward you.

19. “Do not lay up for yourselves treasures on earth, where moth and rust destroy, and where thieves break in and steal,

20. “but lay up for yourselves treasures in heaven, where neither moth nor rust destroy and where thieves do not break in and steal.

21. “For where your treasure is, there your heart will be also.

22. “The eye is the Lamp of the body. So if your eye is healthy, your whole body will be full of Light,

23. “but if your eye is bad, your whole body will be full of Darkness. If then the light in you is darkness, how great is the darkness!”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THE ‘OUR FATHER’ PRAYER:

Woensdag 10 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 6:9-15)

DIE ‘ONSE VADER,’ GEBED;”

9. “Bid dan soos volg: ‘Ons Vader in die hemel, laat U Naam geheilig word.

10. “‘Laat U Koninkryk kom, laat U wil hier op aarde uitgevoer word, soos in die hemel.

11. “‘Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het.

12. “‘En vergeef ons, ons sonde-skuld. Soos ons ook óns skuldenaars vergewe het.

13. “‘Bewaar ons, sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie, maar bevry ons uit die greep van die bose. Want aan U behoort die Koninkryk, en die Krag en die Heerlikheid, tot in ewigheid. Amen.”

14. “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

15. “Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader ook nie julle oortredings vergewe nie.”

PEARL FOR EACH DAY:

Wednesday 10 January 2024.

(Matthew 6:9-15)

THE ‘OUR FATHER,’ PRAYER:

9. “Pray like this: ‘Our Father in heaven, hallowed be Your Name.

10. “‘Your Kingdom come, Your Will be done, on earth, as it is in heaven.

11. “‘Give us this day our daily bread,

12. “‘and forgive us our debts, as we also have forgiven our debtors.

13. “‘And lead us not into temptation, but deliver us from evil. For Thine be the Kingdom, the Power and the Glory, forever. Amen.’

14. “For if you forgive others their trespasses, your heavenly Father Will also forgive you,

15. “but if you do not forgive others their trespasses, neiher Will your Father forgive you your trespasses.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

YOUR FATHER KNOWS WHAT YOU NEED BEFORE YOU ASK HIM:

Dinsdag 9 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 6:1-8)

“JULLE VADER WEET WAT JULLE BEHOEFTES IS, SELFS VOORDAT JULLE HOM VRA:”

1. “Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen, sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle, julle beloning by julle hemelse Vader misloop.

2. “Wanneer jy iemand in nood help, moenie ‘n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen, om deur die mense opgehemel te word. Ek verseker julle, dis al beloning wat hulle ooit sal kry.

3. “Maar as jy mense in nood help, doen dit sonder groot vertoon.

4. “So sal jou hulpbetoon geheim bly, en jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon.

5. “En nou wat die gebed betref: Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid, sodat die mense hulle kan sien nie. Ek verseker julle, dis al beloning wat hulle ooit sal kry.

6. “Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek wat daar is, en maak die deur agter jou toe, sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon.

7. “Wanneer jy bid, moenie met woorde mors soos die ongelowiges nie. Hulle dink hulle stortvloed woorde sal maak dat hulle gebede beantwoord word.

8. “Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!”

PEARL FOR EACH DAY:

Tuesday 9 January 2024.

(Matthew 6:1-8)

“YOUR FATHER KNOWS WHAT YOU NEED, BEFORE YOU ASK HIM:”

1. “Beware of practicing your righteousness before other people, in order to be seen by them, for then you have no reward from your Father Who is in heaven.

2. “Thus, when you give to the needy, sound no trumpet before you, as the hypocrites do in the synagogues and in the streets, that they may be praised by others. Truly I say to you, they have received their reward.

3. “But when you give to the needy, do not let your left hand know what your right hand is doing,

4. “so that your giving may be in secret. And your Father Who sees in secret, Will reward you.

5. “And when you pray, you must not be like the hypocrites. For they love to stand and pray in the synagogues and at the street corners, that they may be seen by others. Truly I say to you, they have received their reward.

6. “But when you pray, go into your room and shut the door, and pray to your Father Who is in secret. And your Father Who sees in secret, Will reward you.

7. “And when you pray, do not heap up empty phrases as the Gentiles do, for they think they will be heard for their many words.

8. “Do not be like them, for your Father knows what you need, before you ask Him.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

HE MAKES HIS SUN RISE ON THE EVIL AND ON THE GOOD:

Maandag 8 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 5:41-48)

“HY LAAT SY SON OPGAAN OOR SLEGTES EN GOEIES:”

41. “As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.

42. “Gee vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie.

43. “Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.

44. “Maar Ek sê julle: Julle moet julle vyande liefhê, en bid vir dié wat julle vervolg.

45. “Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers Sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat Sy reën val op diegene wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.

46. “As julle net dié liefhet wat julle liefhet, watter beloning is daar dan vir jou? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde.

47. “En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie?

48. “Wees julle dan volkome in die liefde, soos julle hemelse Vader volkome is in Sy liefde. Hy het mos alle mense lief.”

PEARL FOR EACH DAY:

Monday 8 January 2024.

(Matthew 5:41-48)

“HE MAKES HIS SUN RISE ON THE EVIL AND THE GOOD:”

41. “And if anyone forces you to go one mile, go with him two miles.

42. “Give to the one who begs from you, and do not refuse the one who would borrow from you.

43. “You have heard that it was said: ‘You shall love your neighbour and hate your enemy.

44. “But I say to you: ‘Love your enemies, and pray for those who persecute you,

45. “so that you may be sons of your Father Who is in heaven. For He makes His sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and the unjust.

46. “For if you love those who love you, what reward do you have? Do not even the tax collectors do the same?

47. “And if you greet only your brothers, what more are you doing than others? Do not even the Gentiles do the same?

48. “You therefore must be perfect, as your heavenly Father is perfect.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“DO NOT RESIST THE ONE WHO IS EVIL:”

Sondag 7 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 5:33-40)

“JULLE MOET JULLESELF NIE TEEN ‘N SLEGTE MENS VERSET NIE:”

33. “Verder het julle al gehoor dat vir ons voorouers gesê is: ‘Jy mag nie ‘n vals eed aflê nie. Jy moet ‘n eed wat jy voor die Here gesweer het, nakom.

34. “Maar Ek sê vir julle, julle moet gladnie sweer nie. As jy sê: ‘Ek sweer by die hemel,’ dan is dit nog steeds ‘n heilige eed, omdat die hemel God se troon is.

35. “As jy sê: ‘By die aarde,’ is dit heilig, omdat die aarde ‘n rusplek vir God se voet is. En as jy sê: ‘By Jerusalem,’ is dit heilig omdat Jerusalem die stad van God, die Groot Koning is.

36. “Moet selfs nie sê: ‘Ek sweer by my kop,’ nie, want jy kan nie eers een haar daarvan wit of swart maak nie.

37. “Sorg dat julle ‘Ja,’ altyd ‘Ja’ bly, en julle ‘nee’, altyd nee. Enigiets meer as dit, is uit die bose.

38. “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog, en ‘n tand vir ‘n tand.’

39. “Maar Ek sê vir julle: ‘Julle moet julleself nie teen ‘n slegte mens verset nie. As mense jou op die regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang.

40. “En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat, omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed.”

PEARL FOR EACH DAY:

Sunday 7 January 2024.

(Matthew 5:33-40)

“DO NOT RESIST THE ONE WHO IS EVIL:”

33. “Again, you have heard that it was said to those of old: ‘You shall not swear falsely, but shall perform to the Lord what you have sworn.

34. “But I say to you: Do not take an oath at all, either by heaven, for it is the throne of God,

35. “or by the earth, for it is His footstool, or by Jerusalem, for it is the city of the Great King.

36. “And do not take an oath by your head, for you cannot make one hair white or black.

37. “Let what you say be simply: ‘Yes’, or ‘No,’ anything more than this, comes from evil.

38. “You have heard that it was said: ‘An eye for an eye and a tooth for a tooth,’

39. “but I say to you: Do not resist the one who is evil. But if anyone slaps you on the right cheek, turn to him the other also.

40. “And if anyone would sue you, and take your tunic, let him have your cloak as well.”