Dinsdag 23 Januarie 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 9:17-26)
“OMDAT JY SO VAS GEGLO HET, IS JY NOU GESOND:”
17. “Net so min gooi ‘n mens nuwe wyn in ou leersakke. Doen jy dit tog, sal die sakke skeur, en die wyn uitloop. Dan is die sakke ook nog daarmee heen. Nee, ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe leersakke; dan hou albei goed.”
18. Jesus was nog besig om met hulle te praat, toe daar ‘n vername Joodse leier Jairus, ‘n leier van die plaaslike sinagoge, na Hom toe kom, en voor Hom neerval met die woorde: ‘My dogter is nou net dood. Kom tog en sit U hand op haar, en sy sal lewe!’
19. Jesus het opgestaan en saam met Sy dissipels agter die man aan gegaan.
20. Onderweg het ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter na Jesus toe gekom, en aan die soom van Sy bo-kleed geraak,
21. want sy het by haarself gedink: ‘Al kan ek tog maar net aan Sy bo-kleed raak, sal ek gesond word.’ (Lukas 8:43) Die vrou het alles wat sy gehad het aan dokters bestee, maar kon nie genees word nie.) 44. Wie het My aangeraak,” het Jesus gevra. Almal het dit ontken, en Petrus het gesê: ‘Leermeester, die hele skare stoot en druk voortdurend teen U.’ 40. Maar Jesus het vir hom gesê: “Nee, iemand het My opsetlik aangeraak, want Ek het genesende krag uit My voel vloei.”)
22. Toe Jesus omdraai en haar sien, het Hy vir haar gesê: “Skep moed My dogter. Omdat jy so vas geglo het, is jy nou gesond.” En die vrou was van daardie oomblik af heeltemal genees.
23. Toe Jesus by Jaïrus se huis aankom, kry Hy daar mense wat begrafnis-musiek maak, en ‘n hele klomp wat kerm en huil.
24. Daarop sê Hy vir hulle:“Gaan buitentoe; die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.” Maar hulle het Hom uitgelag.
25. Nadat die klomp uitgejaag is, het Jesus in die dogtertjie se kamer gegaan, haar hand gevat, en sy het opgestaan.
26. Hierdie nuus het soos ‘n veldbrand deur die hele omgewing versprei.
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 23 January 2024.
(Matthew 9:17-26)
“YOUR FAITH HAS MADE YOU WELL:”
17. “Neither is new wine put into old wineskins. If it is, the skins burst and the wine is spilled, and the skins are destroyed. But new wine is put into fresh wineskins, and so both are preserved.”
18. While He was saying these things to them, an important ruler came in and knelt before Him saying: ‘My daughter has just died, but come and lay Your hand on her, and she will live.’
19. And Jesus rose and followed him, with His disciples.
20. And behold, a woman who had suffered from a discharge of blood for twelve years, came up behind Him and touched the fringe of His garment,
21. for she said to herself: ‘If I only touch His garment, I will be made well.’ (Luke 8:43) The woman had a discharge of blood for twelve years, and though she had spent all her living on physicians, she could not be healed by anyone. 45. And Jesus said: “Who was it that touched Me? When all denied it, Peter said: ‘Master, the crowds surround You and are pressing in on You!’ 46. But Jesus said: “Someone touched Me, for I perceive that power Has gone out from Me.”
22. Jesus turned and seeing her He said: “Take heart daughter, your faith has made you well.” And instantly the woman was made well.
23. And when Jesus came to the ruler Jairus’ house, He saw the flute player and the crowd, making a funeral commotion.
24. Then He said: “Go away, for the girl is not dead, but sleeping.” And they laughed at Him.
25. But when the crowd had been put outside, He went in, and took the girl by the hand, and she arose.
26. And the report of this went through all the district.
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)



