Sondag 28 Januarie 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 10:24-31)
ALLES WAT WEGGESTEEK IS SAL AAN DIE LIG KOM:
24. “‘n Leerling is nie verhewe bo sy onderwyser nie. ‘n Slaaf ook nie bo sy baas nie.
25. “‘n Leerling behoort tevrede daarmee te wees, as dit met hom gaan soos met sy onderwyser, en die slaaf met sy baas. As hulle My, die Hoof van die huishouding as die baasduiwel uitskel, watter nare dinge sal hulle dan nie van julle, My huismense sê nie!
26. “Moenie vir hulle bang wees nie! Die tyd kom wanneer alles wat op die oomblik weggesteek word, aan die lig sal kom, en alles wat nou nog geheim is bekend gemaak sal word.
27. “Wat Ek vir julle vertroulik sê, vertel dit vir almal. En wat in julle ore gefluister word, basuin dit van die dakke af.
28. “Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan julle eintlike menswees kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom, wat julle liggaam en eintlike menswees in die hel kan vernietig.
29. “Julle weet dat twee mossies vir ‘n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond, sonder dat julle Vader daarby betrokke is nie.
30. “Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel.
31. “Wees daarom nie bang nie, julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies.”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 28 January 2024.
(Matthew 10:24-31)
NOTHING IS COVERED THAT WILL NOT BE REVEALED:
24. “A disciple is not above his teacher, nor a servant above his master.
25. “It is enough for the disciple to be like the teacher, and the servant like his master. If they have called the master of the house Beelzebul, how much more will they malign those of His household?
26. “Have no fear of them, for nothing is covered that will not be revealed, or hidden that will not be known.
27. “What I tell you in the dark, say in the light, and what you hear whispered, proclaim on the housetops.
28. “And do not fear those who kill the body, but cannot kill the soul. Rather fear Him Who can destroy both soul and body in hell.
29. “Are not two sparrows sold for a penny, and not one of them will fall to the ground, apart from the Father.
30. “But even the hairs of your head are all numbered.
31. “Fear not, therefore, you are of more value than many sparrows.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)




