“FATHER, THAT WAS YOUR GRACIOUS WILL:”

Vrydag 2 Februarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 11:19-26)

“VADER, U VERKIES HIERDIE MANIER VAN DOEN:”

19. “Ek, die Seun van die Mens, hou van gesellige maaltye. Ek eet en drink wyn. En julle sê: ‘Hy is ‘n vraat en ‘n dronklap, ‘n Vriend van die slegste soort sondaars.’ “Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring.”

20. Jesus het die dorpe waar die meeste van Sy wonderwerke plaasgevind het, ernstig aangespreek, omdat hulle, hulle nie bekeer het nie:

21. “Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou Betsaida! Want as in die nie-Joodse stede Tirus en Sidon, die wonderwerke plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal sakke aangetrek het, en as op hulle koppe uitgestrooi het, om te wys dat hulle tot inkeer gekom het.

22. “Ek verseker julle dat dit vir Tirus en Sidon makliker sal wees op die oordeelsdag as vir julle.

23. “En jy Kapernaum, jy dink tog seker nie jy sal hemelhoog verhoog word nie? Die realiteit is dat jy in die doderyj sal beland. Want as in Sodom die wonderwerke plaasgevind het, wat in jou plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly voortbestaan het.

24. “Ek verseker jou, dit sal vir die land Sodom makliker wees op die oordeelsdag, as vir jou.”

25. Toe het Jesus hierdie gebed gebid: “Vader, Here van die hemel en die aarde, Ek sê vir U dankie dat U die insig in hierdie dinge, van die slimmes en intelligentes weerhou het, en dit oopgemaak het vir hulle wat soos kinders geword het.

26. “Ja Vader, want U verkies hierdie manier van doen.”

PEARL FOR EACH DAY:

Friday 2 February 2024.

(Matthew 11:19-26)

“FATHER, FOR SUCH WAS YOUR GRACIOUS WILL:”

19. “The Son of man came, eating and drinking, and they say: ‘Look at Him! A glutton and a drunkard, a Friend of tax collectors and sinners!’ “Yet, wisdom is justified by her deeds”

20. Then He began to denounce the cities where most of His Mighty Works had been done, because they did not repent.

21. “Woe to you Chorazin! Woe to you, Bethsaida! For if the Mighty Works done in you, had been done in Tyre and Sidon, they would have repented long ago in sackcloth and ashes.

22. “But I tell you, it will be more bearable on the day of judgement, for Tyre and Sidon, than for you.

23. “And you, Capernaum, will you be exalted to heaven? You will be brought down to Hades. For if the Mighty Works done in you, had been done in Sodom, it would have remained until this day.

24. “But I tell you that it will be more tolerable on the day of judgement for the land of Sodom, than for you.”

25. At that time Jesus declared: “I thank You Father, Lord of heaven and earth, that You Have hidden these things from the wise and understanding, and revealed them to little children;

26. “yes Father, for such was Your gracious Will.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“HE WHO HAS EARS TO HEAR, LET HIM HEAR:”

Donderdag 1 Februarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 11:11-18)

“ELKEEN WAT KAN HOOR, MOET GOED LUISTER:”

11. “Ek verseker julle, onder al die mense wat ooit geleef het, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie. Tog is selfs die onbelangrikste mense in God se Koninkryk, nog belangriker as hy!

12. “Vandat Johannes die Doper begin preek het, tot nou toe is God se Koninkryk besig om vir homself ‘n pad oop te breek, en mense wat al hulle kragte daarop toespits, maak dit hulle eie.

13. “Al die Profete en die Wet, tot Johannes self, het geprofeteer aangaande die huidige tyd.

14. “As julle bereid is om te aanvaar wat Ek vir julle sê – hy is die Elia wat sou kom.

15. “Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê!

16. “Waarmee sal Ek vandag se mense vergelyk? Hulle is soos kinders wat op die dorpsplein speel, en mekaar verwyt

17. “deur te sê: ‘Ons het vir julle ‘n bruilofs-lied gespeel, maar julle wou nie dans nie. Ons het vir julle ‘n begrafnis-lied gesing, maar julle het geweier om te huil.’

18. “Want Johannes het soos ‘n askeet gelewe – hy het dikwels gevas en nie wyn gedrink nie. Toe het julle gesê: ‘Hy is van die duiwel besete.’”

PEARL FOR EACH DAY:

Thursday 1 February 2024.

(Matthew 11:11-18)

“HE WHO HAS EARS TO HEAR, LET HIM HEAR:”

11. “Truly I say to you, among those born of women, there has arisen no one greater than he.

12. “From the days of John the Baptist until now, the Kingdom of heaven has suffered violence, and the violent take it by force.

13. “For all the Prophets and the Law, prophesied until John,

14. “and if you are willing to accept it, he is Elijah who is to come.

15. “He who has ears to hear, let him hear.

16. “But to what shall I compare this generation? It is like children sitting in the market places, and calling to their playmates:

17. “‘We played the flute for you, and you did not dance; we sang a dirge and you did not mourn.’

18. “For John came, neither eating nor drinking, and they say: he has a demon.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“BLESSED IS THE ONE WHO IS NOT OFFENDED BY ME:”

Woensdag 31 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 11:4-10)

“GELUKKIG IS HY VIR WIE EK NIE ‘N STRUIKELBLOK IS NIE:”

4. Jesus het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien –

5. “blindes sien en verlamdes loop, mense met ernstige velsiektes word gesond en dowes hoor, dooies word opgewek, en armes hoor die Goeie Nuus.

6. “En sê vir hom: Gelukkig is elkeen vir wie Ek nie ‘n struikelblok is nie.”

7. Ná hulle vertrek, het Jesus met die skare oor Johannes begin praat: “Wat het julle verwag toe julle uitgegaan het om hierdie man in die woestyn te gaan sien? Tog seker nie iemand wat soos ‘n riet deur die wind heen en weer gewaai word nie?

8. “Tog seker ook nie iemand wat in weelderige klere uitgevat is nie? Die mense wat so aantrek, woon in paleise, nie in die woestyn nie.

9. “Het julle nie veel eerder uitgegaan omdat julle ‘n Profeet verwag het nie? Natuurlik! Ek verseker julle: Hy was selfs meer as ‘n Profeet.

10. “Dit is hy van wie die Skrif geskryf het: ‘+Kyk, Ek stuur My boodskapper voor Jou uit. Hy sal die pad vir Jou gereed maak.’+

PEARL FOR EACH DAY:

Wednesday 31 January 2024.

(Matthew 11:4-10)

“BLESSED IS THE ONE WHO IS NOT OFFENDED BY ME:”

4. And Jesus answered them: “Go and tell John what you hear and see:

5. “The blind receive their sight and the lame walk, lepers are cleansed and the deaf hear, and the dead are raised up, and the poor have Good News preached to them

6. “And blessed is the one who is not offended by Me.

7. As they went away, Jesus began to speak to the crowds concerning John: “What did you go out into the wilderness to see? A reed shaken by the wind?

8. “What then did you go out to see? A man dressed with soft clothing? Behold, those who wear soft clothing are in king’s houses, and not in the desert.

9. “What then did you go out to see? A Prophet? Yes I tell you, and more than a Prophet.

10. “This is he of whom it is written: ‘+Behold, I send My messenger before Your face, who will prepare Your way before You.’+”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“WHOEVER RECEIVES ME, RECEIVES THE ONE WHO SENT ME:”

Dinsdag 30 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 10:40-42)

“WIE MY VERWELKOM, VERWELKOM DIE EEN WAT MY GESTUUR HET;”

40. “Elkeen wat julle verwelkom, verwelkom My. En wie My verwelkom, verwelkom die Vader wat My gestuur het.

41. “As jy ‘n Profeet verwelkom omdat hy God se boodskap bring, sal jy dieselfde beloning kry as ‘n Profeet. En as jy iemand wat reg lewe, verwelkom omdat hy reg lewe, sal jy dieselfde beloning as hy ontvang.

42. “Selfs as julle ‘n beker koue water aan een van My geringste dissipels sou gee, bloot omdat hy ‘n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.”

Matthéüs 11:1-3)

1. Nadat Jesus hierdie instruksies aan Sy twaalf dissipels gegee het, het Hy daarvandaan vertrek om in die dorpe van Gililea onderrig te gee en te preek.

2. Johannes het in die tronk gehoor wat Jesus doen, werke soos dié wat die verwagte Messias sou doen. Hy stuur toe van sy disdipels om vir Jesus te vra:

3. ‘Is U werklik die Messias wat sou kom, of moet ons tog iemand anders verwag?’

PEARL FOR EACH DAY:

Tuesday 30 January 2024.

(Matthew 10:40-42)

“WHOEVER RECEIVES ME, RECEIVES THE ONE WHO SENT ME:”

40. “Whoever receives you, receives Me, and whoever receives Me, receives Him Who sent Me.

41. “The one who receives a Prophet, because he is a Prophet, will receive a Prophet’s reward, and the one who receives a righteous person, will receive a righteous person’s reward.

42. “And whoever gives one of these little ones, even a cup of cold water, because he is a disciple, truly I say to you: he will by no means lose his reward.”

(Matthew 11:1-3)

1. When Jesus Had finished instructing His twelve disciples, He went on from there to teach and preach in the cities of Gililea.

2. When John heard in prison about the deeds of the Christ, he sent word by his disciples,

3. and said to Him: ‘Are You the One Who is to come, or shall we look for another?’

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“WHOEVER LOSES HIS LIFE FOR MY SAKE, WILL FIND IT:”

Maandag 29 Januarie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 10:32-39)

“AS JY JOU LEWE TER WILLE VAN MY OPOFFER, SAL JY WERKLIK VOLUIT LEWE:”

32. “As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor My hemelse Vader.

33. “Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor My hemelse Vader.

34. “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie! Nee, Ek het nie vrede gebring nie, maar stryd.

35. “Ek het gekom om skeiding te bring tussen ‘n man en sy pa, en ‘n dogter en haar ma, tussen ‘n skoondogter en haar skoonma.

36. “Selfs ‘n mens se eie familie sal jou vyande wees.

37. “As jy jou pa of ma liewer het as vir My, verdien jy dit nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van My mense te wees nie.

38. “As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van My mense te wees nie.

39. “As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”

PEARL FOR EACH DAY:

Monday 29 January 2024.

(Matthew 10:32-39)

“WHOEVER LOSES HIS LIFE FOR MY SAKE, WILL FIND IT:”

32. “So everyone who acknowledge Me before men, I also Will acknowledge before My Father Who is in heaven, but whoever denies Me before men, I also will deny before My Father Who is in heaven.

33. “Do not think that I have come to bring peace to the earth?

34. “I Have not come to bring peace, but a sword.

35. “For I Have come to set a man against his father, and a daughter against her mother, and a daughter-in-law against her mother-in-law.

36. “And a person’s enemies will be those of his own household.

37. “Whoever loves father or mother more than Me, is not worthy of Me. And whoever loves son or daughter more than Me, is not worthy of Me.

38. “And whoever does not take his cross and follow Me, is not worthy of Me.

39. “Whoever finds his life, will lose it, and whoever loses his life for My sake, will find it.”