

“WHAT SHALL A MAN GIVE IN RETURN FOR HIS SOUL?:”
Donderdag 29 Februarie 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Matthéüs 16:21-28)
“JY SAL MET NIKS TER WÊRELD DAARVOOR KAN VERGOED NIE:”
21. Van toe af het Jesus dit vir Sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem gaan. Daar moet Hy baie ly onder die familie-hoofde, en die skrifkenners, en doodgemaak word, maar God sal Hom op die derde dag opwek.
22. Petrus het Hom egter eenkant toe gevat en ernstig begin bestraf. ‘Mag God dit verhoed, Here! Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie!
23. Maar Jesus het Hom omgedraai en vir Petrus gesê: “Gee pad agter My satan! Jy maak dit vir My bitter moeilik! Jy dink soos mense dink – nie soos God nie!”
24. Jesus het toe vir Sy dissipels gesê: “As julle My volgelinge wil wees, moet julle, julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aankom.
25. “As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle, julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind.
26. “Wat sal dit tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees?Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie.
27. “Ek, die Seun van die mens sal inderdaad kom, vergesel van God se engele. Ek sal met die heerlikheid van My Vader beklee wees, en Ek sal almal oordeel volgens hulle dade.
28. “Dit verseker Ek julle, sommige van julle wat hier staan, sal nie sterf voordat hulle sal sien hoe Ek, die Seun van die mens, kom en regeer in My Koninkryk nie,”
PEARL FOR EACH DAY:
Thursday 29 February 2024.
(Matthew 16:21-28)
“WHAT SHALL A MAN GIVE, IN RETURN FOR HIS SOUL:?”
21. From that time Jesus began to show His disciples, that He must go to Jerusalem, and suffer many things from the elders and chief priests and scribes, and be killed, and on the third day be raised.
22. And Peter took Him aside and began to rebuke Him, saying: ‘Far be it from You, Lord! This shall never happen to You!’
23. But He turned and said to Peter: “Get behind Me satan! You are a hindrance to Me. For you are not setting your mind on the things of God, but on the things of man!”
24. Then Jesus told His disciples: “If anyone would come after Me, let him deny himself and take up his cross and follow Me.
25. “For whoever would save his life, will lose it, but whoever loses his life for My sake, will find it.
26. “For what will it profit a man if he gains the whole world, and forfeits his soul? Or what shall a man give in return for his soul?
27. “For the Son of man is going to come with His angels, in the Glory of His Father; and then He will repay each person according to what he has done.
28. “Truly, I say to you: There are some standing here, who will not taste death, until they see the Son of man, coming in His Kingdom.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“I WILL GIVE YOU THE KEYS OF THE KINGDOM OF HEAVEN:”
Wednesday 28 February 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Matthew 16:9-20)
“I WILL GIVE YOU THE KEYS OF THE KINGDOM OF HEAVEN:”
9. “Do you not yet perceive? Do you not remember the five loaves for the five thousand, and how many baskets you gathered?
10. “Or the seven loaves for the four thousand, and how many baskets you gathered?
11. “ How is it that you fail to understand that I did not speak about bread? I Will say it again: ‘Beware of the leaven of the Pharisees and the Sadducees.’”
12. Then they understood that He did not tell them to beware of the leaven of bread, but of the teaching of the Pharisees and the Sadducees.
13. When Jesus came into the district of Caesarea Phiippi, He asked His disciples: “Who do the people say that the Son of man is?”
14. And they said: ‘Some say John the Baptist, others say Elijah, and others Jeremiah or one of the Prophets.’
15. And He said to them: “But Who do you say that I Am?”
16. Simon Peter replied: ‘You are the Christ, the Son of the Living God.’
17. And Jesus answered Him: “Blessed are you Simon Bar Jonah! For flesh and blood has not revealed this to you, but My Father Who is in heaven.
18. “And I tell you, you are Peter, and on this Rock I Will build My Church, and the gates of hell shall not prevail against you.
19. “I Will give you the keys of the Kingdom of heaven, and whatever you bind on earth, shall be bound in heaven, and whatever you loose on earth, shall be loosed in heaven.”
20. Then He strictly charged the disciples to tell no one that He was the Christ.
PEARL FOR EACH DAY:
Woensdag 28 Februarie 2024.
(Matthéüs 16:9-20)
“EK VERTROU DIE SLEUTELS VAN GOD SE KONINKRYK AAN JOU TOE:”
9. “Verstaan julle nog steeds nie? Onthou julle nie die vyf brode vir die vyf duisend, en hoeveel mandjies vol julle agterna bymekaar gemaak het nie?
10. “En die sewe brode vir die vier duisend, en hoeveel julle bymekaar gemaak het nie?
11. “Hoe kan dit ooit in julle gedagtes opkom dat Ek oor gewone kos praat? Daarom sê Ek nou weer vir julle: ‘Oppas vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs!’”
12. Toe het hulle einde ten laaste ingesien dat Hy hulle nie waarsku teen gewone suurdeeg wat vir brood gebruik word nie, maar teen die beskouings en lerings van die Fariseërs en die Sadduseërs.
13. Toe Jesus in die omgewing van Sesarea Filippi kom, vra Hy Sy dissipels: Wie dink die mense is Ek, die Seun van die mens?
14. ‘Wel,’ antwoord hulle: ‘Party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander Profete.’
15. Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, Wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: ‘U is die Messias, die
Seun van die Lewende God.’
16. Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want My hemelse Vader het dit aan jou bekend gemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie.
17. “Ek verklaar nou vir jou: Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek My Kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie.
18. “Ek vertrou die sleutels van God se Koninkryk aan jou toe. Wat jy ookal op aarde toesluit, sal ook by God toegesluit bly, en dit wat jy ookal oopsluit, sal ook by God oopgesluit bly.”
19. Hy gee toe streng opdrag aan Sy dissipels om vir niemand te vertel dat Hy die Messias is nie.
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)



“AN EVIL AND ADULTEROUS GENERATION SEEK FOR A SIGN:”
Dinsdag 27 Februarie 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Matthéüs 16:1-8)
“DIS NET ‘N SLEGTE EN ONTROUE GESLAG MENSE WAT ‘N WONDERTEKEN WIL HÊ:”
1. Op ‘n dag kom die Fariseërs en Sadduseërs na Jesus toe, om die egtheid van Sy aansprake te toets. Hulle vra Hom toe om aan hulle ‘n Goddelike wonderteken te gee.
2. Hy antwoord hulle toe: “Julle ken die gesegde: “Rooi lug skemeraand, beteken mooi weer môre;
3. “toegetrekte rooi lug met vroegdag, slegte weer deur die dag. Julle ken die kuns om die weer-vooruitsig uit die tekens in die lug te lees; hoe kan julle dan nie die duidelike tekens raaksien van die besondere tyd waarin julle, julle bevind nie?
4. “Dit is net ‘n slegte en ontroue geslag mense wat ‘n wonderteken wil hê. Die enigste teken wat Ek vir hulle sal gee, is die teken van die Profeet Jona.” Hy het hulle toe net daar gelos en weggegaan.
5. Later, nadat hulle die see oorgesteek het, ontdek die dissipels dat hulle vergeet het om kos saam te neem.
6. Jesus sê toe vir hulle: “Wees baie versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”
7. Hulle het toe onder mekaar geargumenteer: ‘Hy sê dit omdat ons geen brood saamgebring het nie.’
8. Jesus het dit geweet en gesê: “Waarom argumenteer julle onder mekaar, dat julle nie brood het nie? Het julle so min vertroue in My?”
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 27 February 2024.
(Matthew 16:1-8)
“AN EVIL AND ADULTEROUS GENERATION SEEKS FOR A SIGN:”
1. And the Pharisees and the Sadducees came, and to test Him, they asked Him to show them a sign from heaven.
2. He answered them: “When it is evening you say: ‘It will be fair weather, for the sky is red.’
3. “And in the morning: ‘It will be stormy today, for the sky is red and threatening.’ You know how to interpret the signs of the times.
4. “An evil and adulterous generation seeks for a sign, but no sign will be given to it, except the sign of Jonah.” So He left them and departed.
5. When the disciples reached the other side, they had forgotten to bring any bread.
6. Jesus said to them: “Watch and beware of the leaven of the Pharisees and Sadducees.”
7. And they began discussing it among themselves saying: ‘It is because we brought no bread.’
8. But Jesus, aware of this, said: “O you of little faith, why are you discussing among yourselves the fact that you have no bread?”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)
