“HE IS NOT HERE. HE HAS RISEN:”

Sondag 31 Maart 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 28:1-10)

“HY IS NIE HIER NIE, WANT HY IS OPGEWEK:”

1. Vroeg Sondag-môre, terwyl dit begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.

2. Skielik was daar ‘n geweldige aardbewing, omdat daar ‘n engel van die hemel af gekom, die klip voor die graf weggerol, en daarop gaan sit het.

3. Sy gesig het geblink soos weerlig, en sy klere was sneeuwit.

4. Die wagte het van angs begin bewe oor die engel, en toe soos dooies bewusteloos neergeslaan.

5. Daarop het die engel die Vroue aangespreek met die woorde: “Julle hoef nie bang te wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.

6. “Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het. Kom kyk, hier het Sy liggaam gelê.

7. “En gaan sê nou dadelik vir Sy dissipels: ‘Jesus is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle solank vooruit Galilea toe. Julle sal Hom daar sien.’ Julle kan reken op wat ek sê.”

8. Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan. Oorstelp van skok, maar nog meer van ontsaglike blydskap, het hulle gehardloop om die boodskap aan Sy dissipels te gaan gee.

9. En toe meteens, staan Jesus voor die vroue, en Hy sê vir hulle: “Goeiedag,” Hulle hardloop toe na Hom toe, gryp Sy voete vas, en aanbid
Hom.

10. Daarop sê Jesus vir hulle: “Julle hoef nie bang te wees nie. Gaan sê vir My broers hulle moet Galilea toe gaan, en hulle sal My daar sien.”

PEARL FOR EACH DAY:

Sunday 31 March 2024.

(Matthew 28:1-10)

“HE IS NOT HERE, HE HAS RISEN:”

1. After the Sabbath, towards the dawn of the first day of the week, Mary Magdalene and the other Mary went to see the tomb.

2. And behold, there was a great earthquake, for an angel of the Lord descended from heaven, and came and rolled back the stone, and sat on it.

3. His appearance was like lightning, and his clothes white as snow.

4. And for fear of him, the guards trembled, and became like dead men.

5. But the angel said to the women: “Do not be afraid, for I know you seek Jesus Who was crucified.

6. “He is not here, He Has risen, as He said. Come see the place where He lay.

7. “Then go quickly and tell His disciples that He Has risen from the dead. And behold, He is going before you to Galilee; there you will see Him. See, I have told you.”

8. So they departed quickly from the tomb, with fear and great joy, and ran to tell His disciples.

9. And behold, Jesus met them and said: “Greetings!” And they came up and took hold of His feet, and worshiped Him.

10. Then Jesus said to them: “Do not be afraid. Go and tell My brothers to go to Galilee, and there they will see Me.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“AFTER THREE DAYS I WILL RISE:”

Saterdag 30 Maart 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 27:55-66)

“NA DRIE DAE SAL EK UIT DIE DOOD OPSTAAN:”

55. Daar was baie vroue wat Jesus van Galilea af gevolg het, en vir Hom gesorg het. Hulle het alles op ‘n afstand dopgehou.

56. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van Jakobus, Josef, en die ma van die seuns van Sebedeus, Jakobus en Johannes.

57. Laat daardie middag het Josef, ‘n ryk man van Arimatea, daar opgedaag. Hy was self ook ‘n dissipel van Jesus.

58. Hy het Pilatus genader, en gevra of hy Jesus se liggaam kon kry. Pilatus het toe ‘n bevel uitgereik, dat dit aan hom oorhandig moes word.

59. Josef het Jesus se liggaam in ontvangs geneem, en dit in ‘n nuwe stuk linne toegedraai.

60. Hy het dit in sy eie, nuwe graf gelê, wat hy in die rots laat uitkap het. En nadat hy ‘n groot klip voor die ingang gerol het, het hy weggegaan.

61. Intussen het Maria Magdalena en die ander Maria daar reg voor die graf se ingang bly sit.

62. Die volgende dag, – dit was die dag ná die Vrydag – het die priesterhoofde en die Fariseërs met Pilatus gaan praat.

63. Hulle het vir hom gesê: ‘U edele, ons onthou hierdie bedrieër het, toe Hy nog gelewe het, gesê: “Na drie dae sal Ek uit die dood opstaan.”

64. ‘Daarom versoek ons u om opdrag te gee dat die graf vir drie dae bewaak word. Dit sal Sy dissipels verhinder om Sy liggaam te kom steel, en vir almal te vertel: “God het Hom uit die dood opgewek.” As dit gebeur, sal dinge nog slegter daaraan toe wees as voorheen.’

65. Pilatus het geantwoord: ‘Hier is ‘n wag vir julle. Gaan beveilig die graf so goed moontlik.’

66. Hulle het toe die graf gaan beveilig, deur die klip te verseël, en dit deur die wagte te laat oppas.

PEARL FOR EACH DAY:

Saturday 30 March 2024.

(Matthew 27:55-66)

“AFTER THREE DAYS I WILL RISE:”

55. There were also many women there, looking on from a distance, who had followed Jesus from Galilee, ministering to Him,

56. among whom were Mary Magdalene, and Mary, the mother of James, and Joseph, and the mother of the sons of Zebedee.

57. When it was evening, there came a rich man from Arimathea, named Joseph, who also was a disciple of Jesus.

58. He went to Pilate and asked for the body of Jesus. Then Pilate ordered it to be given to him.

59. Joseph took the body and wrapped it in a clean linen shroud,

60. and laid it in his own new tomb, which he had cut in the rock. And he rolled a great stone to the entrance of the tomb, and went away.

61. Mary Magdalene and the other Mary were there sitting opposite the tomb.

62. The next day, that is, after the day of Preparation, the chief priests and the Pharisees gathered before Pilate

63. and said: ‘Sir, we remember how that imposter said, while He was still alive, “After three days I Will arise.”

64. Therefore order the tomb to be made secure until the third day, lest His disciples go and steal Him away, and tell the people: “He Has risen from the dead,”and the last fraud will be worse than the first.

65. Pilate said to them: ‘You have a guard of soldiers. Go make it as secure as you can.’

66. So they went and made the tomb secure, by sealing the stone, and setting a guard.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“TRULY, THIS WAS THE SON GOD:”

Vrydag 29 Maart 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 26:36-75)

“HIERDIE MAN WAS WERKLIK DIE SEUN VAN GOD:”

36. Jesus kom toe saam met hulle by ‘n olyftuin, met die naam Getsemane, en toe sê Hy vir hulle: “Sit julle hier terwyl Ek daar anderkant gaan bid.”

37. Hy neem toe vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saam met Hom. Daarop oorval ‘n groot ontsteltenis en benoudheid Hom.

38. Hy sê toe vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe. Bly julle hier, en waak saam met My.”

39. Hy het toe ‘n entjie verder neergeval, en met Sy gesig teen die grond gebid: “O My Vader, as dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Doen nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

40. Hy kom toe terug by die dissipels en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “So, kon jy nie eers een uur saam met my wakker bly nie?

41. “Wees waaksaam en bid, sodat julle nie in die versoeking kom nie. ‘n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie.”

42. Weer het Hy van hulle af weggegaan en gebid: “Vader, as hierdie beker nie van My kan weggaan sonder dat Ek dit moet drink nie, laat U wil dan uitgevoer word.”

43. Hy het toe teruggegaan, en kry hulle weer aan die slaap. Hulle was so vaak, dat hulle oë eenvoudig nie wou oopbly nie.

44. Hy het hulle toe daar gelos en weer weggegaan, en dieselfde gebed vir die derde keer gebid.

45. Toe kom Hy na Sy dissipels toe en sê vir hulle: “Slaap julle nog steeds? Die tyd het aangebreek! Ek, die Seun van die mens, word nou oorgegee in die hande van slegte mense.

46. “Staan op, Ek moet gaan! Kyk, My verraaier is hier!”

47. Jesus was nog besig om te praat, toe kom Judas, een van die twaalf dissipels, al daar aan, en saam met hom ‘n groot klomp mense, gewapen met swaarde en knuppels. Hulle is gestuur deur die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk.

48. Sy verraaier het vir hulle ‘n uitkennings-teken gegee en gesê: ‘Die Een wat ek met ‘n soen groet, dit is Hy. Arresteer Hom!’

49. Hy het toe direk na Jesus toe gekom en gesê: ‘Gegroet, Rabbi!’ Toe soengroet hy Hom.

50. Jesus sê toe vir hom: “Vriend, gaan voort met dit waarvoor jy gekom het.” Die ander het nader gekom, Jesus gegryp, en Hom gearresteer.

51. Skielik het een van Jesus se mense sy swaard uitgepluk, die slaaf van die hoofpriester getref, en sy oor afgekap.

52. “Bêre jou swaard,” het Jesus vir hom gesê. Almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard vernietig word!

53. “Besef jy nie dat Ek ‘n ganse leërmag engele van My Vader sou kon vra, en dat Hy hulle oombliklik sou stuur nie?

54. “Maar as Ek dit sou doen, hoe sal die Skrifwoord dan vervul word, waarvolgens dit juis op hierdie manier moet gebeur?”

55. Daarop vra Jesus vir die klomp mense: “Is Ek dan ‘n gevaarlike krimineel dat julle My met swaarde en knuppels kom vang? Hoekom het julle My nie gearresteer waar Ek dag na dag by die tempel gesit en onderrig gegee het nie?

56. “Maar dit alles gebeur, sodat wat die Profete geskryf het, vervul kan word.” Toe het Jesus se dissipels Hom net daar gelos, en gemaak dat hulle wegkom.

57. Die groep wat Jesus gearresteer het, het Hom toe na die woning van Kajafas die hoofpriester gebring, waar die skrifkenners en die familiehoofde bymekaar was.

58. Intussen het Petrus Hom op ‘n velige afstand gevolg, totdat hy uiteindelik in die binnehof van die hoofpriester se woning beland het. Daar het hy by die dienspersoneel gaan sit, om te sien wat gaan gebeur.

59. Die priesterhoofde, trouens die hele Joodse Raad, het vals getuienis teen Jesus probeer kry, wat tot Sy doodstraf sou lei.

60. En alhoewel baie by hulle kom aanmeld het om vals getuienis teen Jesus te bring, kon hulle geen afdoende getuienis teen Hom kry nie. Eindelik het daar twee gekom,

61. en getuig: ‘Hierdie Man het beweer: “Ek kan die tempel afbreek, en binne drie dae weer opbou.”

62. Daarop het die hoofpriester opgestaan en vir Jesus gevra: ‘Het jy niks te sê op hierdie aanklag nie? Wat is hierdie ding wat hulle teen jou getuig?’

63. Maar Jesus het bly swyg. Toe sê die hoofpriester: ‘Ek eis nou van jou in die Naam van die Lewende God, dat Jy vir ons moet sê of Jy die Messias, die Seun van God is.’

64. Daarop het Jesus geantwoord: “Ja, dit is soos u sê. Ek verseker julle: Julle sal My, die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van God, die Magtige, en hoe Hy sal terugkom op die wolke van die hemel.”

65. Toe skeur die hoofpriester sy klere om te wys hoe geskok hy is, en roep uit: ‘Lasterlik! Watter ander getuies het ons nog nodig?Julle het tog nou hierdie lastering teen God gehoor!

66. ‘Wat is julle bevinding?’ ‘Hy is skuldig,’ antwoord hulle, Hy verdien die doodstraf!’

67. Daarop spoeg hulle Hom in die gesig, en slaan Hom met hulle vuiste. Party het Hom geklap en

68. gesê: ‘Profeteer vir ons, geagte Messias! Wie is dit wat jou nou net geslaan het!’

69. Petrus het nog steeds buite in die binnehof gesit. ‘n Diensmeisie kom toe nader en sê: ‘Jy was mos ook saam met Jesus, die Galileër?’

70. Hy het dit egter voor almal ontken: ‘Ek weet nie waarvan jy praat nie!’ het hy verklaar.

71. Later, toe hy op pad was na die uitgang, sien ‘n ander diensmeisie hom raak, en sê vir die omstanders: ‘Hierdie man was ook saam met Jesus van Nasaret.’

72. Weer het hy dit ontken, hierdie keer met ‘n eed. ‘Ek ken hierdie Man gladnie!’

73. Nog ‘n klein rukkie later, kom sê die wat daar rondstaan vir Petrus: ‘Jy is definitief een van hulle; jou aksent verklap jou.’

74. Daarop het Petrus begin vloek en gesê: ‘Ek sweer voor God, ek ken hierdie Man hoegenaamd nie!’ Onmiddellik het die haan begin kraai.

75. Skielik het Jesus se woorde deur Petrus se gedagtes begin flits: “Voordat die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy My dissipel is.” Daarop het hy buitentoe gegaan en hartstogtelik begin huil.

(Matthéüs 27:1-54)

1. Vroeg daardie oggend het al die priesterhoofde en die familiehoofde saam teen Jesus beraadslaag oor hoe hulle moes optree, om Sy dood te bewerk.

2. Hulle het Hom toe in boeie weggeneem, en aan Pilatus, die Romeinse goewerneur, oorhandig.

3. Toe Judas, Sy verraaier sien dat Jesus ter dood veroordeel is, het hy bitter spyt gekry, en die dertig silwer geldstukke na die priesterhoofde en die familiehoofde teruggevat,

4. met die woorde: ‘Ek het verkeerd gedoen. Ek het ‘n onskuldige Man uitgelewer!’ Hulle het geantwoord: ‘Dit raak ons nie, dis jou probleem.’

5. Judas gooi toe die geld op die tempelvloer neer, draai om, en gaan hang homself op.

6. Die priesterhoofde het die geld toe geneem en gesê: ‘Ons mag dit nie in die tempel-skatkis gooi nie, want die bloed van ‘n mens kleef aan hierdie geld.’

7. Na ‘n samespreking het hulle besluit om die stuk grond van die pottebakker daarmee te koop. En dit te gebruik as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge.

8. Dit is waarom daardie stuk grond “Bloedgrond” genoem word, tot vandag toe.

9. Daarmee het die woord van die Profeet Jeremia in vervulling gegaan: ‘Hulle het die dertig silwer geldstukke geneem, – die prys waarteen Hy deur die volk van Israel gewaardeer is,

10. en die pottebakker se grond daarmee gekoop, soos die Here my beveel het.’

11. Jesus het voor Pilatus, die Romeinse goewerneur verskyn. Die goewerneur het Hom gevra: ‘Is U die koning van die Jode? Jesus antwoord toe: “Dit is soos u sê.”

12. Maar terwyl die priesterhoofde en die familiehoofde beskuldigings teen Hom inbring, het Hy niks geantwoord nie.

13. ‘Hoor U dan nie al die ernstige aanklagte teen U nie?’ Het Pilatus Hom gevra.

14. Maar tot die goewerneur se uiterste verbasing, het Hy Homself op geen enkele punt verweer nie.

15. Dit was gebruiklik dat die goewerneur tydens elke Paasfees een gevangene vir die skare vrylaat. Hulle kon self kies wie dit moes wees.

16. Juis in hierdie tyd was daar ‘n berugte gevangene met die naam Barabbas.

17. Terwyl die skare gevaarlik begin saamdrom, vra Pilatus hulle: ‘Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat. Barrabbas, of Jesus die Messias?’

18. Hy het goed besef dat die Joodse leiers Jesus uit naywer aan hom uitgelewer het.

19. Terwyl Pilatus daar op die regbank sit, laat sy vrou hom weet: ‘Los daardie onskuldige Man uit. Ek het laasnag ‘n aaklige nagmerrie oor Hom gehad.’

20. Intussen het die priesterhoofde die skare oorreed om te vra dat Barabbas vrygelaat moet word, en dat Jesus die doodstraf kry.

21. Toe die goewerneur dus weer vir hulle vra: ‘Wie van hierdie twee moet ek vir julle vrylaat?’ het hulle geskree: ‘Barabbas!’

22. ‘Maar as ek Barabbas vir julle vrylaat,’ het Pilatus hulle gevra, ‘wat moet ek dan met Jesus, die Messias doen?’ Hulle roep toe almal uit: ‘Hy moet gekruisig word!’

23. ‘Hoekom,’ het Pilatus toe gevra. ‘Watter misdaad het Hy dan begaan?’ Maar hulle het al harder begin skree: ‘Hy moet gekruisig word!’

24. Pilatus het gemerk dat dit hopeloos was, en dat daar ‘n oproer aan die kom was. Gevolglik het hy ‘n skottel water laat kom, en sy hande ten aanskoue van die skare gewas, met die woorde: ‘Ek is onskuldig aan die dood van hierdie Man. Dit is op julle rekening.’

25. Die volk het teruggeskree: ‘Ons neem verantwoordelikheid vir Sy dood – ons en ons nageslag.’

26. Toe het hy Barabbas vir hulle vrygelaat, maar hy het Jesus aan die soldate oorgegee, om Hom met gésels te slaan, en daarna te kruisig.

27. Die goewerneur se soldate het Jesus toe na hulle hoofkwartier geneem, en die hele regiment teen Hom bymekaar gemaak.

28. Hulle stroop Hom toe van Sy klere, en hang vir Hom ‘n pers mantel om.

29. Hulle het ook ‘n krans van dorings gevleg en dit op Sy kop gesit, en ‘n riet-septer in Sy regterhand. Toe maak hulle kniebuigings voor Hom en roep spottend uit: ‘Ons groet U, O Koning van die Jode!’

30. Boonop het hulle Hom bespoeg. Die riet by Hom gegryp, en Hom daarmee teen die kop geslaan.

31. Toe hulle moeg geword het van spot dryf met Hom, het hulle die pers mantel uitgetrek, en vir
Hom weer Sy eie klere aangetrek. Toe vat hulle Hom weg, om Hom te gaan kruisig.

32. Op pad kom hulle ‘n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom toe opgekommandeer om Jesus se kruis te dra.

33. Hulle kom toe by die plek wat Golgota genoem word – dit beteken Kopbeen-koppie.

34. Hulle gee toe vir Hom ‘n mengsel van wyn en bitter kruie om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie.

35. Nadat hulle Jesus gekruisig het, het die soldate sy klere verdeel, deur die gooi van dobbel-steentjies.

36. Hulle het daar rondgesit en Hom bewaak.

37. Hulle het ook ‘n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “Dit is Jesus, die Koning van die Jode.”

38. Daarop het hulle saam met Jesus ook twee kriminele gekruisig, een aan elke kant.

39. Die verbygangers het net spottend hulle koppe geskud en Hom toegesnou:

40. ‘Toe nou, Jy kan mos die tempel afbreek en dit weer in drie dae opbou! As Jy dan God se Seun is, red Jouself en kom van die kruis af!’

41. Die priesterhoofde tesame met die skrifkenners en die familiehoofde, het ook gespot en gesê:

42. ‘Foeitog, Hy het ander gered, maar Hy kan Homself nie red nie. Hy is mos die Koning van Israel. Laat Hom nou afkom van die kruis! Dan sal ons in Hom glo!

43. ‘Hy het mos op God staatgemaak – as God so danig lief is vir Hom, laat Hy dit nou bewys, deur Hom te red! Hy het tog Self beweer: “Ek is God se Seun!”

44. In hierdie selfde trant het selfs die kriminele wat saam met Hom gekruisig is, Hom beledig.

45. Van twaalf-uur af, het dit oor die hele land donker geword, tot drie-uur die middag.

46. Teen drie-uur het Jesus baie hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani,” wat beteken: “My God, My God, waarom het U My verlaat!”

47. Party van die omstanders het dit misverstaan, en gedink Hy roep na die Profeet Elia.

48. Een van hulle hardloop toe gou, vat ‘n spons en maak dit vol suur wyn, en steek dit op die punt van ‘n riet, om Hom te laat drink.

49. Die ander het egter gesê: ‘Los Hom, kom ons kyk of Elia Hom kom red.’

50. Maar Jesus het baie hard uitgeroep, en Sy laaste asem uitgeblaas.

51. Op daardie oomblik het die swaar gordyn in die tempel in twee geskeur, van bo tot onder. Die aarde het gebewe en die rotse het uitmekaar gebars.

52. Selfs die grafte het oopgegaan, en God het die liggame van baie gelowiges wat reeds dood was, weer lewendig gemaak.

53. Hulle het uit die grafte gegaan, en ná Jesus se opstanding het hulle die helige stad Jerusalem binnegegaan, en aan baie mense verskyn.

54. Die Romeinse offisier oor honderd, en die ander soldate wat Jesus bewaak het, het baie beangs geword toe hulle die aardbewing en die ander gebeurtenisse sien, en hulle het uitgeroep: ‘Hierdie Man was werklik die Seun van God!’

PEARL FOR EACH DAY:

Friday 29 March 2024.

(Matthew 26:36-75)

“TRULY, THIS WAS THE SON OF GOD!”

36. Then Jesus went with them to a place called Gethsemane, and He said to His disciples: “Sit here, while I go over there and pray.”

37. And taking with Him, Peter, and the two sons of Zebedee, He began to be sorrowful and troubled.

38. Then He said to them: “My soul is very sorrowful, even to death, remain here, and watch with Me.”

39. And going a little farther, He fell on His face and prayed, saying: “My Father, if it is possible, let this cup pass from Me. Nevertheless, not as I Will, but as You Will.”

40. And He came to His disciples, and found them sleeping. And He said to Peter: “Could you not watch with Me one hour?

41. “Watch and pray, that you may not enter into temptation. The spirit indeed is willing, but the flesh is weak.”

42. Again for the second time, He went away and prayed: “My Father, if this cup cannot pass unless I drink It, Your Will be done.”

43. And again He came, and found them sleeping, for their eyes were heavy.

44. So, leaving them again, He went away and prayed for the third time, saying the same words again.

45. Then He came to the disciples and said to them: “Sleep, and take your rest later on. See, the hour is at hand, and the Son of man is betrayed into the hands of sinners.

46. “Rise, let us be going; see, My betrayer is at hand.”

47. While He was still speaking, Judas came, one of the twelve, and with him a great crowd with swords and clubs, from the chief priests and the elders of the people.

48. The betrayer had given them a sign, saying: ‘The One I will kiss, is the Man; seize Him!’

49. And he came up to Jesus at once and said: ‘Greetings, Rabbi!’ And he kissed Him.

50. Jesus said to him: “Friend, do what you came to do.” Then they came up and laid hands on Jesus, and seized Him.

51. And behold, one of those who were with Jesus, stretched out his hand and drew his sword, and struck the servant of the high priest, and cut off his ear.

52. And Jesus said to him: “Put your sword back into its place. For all who take the sword, will perish by the sword.

53. “Do you think I cannot appeal to My Father, and He Will at once send Me more than twelve legions of angels?

54. “But how then should the Scriptures be fulfilled, that it must be so?”

55. At that hour Jesus said to the crowd: “Have you come out as against a robber, with swords and clubs to capture Me? Day after day I sat in the temple, teaching, and you did not seize Me.

56. “But all this has taken place that the Scriptures of the Prophets might be fulfilled.” Then all the disciples left Him and fled.

57. Then those who had seized Jesus, led Him to Caiaphas the high priest, where the scribes and the elders had gathered.

58. And Peter was following Him at a distance, as far as the courtyard of the high priest. And going inside, he sat with the guards to see the end.

59. The chief priests and the whole council were seeking false testimony against Jesus, that they might put Him to death,

60. but they found none, though many false witnesses came forward. At least two came forward

61. and said: ‘Sir, we remember how that imposter said:’ “I Am able to destroy the temple of God, and to rebuild it in three days.”

62. And the high priest stood up and said: ‘Have You no answer to make? What is it that these men testify against You?’

63. But Jesus remained silent. And the high priest said to Him: ‘I adjure You by the Living God, tell us if You are the Christ, the Son of God.’

64. Then Jesus said to him: “You have said so. But I tell you, from now on you will see the Son of man, seated at the right hand of Power, and coming on the clouds of heaven.”

65. Then the high priest tore his robes and said: ‘He Has uttered blasphemy. What further witnesses do we need? You have now heard His blasphemy.

66. ‘What is your judgement?’ They answered: ‘He deserves death!’

67. Then they spat in His face and struck Him. And some slapped Him,

68. saying: ‘Prophesy to us, You Christ! Who is it that struck You?’

69. Peter was sitting outside in the courtyard. And a servant girl came up to him and said: ‘You also were with Jesus the Galilean.’

70. But he denied it before them all, saying: ‘ I do not know what you mean.’

71. And when he went out of the entrance, another servant girl saw him, and said to the bystanders: ‘This man was with
Jesus of Nazareth.’

72. And again he denied it with an oath. ‘I do not know the Man!’

73. After a little while the bystanders came up and said to Peter: ‘Certainly you too are one of them, for your accent betrays you.’

74. Then he began to invoke a curse on himself and to swear: ‘I do not know the Man!’ And immediately the rooster crowed.

75. And Peter remembered the saying of Jesus: “Before the rooster crows, you will deny Me three times.” And he went out and wept bitterly.

(Matthew 27:1-54)

1. When morning came, all the chief priests and the elders of the people took counsel against Jesus to put Him to death.

2. And they bound Him and led Him away, and delivered Him over to Pilate, the governor.

3. When Judas the betrayer, saw that Jesus was condemned, he changed his mind and brought back the thirty pieces of silver to the chief priests and the elders,

4. saying: ‘I have sinned by betraying innocent blood.’ They replied: ‘What is that to us? See to it yourself.’

5. And throwing down the pieces of silver into the temple, he departed, and he went and hanged himself.

6. The chief priests, taking the pieces of silver, said: ‘It is not lawful to put them into the treasury, since it is blood money.’

7. So they took counsel and bought with them the potter’s field, as a burial place for strangers.

8. Therefore that field has been called the “Field of Blood,” to this day.

9. Then was fulfilled what had been spoken by the Prophet Jeremiah, saying: “And they took the thirty pieces of silver, the price of Him, on Whom a price had been set by some of the sons of Israel,

10. “and they gave them for the potter’s field, as the Lord directed me.”

11. Jesus stood before the governor, and the governor asked Him: ‘Are you the King of the Jews?’ Jesus answered: “You have said so.”

12. But when He was accused by the chief priests and the elders, He gave no answer.

13. Then Pilate said to Him: ‘Do You not hear how many things they testify against You?’

14. But He gave them no answer, not even to a single charge, so that the governor was greatly amazed.

15. At the feast the governor was accustomed to release for the crowd any one prisoner whom they wanted.

16. And they had then a notorius prisoner called Barabbas.

17. So when they had gathered, Pilate said to them: ‘Whom do you want me to release for you? Barabbas, or Jesus, Who is called Christ.’

18. For he knew that it was out of envy that they had delivered Him.

19. While Pilate was on the judgement seat, his wife sent word to him: ‘Have nothing to do with that righteous Man, for I have suffered much because of Him today, in a dream.’

20. The chief priests and the elders persuaded the crowd to ask for Barabbas and to destroy Jesus.

21. The governor again said to them: ‘Which of the two do you want me to release to you?’ And they said: ‘Barabbas!’

22. Pilate then asked them: ‘Then what shall I do with Jesus, Who is called Christ? They all shouted: ‘Let Him be crucified!’

23. And he said: ‘Why, what evil Has He done?’ But they shouted all the more: ‘Let Him be crucified!’

24. When Pilate saw that he was gaining nothing, but rather that a riot was beginning, he took water and washed his hands before the crowd, saying: ‘I am innocent of this man’s blood; see to it yourselves.’

25. And all the people answered: ‘His blood be on us and on our children!’

26. Then he released for them Barabbas, and having Jesus scourged, he delivered Him to be crucified.

27. Then the soldiers of the governor took Jesus into the governor’s headquarters, and gathered the whole battalion before Him.

28. And they stripped Him, and put a scarlet robe on Him,

29. and twisting together a crown of thorns, they put it on His head, and put a reed in His right hand. And kneeling before Him, they mocked Him, saying: ‘Hail, King of the Jews!’

30. And they spat on Him, and took the reed, and struck Him on the head.

31. And when they had mocked Him, they stripped Him of the robe and put His own clothes on Him. Then they led Him away to crucify Him.

32. As they went out, they found a man of Cyrene, Slmon by name. They compelled this man to carry the cross.

33. And when they came to a place called Golgotha, which means: Place of the skull,

34. they offered Him wine to drink, mixed with gall, but when He tasted it, He would not drink it.

35. And when they had crucified Him, they divided His garments among them, by casting lots.

36. Then they sal down, and kept watch over Him there.

37. And over His head they put the charge against Him, which read: “THIS IS JESUS, THE KING OF THE JEWS.”

38. Two robbers were crucified with Him, one on the right, and one on the left.

39. And those who passed by derided Him, wagging their heads,

40. and saying: ‘You Who would destroy the temple and rebuild it in three days, save Yourself! If You are the Son of God, come down from the cross!

41. So also the chief priests and the scibes and elders mocked Him, saying:

42. ‘He saved others; but He cannot save Himself. He is the King of Israel, let Him come down from the cross, and we will believe in Him.

43. ‘He trusts in God; let God deliver Him now, if He disires Him, for He said: “I Am the Son of God.”

44. And the robbers who were crucified with Him, also reviled Him in the same way.

45. From the sixth hour there was darkness over all the land, until the ninth hour.

46. And about the ninth hour Jesus cried out with a loud voice, saying: “Eli, Eli, lema sabachthani?” That is, “My God, My God, why Have You forsaken Me.”

47. And some of the bystanders, hearing it, said: ‘This Man is calling Elijah!

48. And one of them at once ran, and took a sponge, filled it with sour wine, and put it on a reed, and gave it to Him to drink.

49. But the others said: “Wait, let us see whether Elijah will come to save Him.’

50. Jesus cried out again with a loud voice, and yielded up His spirit.

51. And behold, the curtain of the temple was torn in two, from top to bottom. And the earth shook, and the rocks split.

52. The tombs also were open. And many bodies of the saints who had fallen asleep, were raised,

53. and coming out of the tombs, after His resurrection, and went into the holy city, and appeared to many.

54. When the centurion and those who were with him, keeping watch over Jesus, saw the earthquake and what took place, they were filled with awe and said: ‘Truly, this was the Son of God!’

“YOU WILL ALWAYS HAVE THE POOR WITH YOU, BUT YOU WILL NOT ALWAYS HAVE ME:”

Donderdag 28 Maart 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéũs 26:1-30)

“DIE ARMES SAL NOG LANK BY JULLE WEES, MAAR EK SAL NIE MEER LANK BY JULLE WEES NIE:”

1. Nadat Jesus al hierdie uitsprake gelewer het, het Hy vir Sy dissipels gesê:

2. “Julle weet dat dit oor twee dae Paasfees is. Dan sal Ek, die Seun van die mens oorgegee word om gekruisig te word.”

3. Juis in daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde in die huis van Kajafas die hoofpriester vergader,

4. en saam beraadslaag oor hoe hulle Jesus in die geheim kon vang en uit die weg ruim.

5. Hulle het egter saamgestem: ‘Nie in die openbaar terwyl die skares feesvier nie, anders kom daar ‘n oproer onder die volk.’

6. Jesus was in Betanië in die huis van Simon die Melaatse.

7. Terwyl Hy aan tafel was, kom ‘n vrou na Hom toe met ‘n albaste fles vol duur aromatiese olie, en gooi dit op Sy kop uit.

8. Toe die dissipels dit sien, het hulle hulleself daaroor opgewerk. ‘Watter vermorsing,’ het hulle onder mekaar gesê:

9. ‘Sy kon dit vir ‘n yslike bedrag verkoop, en die geld vir die armes gegee het!’

10. Jesus het dit egter agtergekom en vra hulle toe: “Waarom maak julle dit so moeilik vir hierdie vrou? Sy het immers ‘n weldaad aan My gedoen.

11. “Die armes sal julle altyd by julle hê, maar Ek sal nie meer lank by julle wees nie. // (Johannes 12:9) ‘n Groot skare uit die geledere van die Jode, het kennis geneem dat Jesus daar is. Hulle het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus Self nie, maar ook om vir Lasarus, vir wie Jesus uit die dood opgewek het, te sien. (Johannes 12:10) Die priesterhoofde het beraadslaag om ook vir Lasarus dood te maak, omdat baie van die Jode as gevolg van Lasarus na Jesus toe oorgeloop, en in Hom geglo het. //

12. “Toe sy hierdie olie op My uitgegooi het, het sy eintlik My liggaam vir My begrafnis voorberei.

13. “Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy altyd onthou word.”

14. Toe het Judas Iskariot, een van die twaalf dissipels, na die priesterhoofde toe gegaan,

15. en gevra: ‘Wat is julle bereid om my te betaal, as ek Jesus aan julle besorg?’ Hulle het hom toe dertig silwer geldstukke aangebied.

16. Van toe af was hy op die uitkyk vir ‘n geskikte geleentheid om Jesus aan hulle uit te lewer.

17. Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood, het die dissipels vir Hom kom vra; ‘Waar wil U hê moet ons die Paas-maaltyd vir U voorberei?’

18. Hy antwoord toe: “Gaan stad toe na so en so, en sê vir hom: ‘Jesus die Leermeester sê: “My tyd het gekom. Ek wil by jou die Paas-Maaltyd saam met My dissipels eet.”

19. Die dissipels het toe gedoen soos Jesus hulle beveel het, en die Paasete voorberei.

20. Teen die aand was Jesus saam met die twaalf aan tafel.

21. Terwyl hulle besig was om te eet, het Hy gesê: “Ek verseker julle, een van julle gaan My uitlewer.”

22. Hulle was geweldig geskok, en het Hom een na die ander gevra: ‘Dit is tog seker nie ek nie, Here?’

23. Daarop het Jesus gesê: “Dit is die een wat sy hand hier saam met My in die skottel steek, wat My gaan uitlewer,

24. “Ek, die Seun van die mens, moet sterf soos daar van My geskryf staan, maar dit sal bitter swaar gaan met daardie man wat My uitlewer. Hy moes liewer nooit gebore gewees het nie!”

25. Judas, die een wat Hom sou uitlewer, reageer toe en vra: ‘Dit is tog seker nie ek nie, Rabbi’ Hy antwoord hom daarop: “Dáár sê jy dit self.”

26. Terwyl hulle besig was om te eet, neem Jesus brood en vra God se seën daarop. Toe breek Hy dit in stukke en gee dit aan Sy dissipels met die woorde: “Neem en eet dit. Dit is My liggaam.”

27. En Hy het die beker geneem en God daarvoor gedank. Hy het dit toe aan hulle gegee met die woorde: “Drink almal daaruit,

28. “want dit is My bloed wat die verbond tussen God en Sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet, sodat hulle sondes vergewe kan word.

29. “Ek verklaar nou hier plegtig, dat Ek van nou af nie meer wyn sal drink nie, totdat Ek opnuut die feeswyn saam met julle sal drink in die Koninkryk van My Vader.”

30. Hulle het toe die loflief gesing, en uitgegaan na die Olyfberg toe.

PEARL FOR EACH DAY:

Thursday 28 March 2024.

(Matthew 26:1-30)

“YOU WILL ALWAYS HAVE THE POOR WITH YOU, BUT YOU WILL NOT ALWAYS HAVE ME:”

1. When Jesus finished all these sayings, He said to His disciples:

2. “You must know that after two days, the Passover is coming, and the Son of man will be delivered up to be crucified.”

3. Then the chief priests and the elders of the people gathered in the palace of the high priest, whose name was Caiaphas,

4. and plotted together in order to arrest by stealth and kill Him.

5. But they said: ‘Not during the feast, lest there be an uproar among the people.’

6. And when Jesus was at Bethany, in the house of Simon the leper,

7. a woman came up to Him with an alabaster flask of very expensive ointment, and she poured it on His head, as He reclined at table.

8. And when His disciples saw it, they were indignant, saying: ‘Why this waste!

9. ‘For this could have been sold for a large sum, and given to the poor.’

10. But Jesus, aware of this, said to them: “Why do you trouble the woman? For she has done a beautiful thing to Me.

11. “For you always have the poor with you, but you will not always have Me. // John 12:9) When the large crowd of the Jews learned that Jesus was there, they came, not only on account of Him, but also to see Lazarus, whom He raised from the dead. (John 12:10) So the chief priests made plans to put Lazarus to death as well, because on account of him, many of the Jews were going away, and believing in Jesus. //

12. “In pouring the ointment on My body, she has done it to prepare Me for burial.

13. “Truly I say to you: Wherever this Gospel is proclaimed in the whole world, what she has done will also be told in memory of her.”

14. Then one of the twelve, whose name was Judas Iscariot, went to the chief priests,

15. and said: ‘What will you give me if I deliver Him over to you?’ And they paid him thirty pieces of silver.

16. And from that moment, he sought an opportunity to betray Him.

17. On the fist day of Unleavened Bread, the disciples came to Jesus, saying: ‘Where will You have us prepare for You to eat the Passover?’

18. He answered: “Go into the city to a certain man and say to him: ‘The Teacher says: My time is at hand. I Will keep the Passover at your house, with My disciples.”

19. And the disciples did as Jesus Had directed them, and they prepared the Passover.

20. When it was evening, He reclined at table with the twelve.

21. And as they were eating, He said: “Truly I say to you, one of you will betray Me.”

22. And they were very sorrowful and began to say to Him one after another. ‘Is it I Lord?’

23. He answered: “He who has dipped his hand in the dish with Me, will betray Me.

24. “The Son of man goes as it is written of Him, but woe to that man by whom the Son of man is betrayed. It would have been better for that man if he had not been born.”

25. Judas, who would betray Him, answered: ‘Is it I, Rabbi?’ He said to him: “You have said so.”

26. As they were eating, Jesus took bread, and after blessing it, broke it and gave it to the disciples, and said: “Take, eat. This is My body.”

27. And He took a cup, and when He Had given thanks, He gave it to them, saying: “Drink of it, all of you,

28. “for this is My blood of the covenant, which is poured out for many, for the forgiveness of sins.

29. “I tell you, I Will not drink again of the fruit of the vine, until that day when I drink it new with you, in My Father’s Kingdom.”

30. And when they had sung a hymn, they went out to the Mount of Olives.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)