THEY DELIVERED THE LETTER:

Vrydag 7 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 15:22-30)

HULLE HET DIE BRIEF OORHANDIG:

22. Daarna het die apostels en die ouderlinge, saam met die hele Gemeente in Jerusalem besluit om ‘n afvaardiging uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië in Sirië te stuur. Hulle het twee leiersfigure onder die gelowiges gekies: vir Judas met die noemnaam Barsabbas, en vir Silas.

23. Die vergadering het die volgende brief self geskryf: ‘Hierdie brief kom van die apostels en die ouderlinge, julle broers in Jerusalem, en is geskryf aan die gelowiges uit die nie-Joodse volke in Antiogië, Sirië en Silisië. Groete!

24. ‘Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het wat julle gemoedere ontstel het met standpunte waarvoor ons hulle nie ‘n mandaat gegee het nie.

25. ‘Daarom het ons eenparig besluit om ‘n amptelike afvaardiging na julle toe te stuur. Hulle vergesel ons geliefde Barnabas en Paulus,

26. ‘mense wat hulle lewe gewaag het vir die Naam van ons Here Jesus Christus.

27. ‘Ons stuur dan nou vir Judas en Silas om ook self mondeling ons besluit aan julle oor te dra.

28. ‘Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê nie, behalwe die volgende voorskrifte:

29. ‘Dat julle, julle moet weerhou van alles wat aan afgode geoffer is, en van bloed, van diere wat verwurg is, en van seksuele sondes. As julle, julle van hierdie dinge weerhou, doen julle goed. Vaarwel!’

30. So is hulle toe daar weg, op pad na Antiogië toe. Daar het hulle die Gemeente bymekaar laat kom, en die brief oorhandig.

PEARL FOR EACH DAY:

Friday 7 June 2024.

(Acts 15:22-30)

THEY DELIVERED THE LETTER:

22. Then it seemed good to the apostles and the elders, with the whole Church, to choose men from among them, and send them to Antioch with Paul and Barnabas. They sent Judas called Barsabbas, and Silas, leading men among the brothers,

23. with the following letter: ‘The brothers, both the apostles and the elders, to the brothers who are of the Gentiles in Antioch and Syria and Cilicia, greetings.

24. ‘Since we have heard that some persons have gone out from us and troubled you with words, unsettling your minds, although we gave them no instructions,

25. ‘it has seemed good to us, having come to one accord to choose men and send them to you with our beloved Barnabas and Paul,

26. ‘men who have risked their lives for the Name of our Lord Jesus Christ.

27. ‘We have sent therefore Judas and Silas, who themselves will tell you the same things by word of mouth.

28. ‘For it has seemed good to the Holy Spirit and to us, to lay on you no greater burden than these requirements:

29. That you abstain from what has been sacrificed to idols, and from blood, and from what has been strangled, and from sexual immorality. If you keep yourselves from these, you will do well. Farewell!’

30. So when they were sent off, they went down to Antioch, and having gathered the congregation together, they delivered the letter.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“I WILL REBUILD THE TENT OF DAVID THAT HAS FALLEN:”

Donderdag 6 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 15:15-21)

“EK SAL DIE VERVALLE HUIS VAN DAWID WEER OPBOU:”

15. ‘En hiermee stem die woorde van die Profete saam. Daar staan geskrywe:

16. ‘+Daarna sal Ek terugkom, en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou. Ek sal sy bouvalle herstel, en dit weer regmaak,

17. ‘+sodat ook die ander volke die Here kan soek, ja, al die nie-Joodse nasies, oor wie Ek My Naam uitgeroep het. “So sê die Here”, wat hierdie dinge

18. ‘+lank gelede al bekend gemaak het.,+

19. Daarom oordeel ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die gelowiges wat hulle uit die geledere van die nie-Jode tot God bekeer het nie.

20. ‘Ons moet egter vir hulle skryf om weg te bly van dinge wat deur afgode besoedel is, van seksuele sondes, asook van iets wat verwurg is. en van bloed.

21. ‘Julle weet mos: Moses het in elke stad al vir geslagte lank mense wat sy voorskrifte verkondig: Elke Sabbatdag word sy boeke in die sinagoges voorgelees.’

PEARL FOR EACH DAY:

Thursday 6 June 2024.

(Acts 15:15-21)

“I WILL REBUILD THE TENT OF DAVID THAT HAS FALLEN:”

15. ‘And with this the words of the Prophets agree, just as it is written:

16. ‘.+After this I Will return, and I Will rebuild the tent of David that has fallen; I Will rebuild its ruins, and I Will restore it,

17. ‘+that the remnant of mankind may seek the Lord, and all the Gentiles who are called by My Name,’+ says the Lord, Who makes these things

18. ‘+known from of old.’+

19. ‘Therefore my judgement is that we should not trouble those of the Gentiles who turn to God,

20. ‘but should write to them: To abstain from the things polluted by idols, and from sexual immorality, and from what has been strangled, and from blood.

21. ‘For from ancient generations Moses has had in every city those who proclaim him, for he is read every Sabbath in the synagogues.’

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“WHY DO YOU PUT GOD TO THE TEST?”

Woensdag 5 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 15:4-14)

“WAAROM WIL JULLE BETER WEET AS GOD?”

4. Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die hele Gemeente, insluitend die apostels en die ouderlinge verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle bediening tot stand gebring het.

5. Sommige van dié wat gelowiges geword het, uit die geledere van die Fariseërs, het egter opgestaan en verklaar: ‘Nie-Joodse bekeerlinge moet besny word, en die opdrag kry om die Wet van Moses te onderhou.’

6. Die apostels en die ouderlinge het toe bymekaar gekom om mekaar in die oë te kyk oor hierdie vraagstuk.

7. Ná ‘n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my van die vroeë dae af al uit julle geledere gekies het, om deur my prediking, die nie-Jode die Goeie Nuus te laat hoor en tot geloof te laat kom.

8. “En God, wat die harte ken, het bevestig dat die Goeie Nuus ook vir nie-Jode bedoel is, deur aan hulle die Heilige Gees te gee, net soos aan ons.

9. “Hy het dus geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig.

10. “Waarom wil julle nou beter as God weet, deur op die nek van die nie-Joodse gelowiges ‘n juk te lê, wat ons voorgeslagte nie instaat was om te dra nie, en ons ook nie?

11. “Nee! Ons glo dat ons net deur die Genade van die Here Jesus verlos word – en dit geld ook vir daardie mense.”

12. Daar was geen verdere bespreking nie, en almal het vervolgens gesit en luister hoe Barnabas en Paulus vertel watter tekens en wonders God deur hulle onder die nie-Jode gedoen het.

13. Toe hulle stilbly het Jakobus gesê: ‘Geagte broers, luister na my:

14. ‘Simon Petrus verduidelik hoe dit God self is wat die inisiatief geneem het, deur vir Hom ‘n volk uit die geledere van die nie-Jode te versamel.’

PEARL FOR EACH DAY:

Wednesday 5 June 2024.

(Acts 15:4-14)

“WHY DO YOU PUT GOD TO THE TEST?”:

4. When they came to Jerusalem, they were welcomed by the Church and the elders and the apostles. They declared all that God Had done with them.

5. But some believers who belonged to the party of the Pharisees rose up and said: ‘It is necessary to circumcise them and to order them to keep the Law of Moses.’

6. The apostles and the elders were gathered together to consider the matter.

7. And after there had been much debate, Peter stood up and said to them: “Brothers, you know that in the early days, God made a choice among you, that by my mouth the Gentiles should hear the Word of the Gospel, and believe.

8. “And God, Who knows the heart, bore wisdom to them, by giving them the Holy Spirit just as He did to us,

9. “and He made no distinction between us and them, having cleansed their hearts by faith.

10. “Now therefore, why are you putting God to the test by placing a yoke on the neck of the disciples, that neither our fathers nor we have been able to bear?

11. “But we believe that we will be saved through the Grace of the Lord Jesus, just as they will.”

12. And all the assembly fell silent, and they listened to Barnabas and Paul as they related what signs and wonders God Had done through them among the Gentiles.

13. After they finished speaking, James replied: ‘Brothers, listen to me:

14. ‘Simon Peter has related to us how God first visited the Gentiles to take from them a people for His Name.’

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

THEY DECLARED ALL THAT GOD HAD DONE WITH THEM:

Dinsdag 4 Junie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 14:24:28)

HULLE HET VERTEL ALLES WAT GOD DEUR HULLE GEDOEN HET:

24. Die apostels het verder deur Pisidië gegaan, en by Pamfilië gekom.

25. Daar het hulle in Perge die Woord verkondig en daarna Attalië toe vertrek.

26. Daarvandaan het hulle na Antiogië in Sirië gevaar, waar hulle aanvanklik aan die Genade van God opgedra was, vir die werk wat hulle nou voltooi het.

27. By hulle aankoms, het hulle die Gemeente bymekaar geroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het, en dat Hy ook vir die nie-Jode die deur na die geloof oopgemaak het.

28. Hulle het ‘n geruime tyd saam met die gelowiges deurgebring.

(Handelinge 15:1-3)

1. Daar het mense van Judea af gekom, wat die gelowiges probeer wysmaak het: ‘As julle, julle nie laat besny soos Moses voorskryf nie, kan julle nie verlos word nie.’

2. Paulus en Barnabas het hulle daarteen verset en in ‘n taamlik ernstige menings-verskil met hulle betrokke geraak. Uiteindelik het hulle besluit dat Paulus en Barnabas en nog ‘n paar ander uit hulle geledere, oor hierdie vraagstuk na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan.

3. So is hulle deur die Gemeente uitgestuur. Hulle het deur Fenisië en Samaria gereis, en vertel van die bekering van die nie-Jode. Met hierdie nuus het hulle al die gelowiges baie bly gemaak.

PEARL FOR EACH DAY:

Tuesday 4 June 2024.

(Acts 14:24-28)

THEY DECLARED ALL THAT GOD HAD DONE WITH THEM:

24. Then they passed through Pisidia and came to Pamphylia.

25. And when they had spoken the Word in Perga, they went down to Attalia,

26. and from there they sailed to Antioch, where they had been commended to the Grace of God for the work that they had now fulfilled.

27. And when they arrived and gathered the Church together, they declared all that God Had done with them, and how He Had opened a door of faith to the Gentiles.

28. And they remained no little time with the disciples.

(Acts 15:1-3)

1. But some men came down from Judea and were teaching the brothers: ‘Unless you are circumcised, according to the custom of Moses, you cannot be saved.’

2. And after Paul and Barnabas had no small dissension and debate with them, Paul and Barnabas and some of the others, were appointed to go up to Jerusalem to the apostles and the others were appointed to go up to Jerusalem to the apostles and the elders about this question.

3. So, being sent on their way by the Church, they passed through both Phoenicia and Samaria, describing in detail the conversion of the Gentiles, and brought great joy to all the brothers.

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)