“YOU WILL INDEED HEAR BUT NEVER UNDERSTAND:”

Sondag 28 Julie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 28:19-26)

“JULLE SAL HOOR EN TOG NIE VERSTAAN NIE:”

19. “Maar omdat die Jode daarteen beswaar gemaak het, is ek gedwing om my op die keiser te beroep. Dit beteken egter nie dat ek ‘n aanklag teen my volk gaan inbring nie.

20. “Dit is dan die rede waarom ek u laat roep het, om u te ontmoet, en met u te gesels. Ek is in hierdie boeie ter wille van Hom vir Wie Israel verwag.”

21. Toe sê hulle vir hom: ‘Ons het geen briewe oor u van Judea af gekry nie, en nie een van ons broers het berig oor u gebring of iets kwaads van u gesê nie.

22. ‘Maar, ons wil graag hoor wat u dink, want al wat ons weet, is dat daar oral teenstand teen hierdie “Rigting” is.’

23. Hulle het toe ‘n datum met hom afgespreek, en op daardie dag het nog meer mense na die plek toe gekom waar Paulus gebly het. Van vroeg die oggend tot laat die aand, het Paulus die Koninkryk van God vir hulle verduidelik, en vir hulle uit die Wet van Moses, en uit die Profete probeer oortuig aangaande Jesus.

24. Deur sy uiteensetting het daar party oortuig geraak, maar ander wou nie glo nie.

25. Hulle was dit nie met mekaar eens nie en het daaroor gestry. Daarna het hulle weggegaan, maar Paulus het nog eers dít vir hulle gesê: “Hoe waar is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die Profeet Jesaja gesê het!

26. “Hy het gesê: ‘.+Gaan na hierdie volk toe en sê vir hulle: Julle sal hoor en hoor en tog nie verstaan nie; en kyk en kyk, en tog niks sien nie.’+”

PEARL FOR EACH DAY:

Sunday 28 July 2024.

(Acts 28:19-26)

“YOU WILL INDEED HEAR BUT NEVER UNDERSTAND:”

19. “But because the Jews objected, I was compelled to appeal to Caesar – though I have nothing to bring against my nation.

20. “For this reason therefore, I have asked to speak with you, since it is because of the hope of Israel that I am wearing this chain.”

21. And they said to him: ‘We have received no letters from Judea about you, and none of the brothers coming here has reported or spoken any evil about you.

22. ‘But we desire to hear from you what your views are, for with regard to this “Sect” we know that everywhere it is spoken against.’

23. When they had appointed a day for him, they came to him at his lodging in greater numbers. From morning till evening, he expounded to them, testifying to the Kingdom of God, and trying to convince them about Jesus, both from the Law of Moses, and from the Prophets.

24. And some were convinced by what he said, but others disbelieved.

25. And disagreeing among themselves, they departed, after Paul had made one statement: “The Holy Spirit was right in saying to your fathers through Isaiah the Prophet:

26. “‘+Go to this people and say: You will indeed hear but never understand, and you will indeed see, but never perceive.’+”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

PAUL WAS ALLOWED TO STAY BY HIMSELF:

Saterdag 27Julie 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 28:11-18)

PAULUS HET DIE VERGUNNING GEKRY OM OP SY EIE TE WOON:

11. Na drie maande het ons vertrek met die Dioskuri, ‘n Aleksandrynse skip, wat daar oorwinter het.

12. Ons het in Sirakuse gekom, en drie dae daar oorgebly.

13. Daarvandaan het ons verder gevaar en in Regium gekom. Die volgende dag het daar ‘n Suidewind begin waai, en na twee dae was ons in Puteoli.

14. Daar het ons gelowiges teëgekom wat ons uitgenooi het om sewe dae by hulle te bly, en so is ons na Rome toe.

15. Die gelowiges daar, het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appius-mark kom ontmoet, en party by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep.

16. Na ons aankoms in Rome, het Paulus die vergunning gekry om op sy eie te woon, met ‘n soldaat wat hom bewaak.

17. Drie dae later het hy die Joodse leiers na hom toe uitgenooi. Toe hulle bymekaar gekom het, het hy vir hulle gesê: “Broers, ek het niks teen ons volk of teen die gebruike van ons voorvaders gedoen nie, en tog is ek in Jerusalem gevange geneem, en aan die Romeine uitgelewer.

18. “Hulle het my verhoor en wou my loslaat, omdat daar geen rede was om my ter dood te veroordeel nie.

PEARL FOR EACH DAY:

Saturday 27July 2024.

(Acts 28:11-18)

PAUL WAS ALLOWED TO STAY BY HIMSELF:

11. After three months we set sail in a ship that had wintered on the island, a ship of Alexandria, with the ‘Twin gods’ as a figurehead.

12. Putting in at Syracuse, we stayed there for three days.

13. And from there we made a circuit and arrived at Rhegium. And after one day, a South wind sprang up, and on the second day we came to Puteoli.

14. There we found brothers, and were invited to stay with them for seven days. And so we came to Rome.

15. And the brothers there, when they heard about us, came as far as the Forum of Appius and Three Taverns, to meet us. On seeing them, Paul thanked God and took courage.

16. And when we came into Rome, Paul was allowed to stay by himself, with a soldier who guarded him.

17. After three days he called together the local leaders of the Jews, and when they had gathered, he said to them: “Brothers, though I had done nothing against our people or the customs of our fathers, yet I was delivered as a prisoner from Jerusalem into the hands of the Romans.

18. “When they had examined me, they wished to set me at liberty, because there was no reason for the death penalty in my case.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)