Dinsdag 21 Mei 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Handelinge 12:1-10)
PETRUS IS IN DIE TRONK BEWAAK:
1. In hierdie tyd het koning Herodes Agrippa, party van diegene wat aan die Kerk behoort laat arresteer en hulle mishandel.
2. Hy het Jakobus, die broer van Johannes met die swaard laat vermoor.
3. Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan deur ook Petrus tydens die Fees van die Ongesuurde Brood, te laat arresteer.
4. Hy het hom in die tronk gesit en deur vier afdelings van vier soldate elk, laat bewaak. Herodes wou hom ná Paasfees, in die openbaar verhoor.
5. So is Petrus dan in die tronk bewaak. Die Kerk het aanhoudend vir hom tot God gebid.
6. Die nag voordat Herodes hom in die openbaar sou verhoor, het Petrus tussen twee soldate geslaap, terwyl hy ook met twee kettings geboei was, en ander wagte die tronkdeur bewaak.
7. Meteens staan daar ‘n engel van die Here by Petrus, en ‘n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker, en sê: ‘+Staan gou op!’+ Die boeie het van sy polse afgeval!
8. Toe sê die engel vir hom: ‘+Maak vas jou belt en trek jou sandale aan. Petrus het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom: ‘+Trek jou bokleed aan en kom agter my aan.’+
9. Petrus het hom uit die sel gevolg. Hy het nie besef dat die optrede van die engel werklikheid was nie. Maar hy het gedink dat hy ‘n gesig sien.
10. Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede. Toe hulle by die ysterhek kom wat na die stad lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Hulle het buitentoe gegaan en ‘n ent met die straat af gestap. Toe het die engel Petrus skielik verlaat.
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 21 May 2024.
(Acts 12:1-10)
PETER WAS KEPT IN PRISON:
1. About that time, Herod the king laid violent hands on some who belonged to the Church.
2. He killed James, the brother of John, with the sword,
3. and when he saw that it pleased the Jews, he proceeded to arrest Peter also. This was during the days of Unleavened Bread.
4. And when he had seized him, he put him in prison, delivering him over to four squads of soldiers to guard him, intending after the Passover to bring him out to the people.
5. So Peter was kept in prison, but earnest prayer for him was made to God by the Church.
6. When Herod was about to bring him out, on that very night, Peter was sleeping between two soldiers, bound with two chains, and sentries before the door, were guarding the prison.
7. And behold, an angel of the Lord stood next to Peter, and a light shone in the cell. He struck Peter on the side and woke him, saying: ‘+Get up quickly.’+ And the chains fell off his hands.
8. And the angel said to him: ‘+Dress yourself and put on your sandals,’+ and Peter did so. And the angel said to Peter: ‘+Wrap your cloak around you and follow me.’+
9. And he went out and followed him. He did not know what was being done by the angel was real, but thought he was seeing a vision.
10. When they had passed the first and the second guard, they came to the iron gate, leading into the city. It opened for them of its own accord, and they came out, and went along one street. And immediately the angel left him.
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)