DO NOT BE OVERCOME BY EVIL, BUT OVERCOME EVIL WITH GOOD:

Saterdag 7 September 2024.        ++

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 12:19-21) 

“MOET JOU NIE DEUR DIE KWAAD LAAT OORWIN NIE, MAAR OORWIN DIE KWAAD DEUR DIE GOEIE:”

  1. “Moenie self wraak neem nie geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: ‘+Dit is MY reg om te straf; Ek sal vergeld’+ sê die Here. 
  2. “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”
  3. “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. 

(Romeine 13:1-5)

  1. “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is deur die beskikking van God. 
  2. “Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom,sal sy verdiende straf kry. 
  3. “‘n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys, 
  4. “want die owerheid is ‘n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God, dat hy die kwaaddoeners moet straf. 
  5. “Daarom moet jy jou onderwerp, nie net omdat jy vir straf bang is nie, maar ook omdat dit ‘n gewetensaak is.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 7 September 2024. 

(Romans 12:19-21)

“DO NOT BE OVERCOME BY EVIL, BUT OVERCOME EVIL WITH GOOD:”

  1. “Beloved, never avenge yourselves, but leave it to the wrath of God, for it is written: ‘+Vengeance is Mine, I Will repay.” says the Lord. 
  2. “To the contrary, if your enemy is hungry, feed him; if he is thirsty, give him something to drink; for by so doing you will heap up burning coals on his head. 
  3. “Do not be overcome by evil, but overcome evil with good. 

(Romans 13:1-5) 

  1. “Let every person be subject to the governing authorities. For there is no authority except from God, and those that exist, have been instituted by God. 
  2. “Therefore, whoever resists the authorities, resist what God Has appointed, and those who resist, will incur judgement. 
  3. “For rulers are not a terror of good conduct, but to bad. Would you have no fear of the one who is in authority? Then do what is good, and you will receive his approval. 
  4. “For he is God’s servant for your good. But if you do wrong, be afraid for he does not bear the sword in vain. For he is the servant of God, an avenger who carries out God’s wrath on the wrongdoer. 
  5. “Therefore one must be in subjection, not only to avoid God’s wrath, but also for the sake of conscience.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

LIVE IN HARMONY WITH ONE ANOTHER:

Vrydag 6 September 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 12:11-18) 

WEES EENSGESIND ONDER MEKAAR. 

  1. “Moenie aan julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 
  2. “Verbly julle in die HOOP; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 
  3. “Help die mede-gelowiges in hulle nood, en lê julle toe op gasvryheid. 
  4. “Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 
  5. “Wees bly saam met dié wat bly is, en treur saam met dié wat treur. 
  6. “Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 
  7. “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 
  8. “As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Friday 6 September 2024. 

(Romans 12:11-18) 

LIVE IN HARMONY WITH ONE ANOTHER:

  1. “Do not be slothful in zeal, be fervent in spirit, serve the Lord. 
  2. “Rejoice in HOPE, be patient in tribulation, be constant in prayer. 
  3. “Contribute to the needs of the saints and seek to show hospitality. 
  4. “Bless those who persecute you; bless, and do not curse them. 
  5. “Rejoice with those who rejoice, weep with those who weep. 
  6. “Live in harmony with one another. Do not be haughty, but associate with the lowly. Never be wise in your own sight. 
  7. “Repay no one evil for evil, but give thought to do what is honorable in the sight of all. 
  8. “If possible, so far as it depends on you, live peaceably with all.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

DO NOT BE CONFORMED TO THIS WORLD:

Donderdag 5 September 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Romeine 12:1-10) 

MOENIE AAN HIERDIE SONDIGE WÊRELD GELYK WORD NIE: 

  1. “En nou doen ek ‘n beroep op julle broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die Godsdiens wat julle moet beoefen. 
  2. “Julle moet nie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. 
  3. “Kragtens die GENADE wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van GELOOF wat God aan elkeen toebedeel het. 
  4. “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 
  5. “Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 
  6. “Ons het genade-gawes wat van mekaar verskil, volgens die GENADE wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 
  7. “As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 
  8. “As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid. 
  9. “Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is, en hou vas aan wat goed is. 
  10. “Betoon hartlike broeder-liefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar, daarin tot voorbeeld.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Thursday 5 September 2024. 

(Romans 12:1-10) 

DO NOT BE CONFORMED TO THIS WORLD: 

  1. “I appeal to you therefore brothers, by the mercies of God, to present your bodies as a living sacrifice, holy and acceptable to God, which is your spiritual worship. 
  2. “Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewal of your mind, that by testing you may discern what is the Will of God, what is good, and acceptable and perfect. 
  3. “For by the GRACE given to me, I say to everyone among you, not to think of himself more highly than he ought to think, but to think with sober judgement, each according to the measure of faith that God Has assigned. 
  4. “For as in one body we have many members, and the members do not all have the same function, 
  5. “so we, though many, are one body in Christ, and individually members one of another. 
  6. “Having gifts that differ according to the GRACE given to us, let us use them: if prophecy, in proportion to our faith; 
  7. “is service, in our serving; the one who teaches, in his teaching; 
  8. “the one who exhorts, in his exhortation; the one who contributes, in generosity; the one who leads, with zeal; the one who does acts of mercy, with cheerfulness. 
  9. “Let love be genuine. Abhor what is evil; hold fast to what is good. 
  10. “Love one another with brotherly affection. Outdo one another in showing honour.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)