
THOSE WHO HAVE NEVER BEEN TOLD OF HIM, WILL SEE:
Vrydag 13 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 15:18-25)
DIÉ WAT NIE VAN HOM VERTEL IS NIE, SAL SIEN:
- “Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat, as oor wat Christus deur my tot stand gebring het, om heiden-nasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met Woord en Daad,
- “deur kragtige tekens en wonders, in die Krag van die Gees van God. En so kon ek van Jerusalem af al verder tot in Illikum my taak om die Evangelie van Christus te verkondig, ten volle uitvoer.
- “Ek het my eer daarin gestel om die Evangelie te verkondig waar die mense nog nie van Christus gehoor het nie, want ek wil nie op die fondament van iemand anders bou nie,
- “maar soos daar geskrywe staan: ‘+Die wat nie van Hom vertel is nie, sal sien, en dié wat nie van Hom gehoor het nie, sal verstaan.’+
- “Dit is dan ook die rede waarom ek baie keer verhinder is om na julle toe te kom.
- “Maar nou is daar vir my in hierdie streke nie meer ‘n nuwe arbeidsveld nie, en ek koester al baie jare die begeerte om julle te besoek,
- “as ek na Spanje toe gaan. Ek hoop om julle dan op my deurreis te sien; trouens, ek sou graag ook eers ‘n tydjie by julle wou deurbring, en dan met julle hulp verder na Spanje toe reis.
- “Maar nou is ek eers op pad Jerusalem toe, met geldelike hulp vir die gelowiges daar.”
PEARL FOR EACH DAY:
Friday 13 September 2024.
(Romans 15:18-25)
THOSE WHO HAVE NEVER BEEN TOLD OF HIM WILL SEE:
- “I will not venture to speak of anything except what Christ Has accomplished through me, to bring the Gentiles to obedience – by Word or deed,
- “by the power of signs and wonders, by the Power of the Spirit of God, – so that from Jerusalem and all the way around to Illiricum I have fulfilled the Ministry of the Gospel of Christ,
- “and thus I make it my ambition to preach the Gospel, not where Christ Has already been named, lest I build one someone else’s foundation,
- “but as it is written: ‘+Those who have never been told of Him will see, and those who have never heard will understand.’+
- “This is the reason why I have so often been hindered from coming to you.
- “But now, since I no longer have any room for work in these regions, and since I have longed for many years to come to you,
- “I hope to see you in passing as I go to Spain, and to be helped on my journey there by you, once I have enjoyed your company for a while.
- “At present however, I am going to Jerusalem, bringing aid to the saints there.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“IN CHRIST JESUS I HAVE REASON TO BE PROUD OF MY WORK FOR GOD:”
Donderdag 12 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 15:8-17)
“IN CHRISTUS JESUS IS EK TROTS OP WAT EK IN DIENS VAN GOD VERRIG:”
- “Ek bedoel dit: Christus het gekom om in belang van die Jode ‘n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak.
- “Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor Sy ontferming sou verheerlik, soos daar geskrywe staan: ‘+Daarom sal ek U loof onder die nasies, en tot eer van U Naam sal ek ‘n lofpsalm sing.’+
- “En elders lui dit: ‘+Verbly julle, ander nasies, saam met Sy volk.’+
- “En: ‘+Prys die Here, alle nasies! Loof Hom, alle volke!’+
- “En Jesaja sê ook: ‘+Isai sal ‘n NAKOMELING hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.’+
- “Mag God, die BRON VAN HOOP, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle geloof al hoe sterker kan word, deur die krag van die Heilige Gees!
- “My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is, en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die Regte Weg kan help.
- “Tog is ek in my brief plek-plek nogal uitgesproke. Dit was maar om julle aan die een en ander te herinner. God het my immers in Sy GENADE die voorreg gegee,
- “om in diens van Christus Jesus onder die heiden-nasies te werk. Dit is my priesterlike taak om die Evangelie van God aan hulle te bedien, sodat daar uit die heiden-nasies ‘n offergawe mag wees, wat vir God aanneemlik is, en deur die Heilige Gees geheilig is.
- “In Christus Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig.”
PEARL FOR EACH DAY:
Thursday 12 September 2024.
(Romans 15:8-17)
“IN CHRIST JESUS I HAVE REASON TO BE PROUD OF MY WORK FOR GOD:”
- “For I tell you that Christ became a servant to the circumcised to show God’s truthfulness, in order to confirm the promises given to the patriarchs,
- “and in order that the Gentiles might glorify God for His MERCY. As it is written: ‘+Therefore I Will praise You among the Gentiles, and sing to Your Name.’+
- “And again it is said: ‘+Rejoice O Gentiles, with His people.’+
- “And again: ‘+Praise the Lord, all you Gentiles, and let all the peoples extol Him.’+
- “And again Isaiah says: ‘.+The ROOT of Jesse will come, even He Who arises to rule the Gentiles; in Him will the Gentiles hope.’+
- “May the GOD OF HOPE fill you with all joy and peace in believing, so that by the Power of the Holy Spirit, you may abound in hope.
- “I myself am satisfied about you my brothers, that you yourselves are full of goodness, filled with all knowledge, and able to instruct one another.
- “But on some points I have written to you very boldly by way of reminder, because of the GRACE given me by God,
- “to be a minister of Christ Jesus to the Gentiles, in the priestly service of the Gospel of God, so that the offering of the Gentiles may be acceptable, sanctified by the Holy Spirit.
- “In Christ Jesus then, I have reason to be proud of my work for God .”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)




WHATEVER DOES NOT PROCEED FROM FAITH IS SIN:
Woensdag 11 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 14:21-23)
WAT MENS NIE UIT GELOOFS-OORTUIGING DOEN NIE, IS SONDE:
- “Dit is goed as ‘n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie.
- “Laat jou oortuiging hieroor ‘n saak tussen jou en God wees. Gelukkig is die man wat homself nie hoef te verwyt oor wat hy hom veroorloof nie.
- “As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofs-oortuiging doen nie. En enigiets wat ‘n mens nie uit geloofs-oortuiging doen nie, is sonde.”
(Romeine 15:1-7)
- “Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie:
- “Elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is, en wat hom in die geloof kan opbou.
- “Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Dit was met Hom soos daar geskrywe staan: ‘+Die beledigings waarmee mense U beledig, het op My neergekom.’+
- “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer, sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol HOOP kan wees.
- “En mag God, die BRON van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees, soos Christus Jesus dit wil hê.
- “Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.
- “Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot EER van God.”
PEARL FOR EACH DAY:
Wednesday 11 September 2024.
(Romans 14:21-23)
WHATEVER DOES NOT PROCEED FROM FAITH IS SIN:
- “It is good not to eat meat or drink wine, or do anything that causes your brother to stumble.
- “The faith that you have, keep between yourself and God. Blessed is the one who has no reason to pass judgement on himself for what he approves.
- “But whoever has doubts is condemned if he eats, because the eating is not from faith. For whatever does not proceed from FAITH is sin.
(Romans 15:1-7)
- “We who are strong have an obligation to bear with the failings of the weak, and not to please ourselves.
- “Let each of us please his neighbor for his good, to build him up.
- “For Christ did not please Himself, but as it is written: ‘+The reproaches of those who reproached You, fell on Me.’+
- “For Whatever was written in former days, was written for our instruction, that through endurance, and through the encouragement of the Scriptures we might have HOPE.
- “May the God of endurance and encouragement grant you to live in such harmony with one another, in accord with Christ Jesus,
- “that together you may with one voice glorify the God and Father of our Lord JESUS CHRIST.
- “Therefore welcome one another as Christ Has welcomed you, for the GRORY of God.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)
