

“GREET MARY WHO HAS WORKED HARD FOR YOU:”
Sondag 15 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 16:1-11)
“GROET MARIA WAT BAIE MOEITE VIR JULLE GEDOEN HET:”
- “Ek beveel ons suster Febe by julle aan, wat ‘n dienaar is in die Gemeente in Kenchreë.
- “Ontvang haar soos dit mense wat in die Here glo betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my, tot steun.
- “Groete vir Priscilla en Akwila, my medewerkers in Christus Jesus, wat hulle lewe vir my gewaag het.
- “Dit is nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die Gemeentes onder die Heiden-nasies.
- “Groete ook aan die Gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaar kom. My groete ook aan my liewe vriend Epenetus, die eerste bekeerling vir Christus in die provinsie Asië,
- “en aan Maria, wat baie moeite vir julle gedoen het.
- “Gee my groete ook aan Andronikus en Junias, my volksgenote wat saam met my in die gevangenis was; hulle is hoog aangeskrewe by die apostels, en het voor my al Christene geword.
- “En dan stuur ek ook groete aan Ampliatus, my liewe vriend in die Here,
- “vir Urbanus, my medewerker in Christus, en vir my liewe vriend Stagis;
- “ook vir Apelles – hy het gewys wat in hom steek as gelowige – en die huis van Aristobulus;
- “vir Herodion, my volksgenoot, en vir dié uit die huis van Narsissus, wat tot die geloof gekom het.”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 15 September 2024.
(Romans 16:1-11)
“GREET MARY WHO HAS WORKED HARD FOR YOU:”
- I commend to you our sister Phoebe, a servant of the Church at Cenchreae,
- “that you welcome her in the Lord, in a way worthy of the saints, and help her in whatever she may need from you, for she has been a patron of many, and of myself as well.
- “Greet Prisca and Aquila, my fellow workers in Christ Jesus,
- “who risked their necks for my life, to whom I not only give thanks, but also the Churches of the Gentiles give thanks as well.
- “Greet also the Church in their house. Greet my beloved Epaenetus, who was the first convert to Christ in Asia.
- “Greet Mary, who has worked hard for you.
- Greet Andronicus and Junia, my kinsmen and my fellow prisoners. They are well known to the apostles, and they were in Christ before me.
- “Greet Ampliatus, my beloved in the Lord.
- “Greet Urbanus, our fellow worker in Christ, and my beloved Stachys.
- “Greet Appelles, who is approved in Christ. Greet those who belong to the family of Aristobulus.
- “Greet my kinsman Herodion. Greet those in the Lord who belong to the family of Narcissus.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)




“MAY THE GOD OF PEACE BE WITH YOU ALL:”
Saterdag 14 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 15:26-33)
GOD WAT VREDE GEE, SAL BY JULLE ALMAL WEES:
- “Die gemeentes in Masedonië en Agaje het dit naamlik goed gedink om iets by te dra vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.
- “Hulle het self so besluit, en hulle is dit buitendien ook verskuldig, want as die gelowiges uit die Jode hulle Geestelike rykdom met die Heiden-nasies gedeel het, is die gelowiges uit die Heidene dit aan die gelowiges uit die Jode verskuldig om hulle met stoflike hulp by te staan.
- “As ek daarmee klaar is, en die volle bedrag wat ingesamel is, veilig aan hulle besorg het, sal ek by julle langs na Spanje toe reis.
- “Ek weet dat as ek na julle toe kom, dit met die volle seën van Christus sal wees.
- “Ek versoek julle dan dringend broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid,
- “dat God my veilig sal hou tussen al die ongelowiges in Judea, en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar sal wees vir die gelowiges daar.
- “En as dit die Wil van God is sal ek vol blydskap na julle toe kom om ‘n tydjie by julle te rus.
- “God wat vrede gee, sal by julle almal wees! Amen.”
PEARL FOR EACH DAY:
Saturday 14 September 2024.
(Romans 15:26-33)
MAY THE GOD OF PEACE BE WITH YOU ALL:
- “For Macedonia and Achaia have been pleased to make some contribution for the poor among the saints in Jerusalem.
- “For they were pleased to do it, and indeed they owe it to them, for if the Gentiles have come to share in their Spiritual blessings, they ought also to be of service to them in material blessings.
- “When I therefore completed this, and have delivered to them what has been collected, I will leave to Spain by way of you.
- “I know that when I come to you, I will come in the fullness of the blessing of Christ.
- “I appeal to you brothers, by our Lord Jesus Christ, and the love of the Spirit, to strive together with me in your prayers to God on my behalf,
- “that I may be delivered from the unbelievers in Judea and that my service for Jerusalem, may be acceptable to the saints,
- “so that by God’s Will I may come to you with joy, and be refreshed in your company.
- “May the God of peace be with you all. Amen. “
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

