


“THE GRACE OF OUR LORD JESUS CHRIST BE WITH YOU:”
Dinsdag 17 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 16:20-27)
“DIE GENADE VAN ONS JESUS IS BY JULLE:”
- “God wat vrede gee sal die satan spoedig onder julle voete verpletter. Die Genade van ons Jesus is by julle!
- “My medewerker Timótheüs stuur vir julle groete, en so ook Lucius,Jason en Sosipater, my volksgenote.
- “Ek Tertius, wat die brief neergeskryf het, stuur as ‘n medegelowige ook my groete.
- “Gaius, my gasheer en ook gasheer van die hele Gemeente hier, stuur ook groete.
- “En dan ook nog groete van Erastus die stadstesourier, en van broer Kwartus.
- “God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus, wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly,
- “maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die Profete en in opdrag van die Ewige God, is dit aan die nasies bekend gemaak, sodat hulle in God kan glo, en aan Hom gehoorsaam kan wees.
- “Aan Hom, die Enigste en Alwyse God, behoort die Heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.”
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 17 September 2024.
(Romans 16:20-27)
“THE GRACE OF OUR LORD JESUS CHRIST BE WITH YOU:”
- “The God of Peace Will soon crush satan under your feet. The Grace of our Lord Jesus Christ be with you.
- “Timothy my fellow worker greets you; so do Lucius and Jason and Sosipater, my kinsmen.
- “Tertius, who wrote this letter, greet you in the Lord.
- “Gaius, who is host to me, and to the whole Church, greets you.
- “Erastus, the city treasurer, and our brother Quartus, greet you.
- “Now to Him Who is able to strengthen you according to my gospel and the preaching of Jesus Christ, according to the revelation of the mystery that was kept secret for long ages,
- but has now been disclosed and through the prophetic writings has been made known to all nations, according to the command of the eternal God, to bring about the obedience of faith –
- “to the only wise God, be Glory forevermore through Jesus Christ! Amen.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“YOUR OBEDIENCE IS KNOWN TO ALL:”
Maandag 16 September 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 16:12-19)
“ALMAL HET GEHOOR VAN JULLE GEHOORSAAMHEID:”
- “Groete verder ook aan Trifena en Trifosa, ywerige werksters vir die Here, en aan my liewe Persis, wat al baie vir die Here gedoen het.
- “Dra ook my groete oor aan Rufus, die voortreflike werker in diens van die Here, en aan sy moeder, wat ook altyd vir my ‘n ma was.
- “En dan ook nog groete aan Asinkritus, Flegon, Hermes, Patrobas, Hermas, en al die broers daar by hulle,
- “Ook aan Filologus en Julias, Nereus en sy suster en Olimpas, en al die ander gelowiges daar by hulle.
- “Soen mekaar met ‘n soen van Christelike broederskap. Al die Gemeentes van Christus stuur vir julle groete.
- “Ek druk dit julle op die hart broers: Pas op vir diegene wat verdeeldheid veroorsaak, en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af.
- “Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal, mislei hulle die liggelowige mense.
- “Almal het gehoor van julle gehoorsaamheid aan die Evangelie. Ek is baie bly oor julle, en ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie, en niks wil weet van die slegte nie.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 16 September 2024.
(Romans 16:12-19)
“YOUR OBEDIENCE IS KNOWN TO ALL:”
- “Greet those workers in the Lord, Tryohaena and Tryphosa. Greet the beloved Persis, who has worked hard in the Lord.
- “Greet Rufus, chosen in the Lord; also his mother, who has been a mother to me as well.
- “Greet Asyncritus, Phlegon, Hermes, Patrobas, Hermas, and the brothers who are with them.
- “Greet Philologus, Julia, Nereus and his sister, and Olympas, and all the saints who are with them.
- “Greet one another with a holy kiss. All the Churches of Christ greet you.
- “I appeal to you brothers, to watch out for those who cause divisions and create obstacles contrary to the doctrine that you have been taught; avoid them.
- “For such persons do not serve our Lord Christ, but their own appetites, and by smooth talk and flattery they deceive the hearts of the naive.
- “For your obedience is known to all, so that I rejoice over you, but I want you to be wise as to what is good and innocent, as to what is evil.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)



