THE SPIRIT SEARCHES EVERYTHING, EVEN THE DEPTH OF GOD:

Sondag 22 September 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 2:1-10) 

DIE GEES DEURSOEK DIE DIEPSTE GEHEIMENISSE VAN GOD:

  1. “Wat my betref broers, toe ek na julle toe gekom het, om die  geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 
  2. “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie, as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. 
  3. “Bewus van my swakheid en met groot angs en huiwering het ek na julle toe gekom. 
  4. “Die boodskap wat ek verkondig het, het julle oortuig, en nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die Kragtige werking van die Gees. 
  5. “Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die KRAG van God. 
  6. “Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan ook ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is, of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. 
  7. “Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was, en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het, tot ons ewige heerlikheid. 
  8. “Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie, as hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. 
  9. “Maar soos dit geskrywe staan: ‘+Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.’+
  10. “Aan ons dan, het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Sunday 22 September 2024. 

(1 Corinthians 2:1-10) 

THE SPIRIT SEARCHES EVERYTHING, EVEN THE DEPTH OF GOD: 

  1. “And I, when I came to you brothers, did not come proclaiming to you the testimony of God with lofty speech and wisdom. 
  2. “For I decided to know nothing among you except Jesus Christ, and Him crucified. 
  3. “And I was with you in weakness and in fear and in much trembling, 
  4. “and my speech and my message were not in plausible words of wisdom, but in demonstration of the Spirit and of Power, 
  5. “so that your faith might not rest in the wisdom of men, but in the POWER of God. 
  6. “Yet among the mature, we do impart wisdom, although it is not a wisdom of this age or of the rulers of this age, who are doomed to pass away. 
  7. “But we impart a secret and hidden wisdom of God, which God decreed before the ages, for our glory. 
  8. “None of the rulers of this age understood this, for if they had, they would not have crucified the Lord of GLORY. 
  9. “But as it is written: ‘+What no eye has seen, nor ear heard, nor the heart of man imagined, what God Has prepared for those who love Him.’+
  10. “These things God Has revealed to us through the Spirit. For the Spirit searches everything, even the depths of God.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

LET THE ONE WHO BOASTS, BOAST IN THE LORD:

Saterdag 21 September 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 1:26-31)

DIE WAT WIL ROEM, MOET IN DIE HERE ROEM: 

  1. “Dink maar net broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. 
  2. “En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, 
  3. “en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. 
  4. “Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. 
  5. “Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword, die Wysheid wat van God kom: die VRYSPRAAK, die HEILIGING en die VERLOSSING. 
  6. “Daarom, soos daar geskrywe staan: ‘+Die wat wil roem, moet in die Here roem.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 21 September 2024. 

(1 Corinthians 1:26-31)

LET THE ONE WHO BOASTS, BOAST IN THE LORD: 

  1. “For consider your calling brothers: Not many of you were wise according to worldly standards, not many were powerful, not many were of noble birth. 
  2. “But God chose what is foolish in the world, to shame the wise; God chose what is weak in the world, to shame the strong; 
  3. “God chose what is low and despised in the world, even things that are not, to bring to nothing things that are, 
  4. “so that no human being might boast in the presence of God. 
  5. “And because of Him, you are in Christ Jesus, Who became to us wisdom from God, RIGHTEOUSNESS and SANCTIFICATION and REDEMPTION, 
  6. “so that, as it is written: ‘+Let the one who boasts, boast in the Lord.’*

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)