“GLORIFY THE LORD IN YOUR BODY:”

Saterdag 5 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 6:11-20)

VERHEERLIK GOD IN JULLE LIGGAME: 

  1. “En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus, en deur die Gees van God. 
  2. “Daar is mense wat sê: ‘Alles is my geoorloof.’ Ja, maar nie alles is heilsaam nie. ‘Alles is my geoorloof,’ sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie. 
  3. “Hulle sê ook: ‘Kos is vir die maag, en die maag vir kos.’ Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. ‘n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is. 
  4. “God het deur Sy KRAG die Here uit die dood opgewek, en so sal Hy ons ook opwek. 
  5. “Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou ‘n deel van Christus neem, en dit ‘n deel van ‘n ontugtige vrou maak?
  6. “Of weet julle nie dat iemand wat met ‘n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: ‘+Die twee sal een word.’+
  7. “ Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom. 
  8. “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ‘n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. 
  9. “Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 
  10. “julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 5 October 2024. 

(1 Corinthians 6:11-20)

GLORIFY GOD IN YOUR BODY:

  1. “And such were some of you. But you were washed, you were sanctified, you were justified in the Name of the Lord Jesus Christ, and by the Spirit of our God.  
  2. “‘All things are lawful for me,’ but not all things are helpful. ‘All things are lawful for me,’ but I will not be dominated by anything. 
  3. “‘Food is made for the stomach, and the stomach for food,’ – and God Will destroy both one and the other. The body is not meant for sexual immorality, but for the Lord, and the Lord for the body. 
  4. “And God raised the Lord, and will also raise us up by His POWER. 
  5. “Do you not know that your bodies are members of Christ? Shall I then take the members of Christ, and make them members of a prostitute? Never!
  6. “Or do you not know that he who is joined to a prostitute, becomes one body with her? For it is written: ‘+The two will become one flesh.’+
  7. “But he who is joined to the Lord, becomes one spirit with Him. 
  8. “Flee from sexual immorality. Every sin a person commits is outside the body, but the sexually immoral person sins against his own body. 
  9. “Or do you not know that your body is a temple of the Holy Spirit within you, Whom you have from God? You are not your own,
  10. “for you were bought with a price. So glorify God in your body.”

“DO YOU NOT KNOW THAT WE ARE TO JUDGE ANGELS?:”

Vrydag 4 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 6:1-10) 

“WEET JULLE NIE DAT ONS OOR ENGELE SAL OORDEEL NIE?”

  1. “Gaan iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie?
  2. “Of weet julle nie dat gelowiges die wêreld gaan oordeel nie? En as julle oor die wêreld sal oordeel, is julle  dan onbevoeg vir sulke geringe hofsake?
  3. “Weet julle nie dat ons oor engele sal oordeel nie?
  4. “As julle oor alledaagse dinge geskille het, laat julle dan hierdie mense as regters optree, op wie die Gemeente neersien?
  5. “Ek sê dit om julle skaam te maak. Is daar dan nie ‘n enkele verstandige mens onder julle wat ‘n saak tussen gelowiges kan besleg nie?
  6. “Maar gaan een gelowige nou met die ander hof toe, en dit voor ongelowige regters? 
  7. “Eintlik is julle saak al klaar verlore, omdat julle hofsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle, julle nie liewer te kort doen nie?
  8. “In plaas daarvan pleeg julle onreg en doen ander te kort, en dit doen julle aan mede-gelowiges. 
  9. “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry van die Koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: Geen onsedelikes of afgods-dienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen, 
  10. “of diewe of geld-gieriges, of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die Koninkryk van God nie.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Friday 4 October 2024. 

(1 Corinthians 6:1-10) 

“DO YOU NOT KNOW THAT WE ARE TO JUDGE ANGELS?:”

  1. “When one of you has a grievance against another, does he dare to go to Law before the unrighteous, in stead of the saints? 
  2. “Or do you not know that the saints will judge the world? And if the world is to be judged by you, are you incompetent to try trivial cases? 
  3. “Do you not know that we are to judge angels? How much more then, matters pertaining to this life? 
  4. “So if you have such cases, why do you lay them before those who have no standing in the Church? 
  5. “I say this to your shame. Can it be that there is no one among you, wise enough to settle a dispute between the brothers, 
  6. “but brother goes to Law against brother, and that before unbelievers?
  7. “To have lawsuits at all with one another, is already a defeat for you. Why not rather suffer wrong? Why not rather be defrauded?!
  8. “But you yourselves wrong and defraud – even your own brothers!
  9. “Or do you not know that the unrighteous will not inherit the Kingdom of God? Do not be deceived: Neither the sexually immoral, nor idolaters, nor adulterers, nor men who practice homosexuality, 
  10. “nor thieves, nor the greedy, nor drunkards, nor revilers, nor swindlers will inherit the Kingdom of God.”

CHRIST OUR PASSOVER LAMB HAS BEEN SACRIFED:

Donderdag 3 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 5:6-13) 

CHRISTUS ONS PAASLAM IS AL GESLAG: 

  1. “Julle self-verheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie?
  2. “Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons Paaslam is immers geslag: Dit is Christus. 
  3. “Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid. 
  4. “In die vorige brief het ek aan julle geskryf om nie met mense om te gaan wat in onsedelikheid leef nie. 
  5. “Daarmee het ek gladnie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgods-dienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee. 
  6. “Wat ek geskryf het, was dst julle nie moes omgaan met iemand wat homself ‘n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of ‘n afgode-dienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. 
  7. “Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die Gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: 
  8. “Verwyder die slegte mens onder julle uit!”

PEARL FOR EACH DAY: 

Thursday 3 October 2024. 

(1 Corinthians (5:6-13)

CHRIST OUR PASSOVER LAMB HAS BEEN SACRIFICED: 

  1. “Your boasting is not good. Do you not know that a little leaven, leavens the whole lump? 
  2. “Cleanse out the old leaven, that you may be a new lump, as you really are unleavened. For Christ our Passover Lamb, Has been sacrificed. 
  3. “Let us therefore celebrate the festival – not with the old leaven, the leaven of malice and evil, but with the unleavened bread of sincerity and truth. 
  4. “I wrote to you in my letter not to associate with sexually immoral people – 
  5. “not at all meaning the sexually immoral of this world, or the greedy and swindlers, or idolaters, since then you would need to go out of the world. 
  6. “But now I am writing to you not to associate with anyone who bears the name of brother, if he is guilty of sexual immorality or greed, or is an idolater, reviler, drunkard or swindler – not even to eat with such a person.
  7. “For what have I to do with judging outsiders? Is it not those inside the Church whom you are to judge? 
  8. “God judges those outside. Purge the evil person from among you!”

THE KINGDOM OF GOD CONSIST IN POWER:

Woensdag 2 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 4:20-21)

DIE KONINKRYK VAN GOD IS ‘N SAAK VAN KRAG: 

  1. “Die Koninkryk van God is immers nie ‘n saak van praatjies nie, maar van KRAG. 
  2. “Wat verkies julle? Moet ek met ‘n slaan-ding na julle toe kom, of in liefde en ‘n gees van vriendelikheid? 

(1 Korinthiers 5:1-5) 

  1. “‘n Mens hoor werklik van onsedelikheid onder julle, en dan nogal onsedelikheid van so ‘n aard, as wat selfs onder die heidene nie voorkom nie, naamlik dat ‘n man en sy stiefma as man en vrou saamleef. 
  2. “En dan verbeel julle, julle nog dat julle beter is as ander. Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring verwyder het. 
  3. “Wat my betref, al was ek nie persoonlik by julle nie, was ek tog in die gees daar – 
  4. “Asof ek werklik daar was, het ek oor die man wat so iets gedoen het, reeds in die Naam van ons Here Jesus tot ‘n besluit gekom – Julle daar, en ek in die gees teenwoordig, saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die satan oor te gee. 
  5. “So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die Dag wanneer die Here kom.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Wednesday 2 October 2024. 

(1 Corinthians 4:20-21)

THE KINGDOM OF GOD CONSIST IN POWER:

  1. “For the Kingdom of God does not consist in talk, but in POWER. 
  2. “What do you wish? Shall I come to you with a rod, or in a spirit of gentleness?

(1 Corinthians 5:1-5)

  1. “It is actually reported that there is sexual immorality among you, and of a kind that is not tolerated even among pagans, for a man and his stepmother, living together as husband and wife. 
  2. “And you are arrogant! Ought you not rather to mourn? Let him who has done this be removed from among you. 
  3. “For though absent in body, I am present in spirit; and as present, I have already pronounced judgement on the one who did such a thing. 
  4. “When you are assembled in the Name of the Lord Jesus – and my spirit is present, with the Power of the Lord Jesus – 
  5. “you are to deliver this man to satan for the destruction of the flesh, so that his spirit may be saved in the Day of the Lord.”

“I WILL COME TO YOU SOON, IF THE LORD WILLS:

Dinsdag 1 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 4:11-19)

“EK SAL BINNEKORT NA JULLE TOE KOM AS DIE HERE WIL: 

  1. “Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, ons is armoedig aangetrek en word mishandel. Ons swerf rond, 
  2. “ons werk met ons eie hande. Ons word uitgeskel en ons antwoord met seënwense; ons word vervolg en ons verdra dit;
  3. “ons word beledig maar ons bly vriendelik. Ons het die uitvaagsels van die wêreld, die skuim van die samelewing geword, en  dit is nou nog so. 
  4. “Hierdie dinge skryf ek nie om julle skaam te maak nie, maar om julle as my geliefde kinders tereg te wys, 
  5. “want al sou julle ook duisende leermeesters in Christus hê, baie vaders het julle nie. Deur die verkondiging van die evangelie is ek in Christus Jesus julle vader. 
  6. “Daarom spoor ek julle aan: Volg my voorbeeld!
  7. “Om hierdie rede het ek Timótheüs, my geliefde en getroue seun in die Here, na julle toe gestuur. Hy sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus, waarin ek ook oral in elke Gemeente onderrig gee. 
  8. “Party van julle het gedink ek kom nie weer na julle toe nie, en het hulle begin aanmatig   
  9. Maar binnekort sal ek na julle toe kom, as die Here wil, en dan sal ek self die verwaandes leer ken, nie volgens hulle praatjies nie, maar volgens wat hulle kan doen.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Tuesday 1 October 2024. 

(1 Corinthians 4:11-19)

“I WILL COME TO YOU SOON IF THE LORD WILLS:”

  1. “To the present hour we hunger and thirst, we are poorly dressed and buffeted and homeless,
  2. “and we labour, working with our own hands. When reviled, we bless; when persecuted, we endure;
  3. “when slandered, we entreat. We have become and are still, like the scum of the world, the refuse of all things. 
  4. “I do not write these things to make you ashamed, but to admonish you as my beloved children. 
  5. “For though you have countless guides in Christ, you do not have many fathers. For I became your father in Christ Jesus through the Gospel. 
  6. “I urge you then, be imitators of me. 
  7. “That is why I sent you Timothy, my beloved and faithful child in the Lord, to remind you of my ways in Christ, as I teach them everywhere in every Church. 
  8. “Some are arrogant, as though I were not coming to you.
  9. “But I will come to you soon if the Lord wills, and I will find out not to talk of these arrogant people but their power.”