
SECURE YOUR UNDIVIDED DEVOTION TO THE LORD:
Woensdag 9 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 7:29-36)
“GEE ONVERDEELDE TOEWYDING AAN DIE HERE:”
- “Ek bedoel dit broers, die tyd is min. Van nou af moet dié wat getroud is leef asof hulle nie getroud is nie;
- “en dié wat bedroef is, asof hulle nie bedroef is nie; en dié wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en dié wat iets aankoop, asof hulle dit nie besit nie.
- “Ja, dié wat met die dinge van die wêreld te doen het, moet leef asof hulle daar niks aan het nie, want hierdie wêreld, soos ons hom ken, is aan die verbygaan.
- “Ek wil hê julle moet vry wees van sorge. Die ongetroude man gee aandag aan die dinge van die Here, aan hoe hy die Here kan behaag.
- “Die getroude man gee aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe hy sy vrou kan behaag,
- “en sy aandag is verdeel. Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag.
- “Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe, en in onverdeelde toewyding aan die Here.
- “As iemand meen dat hy teenoor sy verloofde onbehoorlik handel deur nie te trou nie, en sy begeertes te sterk word, en hy voel dat hulle behoort te trou, laat hom doen wat hy graag wil, laat hulle gerus trou. Dit is nie verkeerd nie.”
PEARL FOR EACH DAY:
Wednesday 9 October 2024.
(1 Corinthians 7:29-36)
“SECURE YOUR UNDIVIDED DEVOTION TO THE LORD:”
- “This is what I mean brothers, the appointed time has grown very short. From now on, let those who have wifes, live as though they have none,
- “and those who mourn, as though they were not mourning, and those who rejoice, as though they were not rejoicing, and those who buy, as though they have no goods,
- “and those who deal with the world, as though they have no dealings with it. For the present time of this world is passing away.
- “I want you to be free from anxieties. The unmarried man is anxious about the things of the Lord, how to please the Lord.
- “But the married man is anxious about worldly things, how to please his wife,
- “and his interests are divided. And the unmarried or betrothed woman is anxious about the things of the Lord, how to please the Lord, how to be holy in body and spirit. But the married woman is anxious about worldly things, how to please her husband.
- “I say this for your own benefit, not to lay any restraint upon you, but to promote good order and to secure your undivided devotion to the Lord.
- “If anyone thinks that he is not behaving properly toward his betrothed, if his passions are strong, and it has to be, let him do as he wishes. Let them marry – it is no sin.”


“YOU WERE BOUGHT WITH A PRICE:”
Dinsdag 8 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 7:20-28)
“JY IS VRYGEKOOP EN DIE PRYS IS BETAAL:”
- “In die samelewing moet elkeen bly in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het.
- “As jy ‘n slaaf was toe God jou geroep het, moet jy jou nie daaroor kwel nie. Maar as jy die kans kry om vry te word, maak gerus daarvan gebruik.
- “‘n Slaaf wat deur die Here geroep is, is immers ‘n vrygemaakte van die Here. Net so ook is ‘n vry man wat deur die Here geroep is, nou ‘n slaaf van Christus.
- “Julle is vrygekoop en die prys is betaal; moet dan nie slawe van mense wees nie.
- “Broers, elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het.
- “Wat die ongetroudes betref, het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my eie mening as iemand wat deur die GENADE van die Here, betroubaar is.
- “Ek meen dat, met die oog op die swaarkry van die eindtyd, dit vir ‘n mens goed is om te bly soos hy is: As jy getroud is, moenie skei nie; as jy ongetroud is, moenie ‘n vrou soek nie.
- “Maar as jy tog trou, doen jy nie verkeerd nie. En as jy ‘n jongmeisie trou, doen sy nie verkeerd nie.
- “Maar sulke mense sal swaarkry in hierdie lewe, en ek wil hulle dit spaar.”
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 8 October 2024.
(1 Corinthians 7:20-28)
“YOU WERE BOUGHT WITH A PRICE:”
- “Each one should remain in the condition in which he was called.
- “Were you a bondservant when you were called? Do not be concerned about it. (But if you can gain your freedom, avail yourself of the opportunity.)
- “For he who was called in the Lord as a bondservant, is a freedman of the Lord. Likewise he who was free when called, is a bondservant of Christ.
- “You were bought with a price; do not become bondservants of men.
- “So brothers, in whatever condition each was called, there let him remain with God.
- “Now concerning the betrothed, I have no command from the Lord, but I give my judgement as one who by the Lord’s mercy is trustworthy.
- “I think that in view of the present distress, it is good for a person to remain as he is.
- “Are you bound to a wife? Do not seek to be free. Are you free from a wife? Do not seek a wife.
- “But if you do marry, you have not sinned, and if a betrothed woman marries, she has not sinned. Yet those who marry will have worldly troubles, and I would spare you that.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)
“GOD HAS CALLED YOU TO PEACE:”
Maandag 7 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiers 7:12-19)
“GOD HET JULLE GEROEP OM IN VREDE TE LEWE:
- “Vir die ander sê ek: -ek, nie die Here nie : As ‘n gelowige man met ‘n ongelowige vrou getroud is, en sy gewillig is om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie.
- “En as ‘n vrou met ‘n ongelowige man getroud is, en hy gewillig is om by haar te bly, moet sy nie van die man skei nie.
- “Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou, en die ongelowige vrou is by God aanneemlik deur die band met die gelowige man. Anders sou hulle kinders heidene wees, maar nou behoort hulle aan God.
- “As die ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie gebind nie. God het julle geroep om in vrede te lewe.
- “Jy vrou, weet immers nie of jy jou man sal red nie. Of jy man, hoe weet jy of jy jou vrou sal red?
- “Verder moet elkeen in die omstandighede bly wat die Here vir hom gegee het. So skryf ek dit ook aan al die Gemeentes voor.
- “As iemand reeds besny was toe God hom geroep het, moet hy die teken van sy besnydenis nie ongedaan probeer maak nie. As iemand ‘n onbesnedene was toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie.
- “Dit kom nie daarop aan of iemand besny is of nie, maar wel of hy die gebooie van God onderhou.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 7 October 2024.
(1 Corinthians 7:12-19)
“GOD HAS CALLED YOU TO PEACE:”
- “To the rest I say: (I, not the Lord) that if a brother has a wife who is an unbeliever, and she consents to live with him, he should not divorce her.
- “If any woman has a husband who is an unbeliever, and he consents to live with her, she should not divorce him.
- “For the unbelieving husband is made holy because of his wife, and the unbelieving wife is made holy because of her husband. Otherwise your children would be unclean, but as it it is, they are holy.
- “But if the unbelieving partner separates, let it be so. In such cases the brother or sister is not enslaved. God Has called you to peace.
- “For how do you know wife, whether you will save your husband? Or how do you know husband, whether you will save your wife?
- “Only let each person lead the life that the Lord Has assigned to him, and to which God Has called him. This is my rule in all the Churches.
- “Was anyone at the time if his call already circumcised? Let him not seek to remove the marks of circumcision. Was anyone at the time if his call uncircumcised? Let him not seek circumcision.
- “For neither circumcision counts for anything, nor uncircumcision, but keeping the commandments of God.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)



EVERY MAN SHOULD HAVE HIS OWN WIFE:
Sondag 6 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 7:1-11)
ELKE MAN BEHOORT SY EIE VROU TE HÊ:
- “Ek kom nou by die dinge waaroor julle aan my geskryf het. Dit is goed vir ‘n man om sonder ‘n vrou te lewe,
- “maar weens die gevare van onsedelikheid, behoort elke man sy eie vrou te hê, en elke vrou haar eie man.
- “Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man.
- “Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
- “Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming, en net vir ‘n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.
- “Dit sê ek as ‘n tegemoet-koming, nie as ‘n bevel nie.
- “Eintlik wens ek dat alle mense kon wees soos ek is. Maar elkeen het van God sy besondere gawe ontvang, die een dit, en die ander iets anders.
- “Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir julle goed om ongetroud te bly soos ek.
- “Maar as julle nie in onthouding kan leef nie, moet julle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.
- “Die getroudes beveel ek – nee nie ek nie, maar die Here, – dat ‘n vrou nie van haar man mag skei nie.
- “As sy tog skei, moet sy daarna ongetroud bly, of haar met haar man versoen. Net so mag ‘n man ook nie van sy vrou skei nie.”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 6 October 2024.
(1 Corinthians 7:1-11)
EACH MAN SHOULD HAVE HIS OWN WIFE:
- “Now concerning the matters about which you wrote: It is good for a man not to have sexual relations with a woman.
- “But because of the temptation to sexual immorality, each man should have his own wife, and each woman her own husband.
- “The husband should give to his wife her conjugal rights, and likewise the wife to her husband.
- “For the wife does not have authority over her own body, but the husband does. Likewise the husband does not have authority over his own body, but the wife does.
- “Do not deprive one another, except perhaps by agreement for a limited time, that you may devote yourselves to prayer; but then, come together again, so that satan may not tempt you because of your lack of self-control.
- “ Now as a concession, not a command, I say this:
- “I wish that all were as I myself am. But each has his own gift from God, one from one kind, and one of another.
- “To the unmarried and the widows I say that it is good for them to remain single as I am.
- “But if they cannot exercise self-control, they should marry. For it is better to marry, than to burn with passion.
- “To the married I give this charge: (not I but the Lord): the wife should not separate from her husband,
- (but if she does, she should remain unmarried, or else be reconciled with her husband), and the husband should not divorce his wife.”