

“TO THE WEAK I BECAME WEAK SO THAT I MIGHT WIN THE WEAK:”
Maandag 14 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 9:17-24)
“VIR DIE SWAKKES HET EK SWAK GEWORD, SODAT EK SWAKKES KAN WEN:”
- “As ek dit uit eie keuse doen, kan ek op loon aanspraak maak, maar ek doen dit nie uit eie keuse nie: Dit is ‘n taak wat aan my toevertrou is.
- “Wat is my loon dan? Dit is dat ek as prediker die Evangelie kosteloos verkondig, en só afstand doen van my reg wat aan die verkondiging van die Evangelie verbonde is.
- “Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.
- “Vir die Jode het ek soos ‘n Jood geword om Jode te wen. Hoewel ekself nie meer onder die Wet is nie, het ek vir dié wat onder die Wet staan, onder die Wet gestel, om hulle te wen.
- “Hoewel ek nie sonder die Wet van God is nie, maar onder die Wet van Christus, het ek vir dié wat sonder die Wet is, geword soos een sonder die Wet om hulle te wen.
- “Vir die swakkes het ek swak geword om die swakkes te wen. Vir almal het ek alles geword, om in elk geval sommige te red.
- “Dit alles doen ek ter wille van die Evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.
- “Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só, dat julle die prys kan wen.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 14 October 2024.
(1 Corinthians 9:17-24)
“TO THE WEAK I BECAME WEAK, SO THAT I MIGHT WIN THE WEAK:”
- “For if I do this of my own Will, I have a reward, but if not of my own will, I am still entrusted with a stewardship.
- “What then is my reward? That in my preaching I may present the Gospel free of charge, so as to make full use of my right in the Gospel.
- “For though I am free from all, I have made myself a servant to all, that I might win more of them.
- “To the Jews I became a Jew, in order to win Jews. To those under the Law, I became as one under the Law – though being myself under the Law – that I might win those under the Law.
- “To those outside the Law I became as one outside the Law – not being under the Law of God, but under the Law of Christ – that I might win those outside the Law.
- “To the weak I became weak, that I might win the weak. I have become all things to all people, that by all means I might save some.
- “I do it all for the sake of the Gospel, that I may share with them in its blessings.
- “Do you know that in a race all the runners run, but only one receives the prize? So run, that you may obtain it.”


YOU SHALL NOT MUZZLE AN OX WHILE IT TREADS OUT THE GRAIN:
Sondag 13 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 9:8-16)
JY MAG NIE ‘N BEES WAARMEE JY GRAAN DORS SE BEK TOEBIND NIE:
- “Wat ek sê, is nie maar net alledaagse waarhede nie. Sê die Wet dit nie ook nie?
- “In die Wet van Moses staan daar tog geskrywe: ‘+Jy mag nie ‘n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.’+ Is dit miskien oor die beeste dat Hy Hom bekommer?
- “Of sê Hy dit juis ter wille van òns? Ja, ter wille van ons is dit geskrywe. ‘+Hy wat ploeg, moet met verwagting ploeg, en hy wat dors, moet dit doen met die verwagting om sy deel te ontvang.’+
- “As ons vir julle die geestelike saad gesaai het, is dit dan te veel gevra, as ons van julle die stoflike lewens-onderhoud sou inoes?
- “As julle aan ander hierdie reg toestaan, kom dit ons dan nie nog meer toe nie? Maar van hierdie reg het ons nie gebruik gemaak nie. Inteendeel, ons dra al die koste self, sodat ons geen hindernis in die weg van die Evangelie van Christus sou lê nie.
- “Weet julle nie dat dié wat tempeldiens verrig, uit die tempel lewe, en dat dié wat die altaar bedien, uit die offers hulle deel ontvang nie?
- “So het die Here ook bepaal dat dié wat die Evangelie verkondig, hulle lewens-onderhoud uit die verkondiging van die Evangelie moet ontvang.
- “Wat my betref, ek het hiervan geen gebruik gemaak nie. Ek skryf dit ook nie met die bedoeling om daarop aanspraak te maak nie. Ek gaan liewer dood! Hierdie roem sal niemand my ontneem nie!
- “As ek die Evangelie verkondig, is dit nie vir my ‘n rede om te roem nie. Ek verkondig die Evangelie omdat ek móét! En wee my as ek dit nie doen nie!”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 13 October 2024.
(1 Corinthians 9:8-16)
YOU SHALL NOT MUZZLE AN OX WHILE IT TREADS OUT THE GRAIN:
- “Do I say these things on human authority? Does not the Law say the same?
- “For it is written in the Law of Moses: ‘+You shall not muzzle an ox when it treads out the grain.’+ Is it for oxen that God is concerned?
- “Does He not certainly speak for our sake? It was written: For our sake, because: ‘+The plowman should plow in hope, and the thresher thresh in hope of sharing the crop.’+
- “If we have sown spiritual things among you, is it too much to reap material things from you?
- “If others share this rightful claim on you, do not we even more? Nevertheless, we have not made use of this right, but we endure anything, rather than put an obstacle in the way of the Gospel of Christ.
- “Do you know that those who are employed in the temple service, get their food from the temple, and those who serve at the altar share in the sacrificial offerings?
- “In the same way the Lord commanded that those who proclaim the Gospel, should get their living by the Gospel.
- “But I have made no use of any of these rights, nor am I writing these things to secure any such provision. For I would rather die than have anyone deprive me of my ground for boasting.
- “For if I preach the Gospel, that gives me no ground for boasting. For necessity is laid upon me. Woe to me if I do not preach the Gospel.”



WHO PLANTS A VINEYARD WITHOUT EATING SOME OF ITS FRUIT:
Saterdag 12 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 8:12-13)
WIE PLANT ‘N WINGERD EN EET NIE VAN SY VRUGTE NIE?
- “Deur so teen die broers te sondig, en ‘n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus.
- “Daarom, as ek deur wat ek eet, my broers laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: Ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.”
(1 Korinthiërs 9:1-7)
- “Is ek nie vry nie? Is ek nie ‘n apostel nie? Het ek nie vir Jesus ons Here, gesien nie? Is julle wat aan die Here behoort nie die vrug van my werk nie?
- “Al is ek vir ander nie ‘n apostel nie, vir julle is ek dit tog immers. Julle wat aan die Here behoort, is die seël op my apostelskap.
- “My verdediging teen dié wat regter oor my speel is dit:
- “Het ons dan nie reg op lewens-onderhoud nie?
- “Het ons nie selfs die reg om elkeen sy vrou wat ‘n gelowige is, op reis saam te neem, soos ook die ander apostels, en die Here se broers en Sefas nie?
- “Of is dit net ek en Barnabas wat nie die reg het om op te hou met die hande-arbeid vir ons eie onderhoud nie?
- “Wie dien ooit op eie koste as soldaat? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas vee op, en geniet nie van hulle melk nie?”
PEARL FOR EACH DAY:
Saturday 12 October 2024.
(1 Corinthians 8:12-13)
WHO PLANTS A VINEYARD WITHOUT EATING SOME OF ITS FRUIT:
- “Thus, sinning against your brothers and wounding their conscience when it is weak, you sin against Christ.
- “Therefore, if food makes my brother stumble, I will never eat meat, lest I make my brother stumble.”
(1 Corinthians 9:1-7)
- “Am I not free? Am I not an apostle? Have I not seen Jesus our Lord? Are not you my workmanship in the Lord?
- “If to others I am not an apostle, at least I am to you, for you are the seal of my apostleship in the Lord.
- “This is my defense to those who would examine me.
- “Do we not have the right to eat and drink?
- “Do we not have the right to take along a believing wife, as do the the other apostles, and the brothers of the Lord and Cephas?
- “Or is it only Barnabas and I, who have no right to refrain from working for a living?
- “Who serves as a soldier at his own expense? Who plants a vineyard without eating any of its fruit? Or, who tends a flock, without getting some of the milk?”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)