Vrydag 18 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 10:23-33)
DOEN ALLES TOT EER VAN GOD:
- “Daar is mense wat sê: ‘Alles is geoorloof.’ Ja, maar nie alles is heilsaam nie. ‘Alles is geoorloof,’ sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie.
- “‘n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.
- “Alles wat in ‘n slaghuis verkoop word, kan julle eet, sonder om ter wille van julle gewete navraag te doen,
- “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.
- “As ‘n ongelowige julle uitnooi en julle besluit om te gaan, kan julle alles eet wat vir julle voortgesit word, sonder om ter wille van die gewete navraag te doen.
- “Maar as iemand vir julle sê: ‘Die vleis is ‘n afgodsoffer,’ moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit gesê het, en ter wille van die gewete.
- “Ek bedoel nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man. ‘Waarom?’ Sou jy vra: ‘Moet my vryheid beperk word deur ‘n ander man se gewete?
- “‘As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaadgepraat oor iets waarvoor ek God dank?’
- “Of julle eet en of julle drink, of wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God.
- “Moet nie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die Gemeente van God nie.
- “Maak soos ek: Ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie, maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word.”
PEARL FOR EACH DAY:
Friday 18 October 2024.
(1 Corinthians 10:23-33)
DO ALL TO THE GLORY OF GOD:
- “All things are Lawful,” but not all things are helpful. “All things are lawful,” but not all things build up.
- “Let no one seek his own good, but the good of his neighbour.
- “Eat whatever is sold in the meat market, without raising any questions, on the ground of conscience.
- “For the earth is the Lord’s and the fullness thereof.
- “If one of the unbelievers invites you to dinner and you are disposed to go, eat whatever is laid before you, without raising any questions on the ground of conscience.
- “But if someone says to you: ‘This has been offered in sacrifice, then do not eat it, for the sake of the one who informed you, and for the sake of conscience.
- “I do not mean your conscience, but his. For why should my liberty be determined by someone else’s conscience?
- “If I partake with thankfulness, why am I denounced because of that for which I give thanks?
- “So whether you eat or drink, or whatever you do, do all to the Glory of God.
- “Give no offense to Jews or Greeks or to the Church of God.
- “Just as I try to please everyone in everything I do, not seeking my own advantage, but that of many, that they may be saved.”





