
“IF ANYONE IS HUNGRY, LET HIM EAT AT HOME:”
Dinsdag 22 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 11:28-33)
“AS IEMAND HONGER IS, LAAT HOM BY DIE HUIS EET:”
- “Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink,
- “want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur ‘n oordeel oor homself.
- “Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle.
- “As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie.
- “Maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig, sodat ons nie deur die wêreld geoordeel sal word nie.
- “Daarom my broers, as julle saamkom om die Nagmaal te vier, wag vir mekaar.
- “As een van julle honger is, moet hy liewer by die huis eet, sodat julle nie ‘n oordeel oor julleself bring as julle bymekaar kom nie.
- “Die ander sake sal ek reël wanneer ek daar kom.”
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 22 October 2024.
(1 Corinthians 11:28-33)
“IF ANYONE IS HUNGRY, LET HIM EAT AT HOME:”
- “Let a person examine himself then, and so eat of the bread and drink of the cup.
- “For anyone who eats and drinks without discerning the body, eats and drinks judgement on himself.
- “That is why many of you are weak and ill, and some have died.
- “But if we judge ourselves truly, we would not be judged.
- “But when we are judged by the Lord, we are disciplined, so that we may not be condemned along with the world.
- “So then brothers, when you come together to eat, wait for one another –
- “If anyone is hungry, let him eat at home – so that when you come together, it will not be for judgement. About the other things I will give directions when I come.”


ONE GOES HUNGRY, ANOTHER GETS DRUNK:
Maandag 21 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 11:20-27)
“PARTY BLY HONGER EN PARTY DRINK TE VEEL:”
- “Wanneer julle dan as Gemeente saamkom, is dit nie meer die Nagmaal van die Here wat julle vier nie,
- “want by die gemeenskaplike maaltyd eet elkeen gou sy eetgoed, met die gevolg dat party honger bly en party te veel drink.
- “Het julle dan nie huise waar julle kan eet en drink nie? Of het julle nie eerbied vir die Gemeente van God nie, en wil julle die armes verneder? Wat moet ek vir julle sê? Moet ek julle prys? Hiervoor prys ek julle beslis nie!
- “Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem,
- “en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: ‘+Dit is My liggaam: Dit is vir julle. Gebruik dit tot My gedagtenis.’+
- “Net so ook het Hy nà die maaltyd die beker geneem en gesê: ‘+Hierdie beker is die Nuwe Verbond, wat deur My bloed verseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot My Gedagtenis.’+
- “Elke keer as julle van hierdie brood eet, en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here, totdat Hy kom.
- “Elkeen wat op ‘n ongepaste wyse van die brood eet en uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 21 October 2024.
(1 Corinthians 11:20-27)
“ONE GOES HUNGRY, ANOTHER GETS DRUNK:”
- “When you come together, it is not the Lord’s Supper that you eat.
- “For in eating, each one goes ahead with his own meal. One goes hungry, another gets drunk.
- “What! Do you not have houses to eat and drink in? Or do you despise the Church of God, and humiliate those who have nothing? What shall I say to you? Shall I commend you in this? No, I will not!
- “For I received from the Lord what I also delivered to you, that the Lord Jesus on the night when He was betrayed, took bread,
- “and when He had given thanks, He broke it and said: ‘+This is My body which is for you. Do this in remembrance of Me.’+
- “In the same way also He took the cup after supper, saying: ‘+This cup is the new covenant in My blood. Do this as often as you drink it, in remembrance of Me.’+
- “For as often as you eat this bread and drink this cup, you proclaim the Lord’s death until He comes.
- “Whoever therefore eats the bread or drinks this cup of the Lord in an unworthy manner, will be guilty concerning the body and blood of the Lord.”

ALL THINGS ARE FROM GOD:
Sondag 20 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 11:11-19)
ALLES IS UIT GOD:
- “Tog het die Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie,
- “want soos die vrou uit die man geneem is, so kom die man deur die vrou in die wêreld, maar alles is uit God.
- “Oordeel julle nou maar self: Is dit betaamlik vir ‘n vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid?
- “Die algemene opvatting is tog dat dit vir ‘n man nie eerbaar is om lang hare te dra nie,
- “maar dat dit vir ‘n vrou wel eerbaar is. Lang hare is immers vir haar gegee as bedekking.
- “Ons het in die erediens nie ‘n ander gewoonte nie, en die ander Gemeentes van God ook nie. Dit sê ek vir iemand wat hieroor wil stry.
- “Noudat ek besig is om voorskrifte te gee – daar is dinge wat ek nie prysenswaardig vind nie. Dit is dat julle samekomste eerder kwaad doen as goed.
- “Wat my veral hinder is dat daar soos ek hoor, verdeeldheid onder julle is wanneer julle as Gemeente saamkom, en gedeeltelik glo ek dit ook.
- “Daar moet trouens partyskappe onder julle wees sodat dit bekend kan word wie van julle die toets kan deurstaan.”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 20 October 2024.
(1 Corinthians 11:11-19)
ALL THINGS ARE FROM GOD:
- “Nevertheless, in the Lord woman in not independent of man, nor man of woman,
- “for as woman was made from man, so man is now born of woman. And all things are from God.
- “Judge for yourselves: Is it proper for a wife to pray to God with her head uncovered?
- “Does not nature itself teach you that if a man wears long hair it is a disgrace for him,
- “but if a woman has long hair, it is her glory? For her hair is given to her for a covering.
- “If anyone is inclined to be contentious, we have no such practice, nor do the Churches of God.
- “But in the following instructions I do not commend you, because when you come together, it is not for the better but for the worse.
- “For in the first place, when you come together as a Church, I hear that there are divisions among you. And I believe it in part,
- “for there must be factions among you in order that those who are genuine among you, may be recognized.”

THE HEAD OF EVERY MAN IS CHRIST:
Saterdag 19 Oktober 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(1 Korinthiërs 11:1-10)
CHRISTUS IS DIE HOOF VAN ELKE MAN:
- “Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.
- “Ek vind dit prysenswaardig dat julle in alles aan my bly dink, en vashou aan die oorgelewerde leer, soos ek dit aan julle oorgedra het.
- “Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die Hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die Hoof van Christus.
- “Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen Sy Hoof, Christus, oneer aan.
- “Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, die man oneer aan, want dan is sy soos ‘n vrou wie se hare afgeskeer is.
- “As ‘n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit ‘n skande is vir ‘n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit.
- “‘n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die Beeld en Sieraad van God, maar die vrou is die sieraad van die man.
- “Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man.
- “Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.
- “Daarom behoort die vrou ‘n teken van die man se gesag oor haar, op haar kop te hê, ter wille van die engele.”
PEARL FOR EACH DAY:
Saturday 19 October 2024.
(1 Corinthians 11:1-10)
THE HEAD OF EVERY MAN IS CHRIST:
- “Be imitators of me, as I am of Christ.
- “I commend you, because you remember me in everything, and maintain the traditions, even as I delivered them to you.
- “But I want you to understand that the Head of every man is Christ, the head of a wife is her husband, and the Head of Christ is God.
- “Every man who prays or prophesies with his head covered, dishoners his head,
- “but every wife who prays or prophesies with her head uncovered, dishonours her head, since it is the same as if her head were shaven.
- “For if a wife will not cover her head, then she should cut her hair short. But since it is disgraceful for a wife to cut off her hair, or shave her head, let her cover her head.
- “For a man ought not to cover his head, since he is the Image and Glory of God, but the woman is the glory of man.
- “For the man was not made from woman, but woman from man.
- “Neither was man created for woman but woman for man.
- “That is why a wife ought to have a symbol of authority on her head, because of the angels.”
(Picture credit to Sany Claudhary. I thank you. May God bless you richly.)
