THE ONE WHO PROPHESIES BUILD UP THE CHURCH:

Sondag 27 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 14:1-11) 

DIE EEN WAT PROFETEER BOU DIE GEMEENTE OP: 

  1. “Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die Gawes van die Gees,maar veral daarop om te profeteer. 
  2. “Iemand wat ongewone tale of klanke gebruik, praat nie met mense nie, maar met God. Niemand verstaan hom nie, want deur die Gees sê hy onbegryplike dinge. 
  3. “Iemand wat profeteer, rig hom tot mense, en praat woorde wat geestelik opbou, en bemoedig en vertroos. 
  4. “Die een wat ongewone tale of klanke gebruik, bou net homself op. Maar die een wat profeteer, bou die Gemeente op. 
  5. “Ek sou graag wil hê dat julle ongewone tale of klanke gebruik, maar nog liewer dat julle profeteer. Die een wat profeteer is van groter betekenis as die een wat ongewone tale of klanke gebruik, tensy hy dit ook kan uitlê, sodat die Gemeente daardeur opgebou kan word. 
  6. “En nou broers, as ek na julle toe kom en ongewone tale of klanke gebruik, van watter nut sal ek vir julle wees? Ek sal vir julle net van nut wees as ek ‘n openbaring of kennis of profesie of lering aan julle meedeel.  
  7. “Dit is net soos lewelose instrumente wat ‘n klank afgee, soos ‘n fluit of ‘n siter. As daar nie klank verskille is nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? 
  8. “En as die beuel ‘n onduidelike sein gee, wie sal vir die geveg gereed maak? 
  9. “So is dit ook met julle. As julle ongewone tale of klanke gebruik, en nie ‘n verstaanbare woord praat nie, hoe sal ‘n mens weet wat daar gesê word? Dan praat julle mos in die wind!
  10. “Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en nie een is sonder betekenis nie.
  11. “Maar as ek ‘n taal nie ken nie, sal die een wat dit praat vir my onverstaanbaar wees, en ek vir hom.”

PEARL FOR EACH DAY:

Sunday 27 October 2024. 

(1 Corinthians 14:1-11)

THE ONE WHO PROPHESIES, BUILD UP THE CHURCH:

  1. “Pursue love, and earnestly desire the spiritual gifts, especially that you may prophesy. 
  2. “For one who speaks in tongues, speaks not to men, but to God; for no one understands him, but he utters mysteries in the Spirit. 
  3. “On the other hand, the one who prophesies, speak to people for their upbuilding and encouragement and consolation. 
  4. “The one who speaks in a tongue builds up himself, but the one who prophesies, builds up the  Church. 
  5. “I want you all to speak in tongues, but even more in prophesy. The one who prophesies is greater than the one who speaks in tongues, unless someone interprets, so that the Church may be built up. 
  6. “Now brothers, if I come to you, speaking in tongues, how will I benefit you, unless I bring you some revelation or knowledge or prophecy or teaching? 
  7. “If any lifeless instruments, such as the flute or the harp, do not give distinct notes, how will anyone know what is played? 
  8. “And if the bugle gives an indistinct sound, who will get ready for battle? 
  9. “So with yourselves, if with your tongue you utter speech that is not intelligible, how will anyone know what is said? For you will be speaking into the air. 
  10. “There are doubtless many different languages in the world, and none is without meaning. 
  11. “But if I do not know the meaning of the language, I will be a foreigner to the speaker, and the speaker a foreigner to me.”

LOVE NEVER ENDS:

Saterdag 26 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 13:1-13) 

LIEFDE VERGAAN NOOIT NIE:

  1. “Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die taal van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, en ‘n galmende simbaal geword. 
  2. “Al het ek die gawe van profesie, en ek ken al die geheimenisse, en besit al die kennis, en ek het al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. 
  3. “Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. 
  4. “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 
  5. “Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 
  6. “Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 
  7. “Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 
  8. “Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. 
  9. “Want ons ken maar gedeeltelik, 
  10. “maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.
  11. “Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind. 
  12. “Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken. 
  13. “En nou: Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 26 October 2024. 

(1 Corinthians 13:1-13)

LOVE NEVER ENDS:

  1. “If I speak in tongues of men and of angels, but have not love, I am a noisy gong or a clanging symbol
  2. “And if I have prophetic powers, and understand all mysteries and all knowledge, and if I have faith, so as to remove mountains, but have not love, I am nothing. 
  3. “If I give away all I have, and I deliver up my body to be burned, but I have not love, I gain nothing. 
  4. “Love is patient and kind; love does not envy or boast; it is not arrogant, 
  5. “or rude, it does not insist on its own way; it is not irritable or resentful; 
  6. “it does not rejoice at wrongdoing but rejoices with the truth. 
  7. “Love bears all things, believes all things, endures all things. 
  8. “Love never ends. As for prophecies, they will pass away; as for tongues, they will cease; as for knowledge, it will pass away. 
  9. “For we know in part and we prophesy in part, 
  10. “but when the perfect comes, the partial will pass away.
  11. “When I was a child, I spoke like a child, I thought like a child, I reasoned like a child. When I became a man, I gave up childish ways. 
  12. “For now we see in a mirror dimly, but then face to face. Now I know in part; then I know fully, even as I have been fully known. 
  13. “So now faith, hope and love abide, these three; but the greatest of these is love.”

EARNESTLY DESIRE THE GREATER GIFTS:

Vrydag 25 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 12:20-31)

“LÊ JULLE TOE OP DIE BESTE GENADE-GAWES:”

  1. “Nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. 
  2. “Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek het jou nie nodig nie.’ Die kop kan ook nie vir die voete sê: ‘Ek het jou nie nodig nie.’
  3. “Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, 
  4. “en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak,
  5. “terwyl die aantreklike dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel, dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, 
  6. “sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra.
  7. “As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 
  8. “Julle is die ‘Liggaam van Christus,’ en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan. 
  9. “En in die Kerk is daar mense aan wie God ‘n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genade-gawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik.
  10. “Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen?
  11. “Het almal die genade-gawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke, en kan almal dit uitlê? 
  12. “Lê julle toe op die beste genade-gawes.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Friday 25 October 2024. 

(1 Corinthians 12:20-31) 

“EARNESTLY DESIRE THE GREATER GIFTS:”

  1. “As it is, there are many parts, yet one body. 
  2. “The eye cannot say to the hand: ‘I have no need of you,’ nor again the head to the feet: ‘I have no need of you.’
  3. “On the contrary. The parts of the body that seem to be weaker are indispensable,
  4. “and on those parts of the body that we think less honourable, we bestow the greater honour, and our unpresentable parts are treated with greater modesty, 
  5. “which our more presentable parts do not require. But God Has so composed the body, giving greater honour to the part that lacked it,
  6. “that there may be no division in the body, but that the members may have the same care for one another. 
  7. “If one member suffers, all suffer together; if one member is honoured, all rejoice together. 
  8. “You are the ‘Body of Christ,’ and individually members of it. 
  9. “And God Has appointed in the Church: First apostles, second prophets, third teachers, then those who do miracles, then gifts of healing, helping, administrating, and various kinds of tongues. 
  10. “Are all apostles? Are all prophets? Are all teachers? Do all work miracles? 
  11. “Do all possess gifts of healing? Do all speak with tongues? Do all interpret? 
  12. “But earnestly desire the higher gifts. And I will show you a more excellent way.”

THE BODY DOES NOT CONSIST OF ONE MEMBER, BUT OF MANY:

Donderdag 24 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs12:12-19) 

DIE LIGGAAM BESTAAN NIE NET UIT EEN LID NIE, MAAR UIT BAIE:

  1. “Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die ‘Liggaam van Christus.’
  2. “Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die EEN GEES gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal met die Een Gees deurdrenk. 
  3. “Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. 
  4. “As die voet sou sê: ‘Omdat ek nie ‘n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,’ hou hy om hierdie rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. 
  5. “En as die oor sou sê: ‘Omdat ek nie ‘n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,’ hou hy eweneend nie op om deel van die liggaam te wees nie. 
  6. “As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik, 
  7. “Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg, soos Hy dit wou hê. 
  8. “As almal saam net een lid was, hoe sou daar ‘n liggaam kon wees?”

PEARL FOR EACH DAY: 

Thursday 24 October 2024. 

(1 Corinthians 12:12-19 

THE BODY DOES NOT CONSIST OF ONE MEMBER, BUT IF MANY. 

  1.  “For just as the body is one, and has many members, and all the members of the body, though many, are one body, so it is with Christ. 
  2. “For in One Spirit we were all baptized into one body – Jews or Greeks slaves or free – and, all were made to drink of ONE SPIRIT. 
  3. “For the one body does not consist of one member but of many. 
  4. “If the foot should say: ‘Because I am not a hand, I do not belong to the body,’ that would not make it any less a part of the body. 
  5. “And if the ear should say: ‘Because I am not an eye, I do not belong to the body,’ that would not make it any less a part of the body. 
  6. “If the whole body were an eye, where would be the sense of hearing? If the whole body were an ear, where would be the sense of smell? 
  7. “But as it is, God arranged the members in the body, each one of them, as He chose. 
  8. “If all were a single member, where would the body be?”

THERE ARE VARIETIES OF GIFTS BUT THE SAME SPIRIT:

Woensdag 23 Oktober 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 12:1-11)

DAAR IS ‘N VERSKEIDENHEID VAN GENADEGAWES MAAR DIT IS DIESELFDE GEES;

  1. “Wat die Gawes van die Gees betref broers, wil ek hê dat julle ingelig moet wees. 
  2. “Julle weet dat toe julle nog heidene was, julle blindelings na die stom afgode meegevoer is. 
  3. “Daarom wil ek hê dat julle moet weet dat iemand wat sê: ‘Vervloek is Jesus,’ nie deur die Gees van God praat nie; en niemand kan sê ‘Jesus is die Here,’ behalwe deur die Heilige Gees nie. 
  4. “Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee;
  5. “daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee;
  6. “daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dít is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. 
  7. “Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee, tot voordeel van almal. 
  8. “Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat, aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees, 
  9. “aan die een geloof, deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die Één Gees 
  10. “Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan die ander die gawe om te profeteer, en aan nog ‘n ander die gawe om tussen geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik, en aan ‘n ander om dit uit te lê. 
  11. “Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Wednesday 23 October 2024. 

(1 Corinthians 12:1-11)

THERE ARE VARIETIES OF GIFTS, BUT THE SAME SPIRIT: 

  1. “Now concerning spiritual gifts brothers, I do not want you to be uninformed. 
  2. “You know that when you were pagans, you were led away to mute idols, however you were led. 
  3. “Therefore I want you to understand that no one speaking in the Spirit of God, ever says: ‘Jesus is accursed,’ and no one can say: ‘Jesus is Lord‘ except in the Holy Spirit. 
  4. “There are varieties of gifts, but the same Spirit;
  5. “and there are varieties of service, but the same Lord;
  6. “and there are varieties of activities, but it is the same God Who empowers them all in everone. 
  7. “To each is given the manifestation of the Spirit for the common good. 
  8. “For to the one is given through the Spirit the utterance of wisdom, and to another the utterance of knowledge, according to the same Spirit,
  9. “to another faith by the same Spirit, to another gifts of healing by the same Spirit,
  10. “to another the working of miracles, to another prophecy, to another the ability to distinguish between spirits, to another various kinds of tongues, to another the interpretation of tongues. 
  11. “All these are empowered by one and the same Spirit, Who opportions to each one individually, as He Wills.”