THE LAST ADAM BECAME A LIFE-GIVING SPIRIT:

Maandag 4 November 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 15:39-46)

DIE LAASTE ADAM HET ‘N LEWEND-MAKENDE GEES GEWORD:

  1. “Die vleis van lewende wesens is nie alles eenders nie. Daar is verskil tussen die vleis van mense, van diere, van voëls en van visse. 
  2. “Daar is hemel-liggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemel-liggame is anders as dié van die aardse liggame.
  3. “Die glans van die son is anders as dié van die maan, of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander. 
  4. “So is dit ook met die opstanding van die dooies wat gesaai word,  dit is verganklik, en word in onverganklikheid opgewek;
  5. “wat gesaai word is gering, en word in heerlikheid opgewek; wat gesaai word is swak, en word in krag opgewek.  
  6. “‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar ‘n natuurlike liggaam is, is daar ook ‘n geestelike liggaam. 
  7. “So staan daar ook geskrywe: ‘+Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende wese geword.’+ Die laaste Adam het die lewend-makende Gees geword. 
  8. “Die geestelike kom nie eerste nie, maar die natuurlike, en daarna die geestelike.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Monday 4 November 2024. 

(1 Corinthians 15:39-46) 

THE LAST ADAM BECAME A LIFE-GIVING SPIRIT:

  1. “For not all flesh is the same, but there is one kind for humans, another for animals, another for birds, and another for fish 
  2. “There are heavenly bodies and earthly bodies; but the glory of the heavenly is of one kind, and the glory of the earthly is of another. 
  3. “There is one glory of the sun, and another of the moon, and another glory of the stars; for star differs from star in glory. 
  4. “So it is with the resurrection of the dead. What is sown is perishable, what is raised is imperishable. 
  5. “It is sown in dishonour; it is raised in glory. It is sown in weakness, it is raised in power. 
  6. “It is sown a natural body; it is raised a spiritual body. If there is a natural body, there is also a spiritual body. 
  7. “Thus it is written: ‘+The first man Adam became a living being; the last Adam became a Life-Giving Spirit. 
  8. “But it is not the spiritual that is first, but the natural, and then the spiritual.”

SOME HAVE NO KNOWLEDGE OF GOD:

Sondag 3 November 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 15:28-38)

PARTY VAN JULLE IS SONDER KENNIS VAN GOD: 

  1. “Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader, wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees vir alles. 
  2. “En nou, as die dooies glad nie opgewek word nie, wat wil die mense bereik wat hulle vir dooies laat doop? waarom laat hulle, hulle nog vir dooies doop?
  3. “En ons ook, waarom stel ons, ons dan van uur tot uur aan lewensgevaar bloot?
  4. “Elke dag word ek deur die dood bedreig. Ja broers, dit is waar, net so waar as wat julle my trots is, in Christus ons Here. 
  5. “As ek hier in Efese, as bloot sterflike mens soos teen wilde diere geveg het, wat het ek daarmee bereik? As die dooies nie opgewek word nie, laat ons eet en  drink, want môre sterf ons!
  6. “Moet julle nie langer laat mislei nie: Slegte geselskap, bederf goeie sedes. 
  7. “Kom tot besinning en moenie langer sonde doen nie. Party van julle is sonder kennis van God. Dit sê ek tot julle skande. 
  8. “Maar iemand kan vra: ‘Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê?
  9. “Dis ‘n dom vraag! Wat jy saai kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie. 
  10. “En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as ‘n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. 
  11. “Maar God gee gestalte daaraan, soos Hy bepaal het, aan elke saadsoort gee Hy ‘n eie gestalte.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Sunday 3 November 2024. 

(1 Corinthians 15:28-38)

SOME HAVE NO KNOWLEDGE OF GOD:

  1. “When all things are subjected to Him, then the Son Himself Will also be subjected to Him, Who put all things in subjection under Him, that God may be all in all. 
  2. “Otherwise, what do people mean by being baptized on behalf of the dead? If the dead are not raised at all, why are people baptized on their behalf?
  3. “Why are we in danger every hour?
  4. “I protest brothers, by my pride in you, which I have in Christ Jesus our Lord. I die every day!
  5. “What do I gain if, humanly speaking, I fought with beasts at Ephesus? If the dead are not raised, let us eat and drink, for tomorrow we die. 
  6. “Do not be deceived: Bad company ruins good morals. 
  7. “Wake up from your drunken stupor, as is right, and do not go on sinning. For some have no knowledge of God. I say this to your shame. 
  8. “But someone will ask: ‘How are the dead raised? With what kind of body do they come?
  9. “You foolish person! What you sow does not come to life unless it dies. 
  10. “And what you sow, is not the body that is to be, but a bare kernel, perhaps of wheat or of some other grain. 
  11. “But God gives it a body as He Has chosen, and to each kind of seed its own body.”

GOD HAS PUT ALL THINGS IN SUBJECTION UNDER HIS FEET:

Saterdag 2 November 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(1 Korinthiërs 15:20-27) 

GOD HET ALLES AAN HOM ONDERWERP:

  1. “Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as Eersteling uit dié wat gesterf het. 
  2. “Aangesien die dood deur ‘n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ‘n Mens gekom. 
  3. “Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam, sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. 
  4. “Maar daar is ‘n volgorde: die Eersteling is Christus, daarna by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort. 
  5. “Daarna kom die einde, wanneer Hy die Koningskap aan God die Vader oordra, nadat Hy elke mag, elke gesag en krag vernietig het. 
  6. “Hy moet as Koning regeer totdat die Vader al Sy vyande aan Hom onderwerp het. 
  7. “Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 
  8. “Daar staan immers geskrywe: ‘Alles het Hy aan Hom onderwerp.’ Maar as die Skrif sê dat alles aan Christus onderwerp is, is dit duidelik dat die Vader wat alles aan Hom onderwerp het, uitgesonder is.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 2 November 2024. 

(1 Corinthians 15:20-27) 

GOD HAS PUT ALL THINGS IN SUBJECTION UNDER HIS FEET: 

  1. “But in fact Christ Has been risen from the dead, the firstfruits of those who have fallen asleep. 
  2. “For as by a man came death, by a Man Has come also the resurrection of the dead. 
  3. “For as in Adam all die, so also in Christ shall all be made alive. 
  4. “But each in his own order: Christ the firstfruits, then at His coming, those who belong to Christ. 
  5. “Then comes the end, when He delivers the Kingdom to God the Father, after destroying every rule and every authority and power. 
  6. “For He must reign until He Has put all His enemies under His feet. 
  7. “The last enemy to be destroyed, is death. 
  8. “For God Has put all things in subjection under His feet.”