Maandag 18 November 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(2 Korinthiërs 4:11-18)
DIE SIGBARE DINGE IS TYDELIK, MAAR DIE ONSIGBARE EWIG:
- “Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.
- “Dit beteken dat in ons die dood aan die werk is, maar in julle die lewe.
- “Daar staan in die Skrif: ‘+Ek het GEGLO, daarom het ek gepraat.’+ Ons het dieselfde Gees wat die GELOOF wek, en ons GLO, daarom praat ons ook.
- “Ons weet immers dat God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek, en ons saam met julle voor Sy troon sal stel.
- “Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die Genade van God, steeds meer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer.
- “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.
- “Ons swaarkry in hierdie lewe, is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n Heerlikheid wat verreweg oortref en wat ewig bly.
- “Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 18 November 2024.
(2 Corinthians 4:11-18)
THE THINGS THAT ARE SEEN, ARE TRANSIENT, BUT THE THINGS THAT ARE UNSEEN ARE ETERNAL:
- “For we who live are always being given over to death for Jesus’ sake, so that the life of Jesus also may be manifested in our mortal flesh.
- “So, death is at work in us, but life in you.
- “Since we have the same Spirit of FAITH according to what has been written; ‘+I BELIEVED and so I spoke,’+ we also believe and so we also speak,
- “knowing that He Who raised the Lord Jesus Will raise us also with Jesus and bring us with you into His presence.
- “For it is all for your sake, so that, as Grace extends to more and more people, it may increase thanksgiving, to the GLORY of God.
- “So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day.
- “For the light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of GLORY, beyond all comparison,
- “as we look not to the things that are seen, but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen, are eternal.”





