
THE DEVIL DISGUISES HIMSELF AS AN ANGEL OF LIGHT:
Dinsdag 3 Desember 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(2 Korinthiërs 11:12-19)
DIE DUIWEL DOEN HOMSELF VOOR AS ‘N ENGEL VAN DIE LIG:
- “Soos ek nou maak, sal ek voortgaan om te maak. Daarmee sal ek vir dié mense wat ‘n aanleiding soek om te roem dat hulle net sulke apostels soos ons is, elke aanleiding daartoe ontneem.
- “Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is.
- “En geen wonder nie! Die duiwel self doen hom voor as ‘n engel van die lig.
- “Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien!
- “Ek herhaal: Niemand moet dink dat ek ‘n dwaas is nie. Of anders, beskou my as ‘n dwaas, en laat my ook ‘n bietjie grootpraat.
- “Wat ek nou sê kom nie van die Here nie. In hierdie aangeleentheid praat ek werklik soos ‘n dwaas, in die oortuiging dat ek grond het om te roem.
- “Aangesien daar baie is wat op suiwer menslike gronde grootpraat, sal ek ook grootpraat.
- “Julle wat so verstandig is, verdra mos geredelik die dwaas.”
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 3 December 2024.
(2 Corinthians 11:12-19)
THE DEVIL DISGUISES HIMSELF AS AN ANGEL OF LIGHT:
- “What I am doing, I will continue to do, in order to undermine the claim of those who would like to claim that in their boasted mission, they work on the same terms as we do.
- “For such men are false apostles, deceitful workmen, disguising themselves as apostles of Christ.
- “And no wonder, for even the devil disguises himself as an angel of light.
- “So it is no surprise that his servants also, disguise themselves as servants of righteousness. Their end will correspond to their deeds.
- “I repeat, let no one think me foolish. But even as you do, accept me as a fool, so that I too may boast a little.
- “What I am saying with this boastful confidence, I say not as the Lord would, but as a fool.
- “Since many boast according to the flesh, I too will boast.
- “For you gladly bear with fools, being wise yourselves.”


“I HAVE MADE THIS PLAIN TO YOU IN ALL THINGS:”
Maandag 2 Desember 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(2 Korinthiërs 11:1-11)
ONS HET JULLE DIT IN ALLE OPSIGTE LAAT SIEN:
- “Nou wil ek hê julle moet ‘n bietjie dwaasheid van my kant verdra. Ja, verdra my maar!
- “Ek waak oor julle met ‘n ywer wat van God kom, want julle is soos ‘n jongmeisie, wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.
- “Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.
- “Ek sê dit omdat julle só maklik daarmee genoeë neem, as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig, as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander Evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.
- “Ek reken dat ek niks agterstaan by julle danige apostels nie.
- “Al is ons miskien nie sulke gladde sprekers nie, in kennis staan ons nie agter nie. Dit het ons julle tog by elke geleentheid en in alle opsigte laat sien.
- “Sonder vergoeding het ek die Evangelie van God aan julle verkondig. Ek het my verneder sodat julle opgehef kon word. Was dit miskien verkeerd van my?
- “Om julle te bedien het ek van ander gemeentes vergoeding aangeneem en hulle as’t ware so beroof.
- “Toe ek by julle was en geld kortgekom het, het ek niemand lastig geval nie, want die broers wat van Masedonië af gekom het, het ruim in my behoeftes voorsien. Ek het gesorg en sal ook verder sorg dat ek in geen opsig vir julle ‘n las word nie.
- “Hierop is ek trots, en so seker as die waarheid van Christus in my is, sal niemand in die hele Agaje my dit ontneem nie.
- “Waarom nie? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet ek het julle lief.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 2 December 2024.
(2 Corinthians 11:1-11)
“WE HAVE MADE THIS PLAIN TO YOU IN ALL THINGS:”
- “I wish you would bear with me in a little foolishness. Do bear with me!
- “For I feel a divine jealousy for you, since I betrothed you to one husband, to present you as a pure virgin to Christ.
- “But I am afraid that as the serpent deceived Eve by his cunning, your thoughts will be led astray from a sincere and pure devotion to Christ.
- “For if someone comes and proclaims another Jesus than the One we proclaimed, or if you receive a different spirit from the One you received, or if you accept a different Gospel from the One you accepted, you put up with it readily enough.
- “Indeed, I consider that I am not in the least inferior to these super-apostles.
- “Even if I am unskilled in speaking, I am not so in knowledge; indeed in every way we have made this plain to you in all things.
- “Or did I commit a sin in humbling myself so that you might be exalted?Because I preached God’s Gospel to you free of charge?
- “I robbed other Churches by accepting support from them, in order to serve you!
- “And when I was with you, and was in need, I did not burden anyone, for the brothers who came from Macedonia supplied my need. So I refrained, and will refrain from burdening you in any way.
- “As the truth of Christ is in me, this boasting of mine will not be silenced in the regions of Achaia.
- “And why? Because I do not love you? God knows I do!”


LET THE ONE WHO BOASTS, BOAST IN THE LORD:
Sondag 1 Desember 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(2 Korinthiërs 10:11-18)
HY WAT ROEM, MOET IN DIE HERE ROEM:
- Die man wat so praat, moet weet dat daar geen verskil is tussen wat ons in briewe skrywe as ons van julle af weg is, en wat ons doen as ons by julle is nie.
- “Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense, wat so ‘n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: Hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf, en vergelyk hulleself met hulleself.
- “Maar wat ons betref, ons sal met ons roem nie buite die perke gaan nie. Ons bly binne die perke van die werkkring wat God aan ons toegemeet het. Julle val ook binne daardie perke.
- “Dus het ons nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het immers vroeër al tot by julle gekom met die Evangelie van Christus.
- “Deur op julle te roem, gaan ons dus nie die perke te buite nie, want dis nie ander mense se werk waarop ons roem nie. Ons hoop dat julle geloof sal toeneem en dat ons dan onder julle meer sal hê om op te roem, steeds binne die perke van ons werkkring.
- “Dan sal ons die evangelie ook in streke anderkant julle kan verkondig, sonder om te roem op werk wat tot stand gebring is in die werkkring van iemand anders.
- “Maar die Skrif sê: ‘+Hy wat roem moet in die Here roem.’+
- “Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 1 December 2024.
(2 Corinthians 10:11-18)
LET THE ONE WHO BOASTS, BOAST IN THE LORD:
- “Let such a person understand that what we say by letter when absent, we do when present.
- “Not that we dare to classify or compare ourselves with some of those who are commending themselves. But when they measure themselves by one another and compare themselves with one another, they are without understanding.
- “But we will not boast beyond limits, but will boast only with regard to the area of influence God assigned to us, to reach even to you.
- “For we are not overextending ourselves, as though we did not reach you. For we were the first to come all the way to you with the Gospel of Christ.
- “We do not boast beyond limit in the labours of others. But our hope is that as our faith increases, our area of influence among you may be greatly enlarged,
- “so that we may preach the Gospel in lands beyond you, without boasting of work already done in another’s area of influence.
- “Let the one who boasts, boast in the Lord.
- “For it is not the one who commends himself who is approved, but the one whom the Lord commends.”

