BIRTH OF JOHN THE BAPTIST FORETOLD, contd…

Vrydag 13 Desember 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 1:16-25)

GEBOORTE VAN JOHANNES DIE DOPER VOORSPEL, vervolg…

  1. “Johannes sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle God. 
  2. “En hy sal voor die Here uitgaan, in dieselfde gees en Krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring, en so vir die koms van die Here, ‘n volk voor te berei.”
  3. Toe sê Sagaria vir die engel: ‘Waaraan sal ek dit weet? Ek is ‘n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.’
  4. Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël wat in diens van die Here staan. Ek is gestuur om met jou te praat, en hierdie goeie tyding vir jou te bring.
  5. “Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”
  6. Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag, en gewonder hoekom hy so lank in die tempel bly. 
  7. Toe hy uitkom kon hy nie met hulle praat nie. Hulle kom toe agter dat hy in die tempel ‘n gesig gesien het. Hy het net aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly. 
  8. Toe die tyd van sy tempeldiens verby was, het hy huistoe gegaan. 
  9. Na hierdie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword, en haar vyf maande lank afgesonder. Sy het gesê: 
  10. ‘Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.’

PEARL FOR EACH DAY: 

Friday 13 December 2024. 

(Luke 1:16-25)

BIRTH OF JOHN THE BAPTIST FORETOLD, contd..

  1. “And John will turn many of the children of Israel to the Lord their God. 
  2. “and he will go before Him in the spirit and Power of Elijah, to turn the hearts of the fathers to the children, and the disobedient to the wisdom of the just, to make ready for the Lord a people prepared.”
  3. And Zechariah said to the angel: ‘How shall I know this? For I am an old man, and my wife is well advanced in years.’
  4. And the angel answered him: “I am Gabriel. I stand in the presence of God, and I was sent to speak to you and to bring you the good news. 
  5. “And behold, you will be silent and unable to speak until the day that these things take place, because you did not believe my words, which will be fulfilled in their time.” 
  6. And the people were waiting for Zechariah, and they were wondering at his delay in the temple. 
  7. And when he came out, he was unable to speak to them, and they realized he had seen a vision in the temple. And he kept making signs to them, and remained mute. 
  8. And when his time of service was ended, he went back to his home. 
  9. After these days, his wife Elizabeth conceived, and for five months she kept herself hidden, saying: 
  10. ‘Thus the Lord Has done for me, in the days when He looked on me, to take away my reproach among people.’

(Credit to Maryann Price.)

THEY WERE BOTH RIGHTEOUS BEFORE GOD:

Donderdag 12 Desember 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 1:5-15)

HULLE WAS ALBEI GETROU AAN DIE WET VAN GOD:

  1. In die tyd van koning Herodes van Judea, was daar ‘n priester met die naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron afgestam, en haar naam was Elisabet. 
  2. Hulle was albei getrou aan die Wet van God, en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. 
  3. Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd. 
  4. Op ‘n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die priesters-diens voor God te verrig, 
  5. is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die tempel van die Here in te gaan, en die wierook op die altaar te brand. 
  6. Terwyl die wierook-offer gebring is, was die hele volks-menigte buite besig om te bid. 
  7. Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierook-altaar ‘n engel van die Here aan hom. 
  8. Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan, en hy het baie bang geword, 
  9. maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou Elisabet, sal aan jou ‘n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem. 
  10. “Hy sal ‘n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte, 
  11. “want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy gladnie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Thursday 12 December 2024. 

(Luke 1:5-15)

THEY WERE BOTH RIGHTEOUS BEFORE GOD: 

  1. In the days of Herod, king of Judea, there was a priest named Zechariah, of the division of Abijah. And he had a wife from the daughters of Aaron, and her name was Elizabeth,
  2. and they were both righteous before God, walking blamelessly in all the commandments and statutes of the Lord. 
  3. But they had no child, because Elizabeth was barren, and both were advanced in years. 
  4. While he was serving as priest before God, when his division was on duty,
  5. according to the custom of the priesthood, he was chosen by lot to enter the temple of the Lord, and to burn incense. 
  6. And the whole multitude of the people were praying outside at the hour of incense. 
  7. And there appeared to him an angel of the Lord, standing on the right side of the alter of incense. 
  8. And Zechariah was troubled when he saw him, and fear fell upon him. 
  9. But the angel said to him: “Do not be afraid Zechariah, for your prayer has been heard, and your wife Elizabeth will bear you a son, and you shall call his name John. 
  10. “And you will have joy and gladness, and many will rejoice at his birth,
  11. “for he will be great before the Lord, and he must not drink wine or strong drink, and he will be filled with the Holy Spirit, even from his mother’s  womb.”

THE LORD OF HOSTS, HE IS THE KING OF GLORY:

Woensdag 11 Desember 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Psalm 24:6-10) 

DIE HERE, DIE ALMAGTIGE, HY IS DIE MAGTIGE KONING:

  1. Die mense wat na Sy wil vra en Hom dien, is die geslag van Jakob. Sela. 
  2. Verbly julle poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die Magtige Koning wil ingaan!
  3. Wie is hierdie Magtige Koning? Die Here, Sterk en Geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. 
  4. Verbly julle, poorte, wees bly eeue-oue deure, want die Magtige Koning wil ingaan!
  5. Wie is Hy, hierdie Magtige Koning? Die Here, die Almagtige. Hy is die Magtige Koning!

PEARL FOR EACH DAY: 

Wednesday 11 December 2024. 

(Psalm 24:6-10)

THE LORD OF HOSTS, HE IS THE KING OF GLORY: 

  1. Such is the generation of those who seek Him, who seek the face of the God of Jacob. Selah. 
  2. Lift up your heads, O gates! And be lifted up, O ancient doors, that the King of Glory may come in. 
  3. Who is the King of Glory? The Lord, Strong and Mighty, the Lord, Mighty in battle! 
  4. Lift up your heads, O gates! And lift them up, O ancient doors, that the King of Glory may come in!
  5. Who is the King of Glory? The Lord of hosts, He is the King of Glory! Selah. 

PSALM 23/24:

Dinsdag 10 Desember 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Psalm 23:1-6)

  1. Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. 
  2. Hy laat my rus in groen 

weivelde. Hy bring my by waters waar rus en vrede is. 

  1. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my in die spore van geregtigheid, op die regte paaie, tot eer van Sy Naam. 
  2. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig. 
  3. U laat my by ‘n feesmaal aansit, U ontvang my soos ‘n eregas, terwyl my teëstanders moet toekyk. Ek word oorlaai met hartlikheid. 
  4. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly, en ek sal tuis wees in die Huis van die Here tot in lengte van dae, en Hy sal my Sy heil laat sien. 

(Psalm 24:1-5)

(‘n Psalm van Dawid.)

  1. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, 
  2. want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê, en dit stewig gevestig in die waters. 
  3. Wie mag die berg van die Here opgaan, en wie mag in Sy heiligdom gaan staan? 
  4. Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wie alle bedrog vermy, en geen vals eed aflê nie. 
  5. So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy Redder, sal reg aan hom laat geskied. 

PEARL FOR EACH DAY: 

Tuesday 10 December 2024. 

(Psalm 23:1-6)

  1. The Lord is my Shepherd, I shall not want. 
  2. He makes me lie down in green pastures. He leads me beside still waters. 
  3. He restores my soul. He leads me in paths of righteousness, for His Name’s sake. 
  4. Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for You are with me; Your rod and Your staff, they comfort me. 
  5. You prepare a table before me, in the presence of my enemies; You anoint my head with oil; my cup overflows. 
  6. Surely, goodness and mercy shall follow me all the days of my life, and I shall dwell in the house of the Lord forever. 

(Psalm 24:1-5)

  1. The earth is the Lord’s and the fullness thereof, the world and all those who dwell therein, 
  2. for He Has founded it upon the seas, and established it upon the rivers. 
  3. Who shall ascend the hill of the Lord? And who shall stand in His holy place?
  4. He who has clean hands and a pure heart, who does not lift up his soul to what is false, and does not swear deceitfully. 
  5. He will receive blessings from the Lord and righteousness from the God of his salvation.