THEY FOUND MARY AND JOSEPH, AND THE BABY, LYING IN A MANGER:

Donderdag 26 Desember 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 2:8-20) 

HULLE HET MARIA EN JOSEF GEVIND, EN DIE KINDJIE WAT IN ‘N KRIP LÊ:

  1. Daar was skaapwagters  in daardie omgewing wat in die oop veld gebly, en in die nag oor hulle skape waggehou het. 
  2. Meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 
  3. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap, wat vir die hele volk bestem is. 
  4. “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid, ‘n Verlosser gebore, Christus die Here! 
  5. “En dit is vir julle die teken: Julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is, en in ‘n krip lê.”
  6. Skielik was daar saam met die engel, ‘n menigte engele uit die hemel, wat God prys en sê: 
  7. ‘+Eer aan God in die Hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!’+
  8. Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe, om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”
  9. Hulle gaan toe haastig daarheen, en kry Maria en Josef, en die Kindjie wat in die Krip lê. 
  10. Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 
  11. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. 
  12. Maria het alles wat gesê is onthou, en telkens weer daaroor by haarself nagedink. 
  13. Die skaapwagters het toe teruggegaan, terwyl hulle God loof en prys, oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is. 
  14. Agt dae later, toe dit tyd was om die Kindjie te besny, het Hy die Naam Jesus gekry, die Naam wat deur die engel genoem is, nog voordat Hy in die moederskoot ontvang is. 

PEARL FOR EACH DAY: 

Thursday 26 December 2024. 

(Luke 2:8-20) 

THEY FOUND MARY AND JOSEPH, AND THE BABY, LYING IN A MANGER: 

  1. And in the same region, there were shepherds out in the field, keeping watch over their flock by night. 
  2. And an angel of the Lord appeared to them, and the Glory of the Lord shone around them. They were filled with great fear. 
  3. And the angel said to them: “Fear not, for behold, I bring you good news of great joy that will be for all the people. 
  4. “For unto you is born this day in the city of David, a Saviour, Who is Christ, the Lord. 
  5. “And this will be a sign for you: You will find a Baby, wrapped in swaddling cloths, and lying in a manger.”
  6. And suddenly there was with the angel a multitude of heavenly host praising God and saying:
  7. ‘+Glory to God in the Highest, and on earth peace among all those with whom He is pleased!’+
  8. When the angels went away from them into heaven, the shepherds said to one another: “Let us go over to Bethlehem and see this thing that has happened, which the Lord Has made known to us.”
  9. And they went with haste, and found Mary and Joseph, and the Baby, lying in a manger. 
  10. And when they saw it, they made known the saying that had been told them concerning the Child. 
  11. And all who heard it, wondered at what the shepherds told them. 
  12. But Mary treasured up all these things, pondering them in her heart. 
  13. And the shepherds returned, glorifying and praising God for all they had heard and seen, as it had been told them. 
  14. And at the end of eight days, when He was circumcised, He was called Jesus, the Name given by the angel, before He was conceived in the womb. 

Many thanks to Kingsley Kombe, for this beautiful and  relevant prayer that I could use. 

May God bless you richly. 

THE BIRTH OF JESUS CHRIST:

Woensdag 25 Desember 2024.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 2:1-7) 

GEBOORTE VAN JESUS CHRISTUS:

  1. En in daardie dae het daar ‘n bevel uitgegaan van keiser Augustus, dat die hele wêreld ingeskryf moes word. 
  2. Hietdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sirië was. 
  3. En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad. 
  4. En Josef het ook opgegaan van Galilea, uit die stad Nàsaret, na Judea, die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, 
  5. om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. 
  6. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; 
  7. en sy het haar Eersgebore Seun gebaar, en Hom toegedraai in doeke, en Hom in die Krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. 

PEARL FOR EACH DAY: 

Wednesday 25 December 2024. 

(Luke 2:1-7) 

THE BIRTH OF JESUS CHRIST:

  1. In those days a decree went out from Caesar Agustus, that all the world should be registered. 
  2. This was the first registration when Quirinius was governor of Syria. 
  3. And all went to be registered, each to his own town. 
  4. And Joseph also went up from Galilee, from the town of Nazareth, to Judea the city of David, which is called Bethlehem, because he was of the house and lineage of David, 
  5. to be registered with Mary, his betrothed, who was with Child. 
  6. And while they were there, the time came for her to give birth. 
  7. And she gave birth to her Firstborn Son, and wrapped Him in swaddling cloths, and laid Him in a manger because there was no place for them in the inn.