Sondag 14 September 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Handelinge 13:24-33)
GOD HET HOM UIT DIE DOOD OPGEWEK:
Paulus gee verslag aan die mense in die Joodse sinagoge:
- “Voor Jesus se koms, het Johannes die Doper die bekerings-doop aan díe hele volk Israel verkondig.
- “En toe Johannes aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Dink julle miskien ek is die Messias? Nee, ek is nie! Die Messias kom na my. Ek is selfs nie werd om Sy sandale los te maak nie!’
- “Geagte volksgenote, seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het. Aan ons het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur.
- “Die mense in Jerusalem en hulle leiers het die uitsprake van die Profete in vervulling laat gaan, deur Jesus tot die dood te veroordeel. Hulle het Hom nie herken nie, en ook nie besef dat dit Hy is oor Wie die Profete geskryf het nie, alhoewel dit elke Sabbat voorgelees word.
- “Hulle kon geen grond vir die doodsvonnis kry nie, maar nogtans het hulle Pilatus gevra om Hom te laat doodmaak.
- “Nadat hulle alles gedoen het wat oor Sy lyding in die Skrif geskryf staan, het hulle Hom van die kruis afgehaal en in ‘n grafkamer neergelê.
- “Maar God het Hom uit die dood opgewek.
- “Jesus het in die loop van baie dae aan die mense wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het, verskyn. Hierdie mense is nou sy getuies by die volk.
- “En nou verkondig ek en Barnabas hierdie Goeie Nuus aan julle: God het die belofte aan ons voorgeslagte waar laat word.
- “Hy het dit vir ons, hulle nageslag vervul, deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede Psalm oor Jesus geskryf: ‘+Jy is My Seun; Ek het Jou vandag verwek.’+
Sunday 14 September 2025.
PEARL FOR EACH DAY:
(Acts 13:24-33)
GOD RAISED HIM FROM THE DEAD:
Paul give account to the people in the Jewish synagogue.
- “Before the coming of Jesus, John the Baptist had proclaimed a baptism of repentance to all the people of Israel.
- “And as John was finishing his course, he said: ‘What do you suppose that I am? I am not He, the Messiah. No, but behold, after me One is coming, the sandals of Whose feet I am not worthy to untie!
- “Brothers, sons of the family of Abraham, and those among you who fear God, to us has been sent the message of this salvation.
- “For those who live in Jerusalem, and their rulers, because they did not recognize Him, nor understand the utterances of the Prophets, which are read every Sabbath, fulfilled them by condemning Him.
- “And though they found in Him no guilt worthy of death, they asked Pilate to have Him executed.
- “And when they had carried out all that was written of Him, they took Him down from the tree and laid Him in a tomb.
- “But God raised Him from the dead,
- “and for many days, He appeared to those who came up with Him from Galilee to Jerusalem, who are now His witnesses to the people.
- “And we bring you the Good News that what God promised to the fathers,
- “this He Has fulfilled to us, their children by raising Jesus, as also it is written in the second Psalm: ‘+You Are My Son, today I Have begotten You.’+
(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge.
Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)