“WHAT MUST I DO TO BE SAVED?”

Maandag 29 

September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 16:25-39) 

“WAT MOET EK DOEN OM VERLOS TE WORD?:”

  1. Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenis het na hulle geluister. 
  2. Skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg, en al díe gevangenis se kettings het losgekom!
  3. Díe tronkbewaarder het wakker geword en die tronkdeure wawyd oop sien staan. Hy het aanvaar díe gevangenes het ontsnap, en sy swaard uitgetrek om homself dood te maak. 
  4. Maar Paulus het met ‘n harde stem uitgeroep: “Moenie jouself leed aandoen nie! Ons is nog almal hier!”
  5. Die bewaarder het toe ‘n lig gevra, en die sel ingestorm. Hy het begin bewe en voor Paulus en Silas neergeval. 
  6. Hy het hulle toe buitentoe gevat en gevra: ‘Menere wat moet ek doen om verlos te word?’
  7. Hulle het hom geantwoord: “Glo in die Here Jesus en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”

Monday 29 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 16:25-39)

“WHAT MUST I DO TO BE SAVED?”

  1. About midnight Paul and Silas were praying and singing hymns to God. The prisoners were listening to them. 
  2. And suddenly there was a great earthquake, so that the foundations of the prison were shaken. Immediately all the doors were opened, and everyone’s bonds were unfastened. 
  3. When the jailer woke and saw that the prison doors were open, he drew his sword and was about to kill himself, supposing that the prisoners had escaped. 
  4. But Paul cried with a loud voice: “Do not harm yourself! We are all here!”
  5. The jailer called for lights and rushed in. And trembling with fear he fell down before Paul and Silas. 
  6. Then he brought them out and said: ‘Sirs, what must I do to be saved?’
  7. And they said: “Believe in the Lord Jesus and you will be saved, you and your household.”
  8. And they spoke the Word of the Lord to him, and to all who are in his house. 
  9. And he took them the same hour of the night, and washed their wounds. He was baptized at once, he and all his family. 
  10. Then he brought them up into his house, and set food before them. And he rejoiced along with his entire household that he had now believed in God. 
  11. But when it was day, the magistrates sent the police, saying: ‘Let those men go.’
  12. And the jailer reported these words to Paul, saying: ‘The magistrates have sent to let you go. Therefore come out now and go in peace.’
  13. But Paul said to them: “They have beaten us publicly, uncondemned Roman citizens, and have thrown us into prison. And do they now throw us out secretly? No, let they come themselves and take us out!”
  14. The police reported these words to the magistrates, and they were afraid when they heard that they were Roman citizens. 
  15. So they came and apologized to them. And they took them out, and asked them to leave the city.

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om 

my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

LYDIA WAS A WORSHIPER OF GOD:

Vrydag 26, Saterdag 27 en Sondag 28 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 16:11-24)

LIDIA HET GOD AANBID:

  1. Ons het toe van Troas af weggevaar en reguit koers gehou na die eiland Samotrake, en is die volgende dag Neapolis toe. 
  2. Daarvandaan is ons Filippi toe, die hoofstad van daardie deel van Masedonië, self ook ‘n Romeinse kolonie. In hierdie stad het ons ‘n tydjie gebly. 
  3. Op díe Sabbatdag is ons na die rivier buite die stadspoort, waar ons gereken het daar ‘n Joodse bidplek sou wees. Ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaar was. 
  4. Een van díe vroue wat geluister het, was ‘n vrou met die naam Lidia – iemand wat reeds die ware God vereer het. Sy was ‘n handelaar van pers wol-materiaal, en was van die stad Tiatira afkomstig. Die Here het haar hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap. 
  5. Sy en die ander lede van haar huishouding is toe gedoop. Daarna het sy ons oorgenooi en gesê: ‘Aangesien julle daarvan oortuig is dat ek in die Here glo, kom bly dan by my oor.’ En sy het aangehou tot ons ingestem het. 
  6. Terwyl ons eendag op pad was na die bidplek, het ‘n slavin met ‘n waarsêers-gees ons raakgeloop. Deur haar waarsêery het sy vir haar eienaars baie geld ingebring. 
  7. Sy het agter Paulus en ons aangeloop en aanhoudend geskreeu: ‘Hierdie mense is diensknegte van God die Allerhoogste! Hulle verkondig aan julle die pad na verlossing!’
  8. Sy het dit vir baie dae gedoen, totdat Paulus dit nie langer kon hou nie. Hy het omgedraai en vir die gees gesê: “Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus: ‘Gaan uit haar uit!’” Die gees het oombliklik uit haar uitgegaan. 
  9. Toe die eienaars sien dat hulle vooruitsig om geld te maak verdwyn het, het hulle vir Paulus en Silas gegryp en hulle na die leiers op die stadsplein gesleep. 
  10. Hulle het hulle voor díe  stadsbestuur gebring en gesê: Hierdie mense maak moeilikheid in ons stad; hulle is Jode. 
  11. Hulle leer vir ons gebruike wat ons, omdat ons Romeine is, nie kan aanvaar of navolg nie.’
  12. Die skare het toe ook teen hulle saamgestaan. Die stadsowerhede het hulle klere van hulle laat afskeur, en beveel dat hulle met stokke geslaan word. 
  13. Hulle het baie ħoue gekry, en is toe in die tronk gegooi. Die tronkbewaarder het opdrag gekry om seker te maak dat hulle níe ontsnap nie. 
  14. In reaksie op hierdie bevel, het die tronkbewaarder hulle in die binneste sel gegooi, en hulle voete in houtblokke vasgeklem. 

Friday 26, Saturday 27 and Sunday 28 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 16:11-24)

LYDIA WAS A WORSHIPER OF GOD: 

  1. So setting sail from Troas, we made a direct voyage to Samothrace, and the following day to Neapolis, 
  2. and from there to Philippi which is the leading city of the district of Macedonia. A Roman colony. We remained in this city some days. 
  3. And on the Sabbath day we went outside the gate to the riverside, where we supposed there was a place of prayer. We sat down and spoke to the women who had come together. 
  4. One who heard us was a woman named Lydia, from the city of Thyatira, a seller of purple goods. She was a worshipper of God. The Lord opened her heart to pay attention to what was said by Paul. 
  5. And after she was baptized, and her household as well, she urged us, saying: ‘If you judged me to be faithful to the Lord, come to my house and stay.’ And she prevailed upon us. 
  6. As we were going to the place of prayer, we were met by a slave girl who had a spirit of divination. She brought her owners much gain by fortune telling. 
  7. She followed Paul and us, crying out: ‘These men are servants of the Most High God, who proclaim to you the way of salvation.’
  8. And this she kept doing for many days. Paul, having become greatly annoyed, turned and said to the spirit: “I command you in the Name of Jesus Christ to come out of her!” And it came out that very hour. 
  9. But when her owners saw that their hope of gain was gone, they seized Paul and Silas and dragged them into the market place, before the rulers. 
  10. And when they had brought them to the magistrates, they said: ‘These men are Jews, and they are disturbing our city.
  11. ‘They advocate customs that are not lawful for us as Romans to accept or practice.’
  12. The crowd joined in, attacking them, and the magistrates tore the garments off them and gave orders to beat them with rods. 
  13. And when they had inflicted many blows upon them, they threw them into prison, ordering the jailer to keep them safely. 
  14. Having received this order, he put them into the inner prison, and fastened their feet in the stocks. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

“COME OVER TO MACEDONIA AND HELP US:”

Donderdag 25 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 16:6-10) 

“KOM OOR NA MASEDONIË EN HELP ONS:”

  1. Hulle het daarna na die streke van Frigië en Galasië gereis, omdat hulle deur die Heilige Gees verhinder is om die Woord op daardie stadium in die provinsie Asië te verkondig. 
  2. Toe hulle naby Misië kom, het hulle Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. 
  3. Hulle het toe deur Misië gereis na Troas toe. 
  4. Daar het Paulus in die nag ‘n visioen gehad. Hy het ‘n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: “Kom oor na Masedonië toe en help ons!”
  5. Nadat Paulus die visioen gehad het, het ons onmiddelik Masedonië toe vertrek, omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die Evangelie daar te verkondig. 

Thursday 25 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 16:6-10)

“COME OVER TO MACEDONIA AND HELP US:”

  1. And they went through the region of Phrygia and Galatia having been forbidden by the Holy Spirit to speak the Word in Asia at that time. 
  2. And when they had come to Mysia. They attempted to go into Bithynia, but the Spirit of Jesus did not allow them. 
  3. So passing by Mysia, they went down to Troas. 
  4. And a vision appeared to Paul in the night: A man of Macedonia was standing there, urging him and saying: ‘Come over to Macedonia and help us!’
  5. And when Paul had seen the vision, immediately we sought to go into Macedonia, concluding that God Had called us to preach the Gospel to them. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

THEY ALL KNEW HIS FATHER WAS A GREEK:

Woensdag 24 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 15:36-41) 

HULLE ALMAL HET GEWEET DAT SY VADER ‘N GRIEK WAS:

  1. Na ‘n paar dae sê Paulus vir Barnabas: Kom ons gaan terug na al die stede waar ons die Woord van die Here verkondig het, en kyk hoe gaan dit met ons mede-gelowiges. 
  2. Barnabas wou vir Johannes Markus saamneem. 
  3. Paulus het egter gedink dis nie reg om die man saam te vat wat hulle in Pamfilië in die steek gelaat het, en nie aan hulle verdere bediening deel gehad het nie. 
  4. Daar het toe kwade gevoelens tussen hulle ontstaan, en hulle het elkeen sy eie koers gegaan. Barnabas  het vir Johannes Markus gevat, en Siprus toe gevaar. 
  5. Paulus het Silas gekies en het vertrek nadat by deur die gelowiges aan die liefdevolle goedheid van die Here toevertrou is. 
  6. Hy het deur Sirië en Silisië gereis, en die Gemeentes daar, versterk. 

(Handelinge 16:1-5) 

  1. Paulus het na Derbe gegaan en toe na Listra. Daar het hulle Timoteus ontmoet,  ‘n gelowige. En sy pa was ‘n Griek. 
  2. Daar was van die kant van die gelowiges in Listra en Ikonium, goeie getuienis oor Timoteus. 
  3. Paulus wou hom by sy vertrek saamneem. Met díe oog op die Jode in daardie gebied, het hy Timoteus besny.  Almal het immers geweet dat sy pa ‘n Griek was. 
  4. Soos hulle die stede deurreis het, het hulle die besluite wat deur  die apostels en ouderlinge in Jerusalem geneem is, aan die gelowiges oorgedra, om daarvolgens te leef. 
  5. So is die Gemeentes in hulle geloof versterk. En die getal gelowiges het by die dag meer geword. 

Wednesday 24 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 15:36-41) 

THEY ALL KNEW HIS FATHER WAS A GREEK: 

  1. After some days Paul said to Barnabas: “Let us return and visit the brothers in every city where we proclaimed the Word of the Lord, and see how they are.”
  2. Barnabas wanted to take with them John Mark. 
  3. But Paul thought best not to take one who had withdrawn from them in Pamphylia and had not gone with them to the work. 
  4. And there arose a sharp disagreement, so that they separated from each other. Barnabas took John Mark with him and sailed away to Cyprus. 
  5. But Paul chose Silas and departed, having been commended by the brothers to the grace of the Lord. 
  6. And he went through Syria and Cilicia, strengthening the Churches. 

(Acts 16:1-5)

  1. Paul came also to Derbe and Lystra. A disciple was there, named Timothy, the son of a Jewish woman who was a believer. But his father was a Greek. 
  2. He was well spoken of by the brothers at Lystra and Iconium. 
  3. Paul wanted Timothy to accompany him, and he took him and circumcised him, because of the Jews who were in those places, for they all knew that his father was a Greek. 
  4. As they went on their way through the cities, they delivered to them for observance the decisions that have been reached by the apostles and elders who were in Jerusalem. 
  5. So the Churches were strengthened in the faith, and they increased in numbers daily. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

THEY DELIVERED THE LETTER:

Maandag 22 en Dinsdag 23 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 15:22-35) 

HULLE HET DIE BRIEF OORHANDIG:

  1. Daarna het die apostels en die ouderlinge, saam met die hele Gemeente in Jerusalem besluit om ‘n afvaardiging uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië in Sirië te stuur. Hulle het twee leiersfigure onder die gelowiges gekies: Vir Judas met die noemnaam Barsabbas, en Silas. 
  2. Die  vergadering het die volgende brief self geskryf: ‘Hierdie brief kom van die apostels en die ouderlinge, julle broers in Jerusalem. En is geskryf aan die gelowiges uit die nie-Joodse volke in Antiogië, Sirië en Silisië. Groete! 
  3. ‘Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het, wat julle gemoedere ontstel het met standpunte waarvoor ons hulle nie ‘n mandaat gegee het nie. 
  4. ‘Daarom het ons eenparig besluit om ‘n amptelike afvaardiging na julle toe te stuur. Hulle vergesel ons geliefde Barnabas en Paulus, 
  5. ‘mense wat hulle lewens gewaag het vir die Naam van ons Here Jesus Christus. 
  6. ‘Ons stuur dan nou vir Judas en Silas, om ook self mondeling ons besluit aan julle oor te dra. 
  7. ‘Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê nie. Behalwe die volgende voorskrifte: 
  8. ‘Dat julle, julle moet weerhou van alles wat aan afgode geoffer is, en van bloed, van diere wat verwurg is, en van seksuele sondes. As julle, julle weerhou van hierdie dinge, doen julle goed. Vaarwel!’
  9. So is hulle toe daar weg, op pad na Antiogië toe. Daar het hulle die Gemeente bymekaar laat kom, en die brief oorhandig. 
  10. Die Gemeente het dit gelees en was baie bly oor die bemoediging. 
  11. Judas en Silas, wat self ook Profete was, het lank met hulle mede-gelowiges gepraat en hulle bemoedig, en geestelik versterk. 
  12. Judas en Silas het ‘n tyd daar gebly, 
  13. en toe is hulle met ‘n vredes-boodskap deur die gelowiges terug gestuur na dié wat hulle afgevaardig het. 
  14. Paulus en Barnabas het ‘n tyd lank in Antiogië gebly, en saam met baie ander onderrig gegee, en die Woord van die Here verkondig. 

Monday 22 and Tuesday 23 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 15:22-35)

THEY DELIVERED THE LETTER: 

  1. Then it seemed good to the apostles and the elders, with the whole Church to choose men from among them, and to send them to Antioch with Paul and Barnabas.  They sent Judas called Barsabbas, and Silas, leading men among the brothers, 
  2. with the following letter: “The brothers, both apostles and the elders, to the brothers who are of the Gentiles in Antioch and Syria and Cilicia, greetings. 
  3. “Since we have heard that some persons have gone out from us and troubled you with words, unsettling your minds, although we gave them no instructions – 
  4. “It has seemed good, having come to one accord, to choose men and send them with our beloved Barnabas and Paul, 
  5. “men who have risked their lives for the Name of our Lord Jesus Christ. 
  6. “We have sent therefore Judas and Silas, who themselves will tell you the same things by word of mouth. 
  7. “For it has seemed good to the Holy Spirit and to us, to lay on you no greater burden than these requirements: 
  8. “That you abstain from what has been sacrificed to idols, and from blood, and from what has been strangled, and from sexual immorality. If you keep yourselves from these, you will do well. Farewell.”
  9. So when they were sent off, they went down to Antioch, and having the congregation together, they delivered the letter. 
  10. And when they had read it, they rejoiced because of its encouragement. 
  11. And Judas and Silas, who were themselves Prophets, encouraged and strengthened the brothers with many words. 
  12. And after they had spent some time, 
  13. they were sent off in peace by the brothers to those who had sent them. 
  14. But Paul and Barnabas remained in Antioch, teaching and preaching the Word of the Lord, with many others also. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever mote.)

“GOD MADE NO DISTINCTION BETWEEN US AND THEM:”

Saterdag 20 en Sondag 21 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 15:1-21) 

“GOD HET NIE ONDERSKEID GEMAAK TUSSEN ONS EN HULLE NIE:”

  1. Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges probeer wysmaak: ‘As julle, julle nie laat besny soos Moses dit voorskryf nie, kan julle nie verlos word nie.’ 
  2. Paulus en Barnabas het hulle daarteen verset en in ‘n taamlik ernstige menings-verskil met hulle betrokke geraak. Uiteindelik het hulle besluit dat Paulus en Barnabas en nog ‘n paar ander uit hulle geledere oor hierdie vraagstuk na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan. 
  3. So is hulle deur die Gemeente uitgestuur. Hulle het deur Fenisië en Samaria gereis, en vertel van die bekering van die nie-Jode. Met hierdie nuus het hulle al die gelowiges baie bly gemaak. 
  4. Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die hele Gemeente, insluitende die apostels en die ouderlinge verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle bediening tot stand gebring het. 
  5. Sommige van dié wat gelowig geword het, uit die geledere van die Fariseërs het egter opgestaan en verklaar: ‘Nie-Joodse bekeerlinge moet besny word en die opdrag kry om die Wet van Moses te onderhou.’
  6. Die appstels èn die ouderlinge het bymekaar gekom om mekaar in die oë te kyk oor hierdie vraagstuk. 
  7. Na ‘n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Geagte broers. Julle weet dat God my van die vroeë dae af al uit julle geledere gekies het, om deur my prediking die nie-Jode die Goeie Nuus te laat hoor, en tot geloof te laat kom. 
  8. “En God, wat die harte ken, het bevestig dat die Goeie Nuus ook vir die nie-Jode bedoel is, deur aan hulle die Heilige Gees te gee, net soos aan ons. 
  9. “Hy het dus geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie. Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. 
  10. “Waarom wil julle dan nou beter as God weet, deur op die nek van die nie-Joodse gelowiges ‘n juk te lê, wat ons voorgeslagte nie in staat was om te dra nie, en ons ook nie. 
  11. “Nee! Ons glo dat ons net deur die Genade van die Here Jesus verlos word – en dit geld ook vir daardíe mense.”
  12. Daar was geen verdere bespreking nie en almal het vervolgens gesit en luister toe Barnabas en Paulus vertel watter tekens en wonders God deur hulle onder die nie-Jode gedoen het. 
  13. Toe hulle stilbly, het Jakobus gesê: “Geagte broers, luister na my. 
  14. Simon Petrus het verduidelik hoe dit God self is wat die inisiatief geneem het, deur vir Hom ‘n volk uit die geledere van die nie-Jode te versamel. 
  15. En hiermee stem die woorde van die Profete saam. Daar staan geskrywe: 
  16. ‘+Daarna sal Ek terugkom, en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou. Ek sal sy bouvalle herstel, en dit weer regmaak, 
  17. ‘+sodat ook die ander volke die Here kan soek. Ja, al die nie-Joodse nasies, oor wie Ek My Naam uitgeroep het.’+ So sê die Here wat hierdie dinge 
  18. “lank gelede al bekend gemaak het. 
  19. “Daarom oordeel ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die gelowiges wat hulle uit díe geledere van die nie-Jode tot God bekeer het nie. 
  20. “Ons moet egter vir hulle skryf om weg te bly van dinge wat deur afgode besoedel is, van seksuele sondes, asook van iets wat verwurg is, en van bloed. 
  21. “Julle weet mos: Moses het in elke stad al vir geslagte lank mense wat sy voorskrifte verkondig; elke Sabbatdag word sy boeke in die sinagoges voorgelees.”

Saturday 20 and Sunday 21 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 15:1-21)

“GOD MADE NO DISTINCTION BETWEEN US AND THEM:”

  1. Some men came down from Judea, and teaching the brothers: ‘Unless you are circumcised according to the custom of Moses, you cannot be saved.’
  2. And after Paul and Barnabas had no small dissension and debate with them, Paul and Barnabas and some of the others were appointed to go up to Jerusalem, to the apostles and elders about this question. 
  3. So, being sent on their way by the Church, they passed through both Phoenicia and Samaria, describing in detail the conversion of the Gentiles, and brought great joy to all the brothers. 
  4. When they came to Jerusalem, they were welcomed by the Church and the apostles and the elders, and they declared all that God Had done with them. 
  5. But some believers who belonged to the party of the Pharisees, rose up and said: ‘It is necessary to circumcise the Gentiles, and to order them to keep the Law of Moses.’ 
  6. The apostles and the elders were gathered together to consider this matter. 
  7. And after there had been much debate, Peter stood up and said to them: “Brothers, you know that in the early days, God made a choice among you, that by my mouth the Gentiles should hear the Word of the Gospel and believe. 
  8. “And God, Who knows the heart, bore witness to them, by giving them the Holy Spirit, just as He did to us,
  9. “and He made no distinction between us and them, having cleansed their hearts by faith. 
  10. “Now therefore, why are you putting God to the test, by putting a yoke on the necks of the disciples, that neither our fathers nor we have been able to bear?
  11. “But we believe that we will be saved through the Grace of the Lord Jesus just as they will.”
  12. And all the assembly fell silent, and they listened to Barnabas and Paul, as they related what signs and wonders God Had done through them, among the Gentiles. 
  13. After they finished speaking, James replied: “Brothers listen to me: 
  14. “Simon Peter has related how God first visited the Gentiles, to take from them a people for His Name. 
  15. “And with this the words of the Prophets agree, just as it is written:
  16. ‘+After this I Will return, and I Will rebuild the tent of David that has fallen; I Will rebuild the ruins, and I Will restore it, 
  17. ‘.+that the remnant of mankind may seek the Lord Who makes these things, 
  18. ‘+known from of old.’+
  19. “Therefore my judgement is that we should not trouble those of the Gentiles who turn to God, 
  20. “but should write to them to abstain from the things polluted by idols, and from sexual immorality and from what has been strangled, and from blood. 
  21. “For from ancient generations Moses has had in every city those who proclaim him, for he is read every Sabbath in the synagogues.”

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

“TURN FROM THESE VAIN THINGS TO A LIVING GOD:”

Donderdag 18 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 14:8-18) 

“LOS HIERDIE NIKSWERD DINGE EN WEND JULLE TOT ‘N LEWENDE GOD:”

  1. In Listra was daar ‘n man wat sy voete nie kon gebruik nie. Van sy geboorte af was hy verlam, en hy kon nooit loop nie. 
  2. Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy geloof het, om gesond gemaak te word. 
  3. Toe het hy met ‘n harde stem uitgeroep: “Op jou voete!” Die man het opgespring en begin rondstap. 
  4. Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: ‘Die gode het met mens-liggame na ons toe afgekom.’
  5. Hulle het Barnabas “Zeus” begin noem en Paulus, omdat hy die praatwerk gedoen het, “Hermes.”
  6. Die Zeus-tempel was net buite die stad. Die priester van die tempel het met bulle en blomkranse na die stadspoort gegaan en hy het gereed gemaak om saam met die skare offers aan die apostels te bring.  
  7. Toe die apostels, Barnabas en Paulus daarvan hoor, het hulle, hulle klere geskeur en tussen die skare ingespring en geskreeu:   “Mense, waarom doen julle dit? Ons is mense net soos julle. Ons bring vir julle die Goeie Nuus dat julle hierdie nikswerd, kamtige gode moet laat staan, en julle tot die Lewende God bekeer. 
  8. “Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat in hulle bestaan, gemaak het!
  9. “In vorige geslagte het God die ander nasies toegelaat om hulle eie koers te kies, 
  10. “maar tog het Hy duidelik kennis gegee dat dit Hy is wat hierdie Goeie Dinge gee. Hy het vir julle reën gegee van die hemel af, en oeste op hulle tyd. Hy het julle volop kos gegee, en in julle harte volop vreugde.”
  11. Maar selfs met hierdie woorde kon díe apostels skaars keer dat die mense offers aan hulle bring. 

Thursday 18 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 14:8-18)

“TURN FROM THESE VAIN THINGS TO A LIVING GOD:”

  1. In Lystra, there was a man sitting who could not use his feet. He was crippled from birth and had never walked. 
  2. He listened to Paul speaking. And Paul, looking intently at him, and seeing that he had faith to be made well, 
  3. said in a loud voice: “Stand upright on your feet!” The man sprang up and began walking. 
  4. And when the crowds saw what Paul had done, they lifted up their voices, saying in Lycaonian: ‘The gods have come down to us in the likeness of men!’
  5. Barnabas they called Zeus, and Paul, Hermes, because he was the chief speaker. 
  6. And the priest of Zeus, whose temple was at the entrance to the city, brought oxen and garlands to the gates and wanted to offer sacrifice with the crowds. 
  7. But when the apostles Barnabas and Paul heard of it, they tore their garments and rushed out into the crowd, crying out: 
  8. “Men, why are you doing these things? We are also men, of like nature with you, and we bring you good news, that you should turn from these vain things, to a living God, Who made the heaven and the earth and the sea and all that is in them. 
  9. “In past generations He allowed all the nations to walk in their own ways. 
  10.  “Yet He did not leave Himself without witness, for He did good by giving you rains from heaven and fruitful seasons, satisfying your hearts with food and gladness.”
  11. Even with these words they scarcely restrained the people from offering sacrifice to them. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

GOD GRANTED SIGNS AND WONDERS BY THEIR HANDS:

Woensdag 17 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 14:1-7) 

GOD HET WONDERS EN TEKENS DEUR HULLE HANDE LAAT PLAASVIND: 

  1. In Ikonium het dit ook so gegaan. Paulus en Barnabas het weer die  Joodse sinagige binne gegaan. Hulle het daar gepreek en ‘n groot aantal Jode en Grieke het gelowig geword. 
  2. Maar die Jode wat nie oortuig geraak het nie, het die gemoedere van die nie-Jode opgesweep, en hulle teen die gelowiges aangehits. 
  3. Die apostels het ‘n taamlike tyd daar deurgebring en in vertroue op die Here, met vrymoedigheid gepreek. Dir Here het ook die Waarheid van die boodskap van Sy Genade bevestig, deur te gee dat tekens en wonders deur die apostels se toedoen plaasvind. 
  4. Die mense in die stad was verdeeld. Party het hulle by die Jode geskaar en party by díe apostels. 
  5. Op ‘n stadium het die nie-Jode en die Jode, saam met hulle leiers, beplan om díe apostels aan te rand en met klippe dood te gooi.   
  6. Toe die apostels dit agterkom, het hulle na Listra en Derbe en die Likaonië omgewing gevlug. 
  7. Daar het hulle toe die Goeie Nuus verkondig. 

Wednesday 17 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 14:1-7)

GOD GRANTED SIGNS AND WONDERS BY THEIR HANDS: 

  1. At Ikonium they entered together into the Jewish synagogue, and spoke in such a way that a great number of Jews and Greeks believed. 
  2. But the unbelieving Jews stirred up the Gentiles and poisened their minds against the brothers. 
  3. So they remained for a long time, speaking boldly for the Lord, who bore witness to the Word of His Grace, granting signs and wonders by their hands. 
  4. But the people of the city were divided; some sided with the Jews, and some with the apostles. 
  5. When an attempt was made by both Gentiles and Jews, with their rulers, to mistreat them and to stone them, 
  6. they learned of it and fled to Lystra and Derbe, cities of Lycaonia, and to the surrounding country, 
  7. and there they continued to preach the Gospel. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

THEY SHOOK OFF THE DUST FROM THEIR FEET AGAINST THEM:

Dinsdag 16 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG: .”””

(Handelinge 13:43-52) 

HULLE HET DIE STOF VAN HULLE VOETE AFGESKUD: 

  1. Nà die sinagoge-diens het baie van die Jode en baie van die nie-Jode wat proseliete geword het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Hulle het met die mense gepraat, en hulle aangemoedig om op die Genade van God te bly vertrou. 
  2. Die volgende Sabbatsag het byna die hele dorp bymekaar gekom om hulle die Woord van God te hoor preek. 
  3. Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en álles teengestaan wat Paulus gesê het. 
  4. Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die Woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp, en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons, ons, nou tot die nie-Jode. 
  5. “Immers met  hierdie woorde het die Here ons ‘n opdrag gegee: ‘+Ek het jou as lig gegee vir die nie-Joodse nasies, sodat jy verlossing sal bring tot in die uithoeke van die aarde.’+
  6. Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly, en hulle het die Woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. 
  7. Die Woord van die Here het deur daardie hele streek versprei. 
  8. Maar die Jode het vooraanstaande vroue wat vir die ware God ontsag gehad het, asook vooraanstaande burgers van die stad, opgesweep. Hulle het ‘n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag. 
  9. Paulus en Barnabas het toe, as protes teen die stad, die stof van hulle voete afgeskud, en Ikomium toe gegaan. 
  10. Die gelowiges was vol blydskap en van die Heilige Gees. 

Tuesday 16 September 2025. 

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 13:43-52) 

THEY SHOOK OFF THE DUST FROM THEIR FEET AGAINST THEM:

  1. And after the meeting of the synagogue broke up, many Jews and devout converts to Judaism followed Paul and Barnabas, who, as they spoke with them, urged them to continue in the Grace of God. 
  2. The next Sabbath, almost the whole city gathered, to hear the Word of the Lord. 
  3. But when the Jews saw the crowds, they were filled with jealousy and began to contradict what was spoken by Paul, reviling him. 
  4. And Paul and Barnabas spoke out boldly, saying: “It was necessary that the Word of God be spoken first to you. Since you thrust it aside, and judge yourselves unworthy of eternal life, behold, we are turning to the Gentiles. 
  5. “For so the Lord commanded us, saying: ‘+I Have made you a light for the Gentiles, that you may bring salvation to the ends of the earth.’+
  6. And when the Gentiles heard this, they began rejoicing and glorifying the Word of the Lord. And as many as were appointed to eternal life, believed. 
  7. And the Word of the Lord was spreading throughout the whole region. 
  8. But the Jews incited the devout women of high standing, and the leading men of the city and stirred up persecution against Paul and Barnabas, and drove them out of their district. 
  9. But they shook off the dust from their feet against them, and went to Iconium. 
  10. And the disciples were filled with joy and with the Holy Spirit. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever more.)

FORGIVENESS OF SINS IS PROCLAIMED TO YOU:

Maandag 15 September 2025. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Handelinge 13:34-42) 

VERGEWING VAN SONDES DEUR JESUS VERKONDIG ONS AAN U: 

  1. Paulus het voortgegaan met sy toespraak: “God het Jesus uit die dood laat opstaan. Daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘.+Ek sal vir julle die belofte vervul, wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’+
  2. “Daarom sê God ook elders: ‘+U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is, tot niet gaan nie.’+
  3. “Dit verwys nie na Dawid nie, want hy het tog gesterf nadat hy die mense van sy eie tyd gedien het, soos God beskik het. Hy is by sy voorgeslagte begrawe, en sy liggaam hét tot niet gegaan. 
  4. “Nee, die verwysing is na iemand anders: Hóm het God opgewek. SY liggaam het nie tot niet gegaan nie. 
  5. “Daarom geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: Vergewing van sondes deur Jesus. Julle kon nie deur die Wet van Moses God se vryspraak verkry nie, 
  6. “maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek. 
  7. “Pas dan op dat wat in die Profete gesê is, nie op julle van toepassing word nie! 
  8. ‘+Sien dit tog raak julle veragters! Staan verstom en gaan ten gronde! Want in julle tyd doen Ek iets, iets wat julle beslis nie sal glo nie, selfs as iemand dit vir julle vertel nie.’+
  9. Terwyl Barnabas en Paulus die sinagoge verlaat, het die mense hulle gevra om díe volgende Sabbatdag meer van hierdie dinge te hoor. 

Monday 15 September 2025.

PEARL FOR EACH DAY:

(Acts 13:34-42)

FORGIVENESS OF SINS IS PROCLAIMED TO YOU: 

  1. Paul continued his speech: “And as for the fact that God raised Jesus from the dead, no more to return to corruption, He Has spoken in this way: ‘+I Will give you the Holy and sure blessings of David.’+
  2. “Therefore He says also in another Psalm: ‘+You Will not let Your Holy One see corruption.’.+
  3. “For David, after he had served the purpose of God in his own generation, fell asleep and was laid with his fathers, and saw corruption, 
  4. “but He Whom God raised up, did not see corruption. 
  5. “Let it be known to you therefore brothers, that through this Man, forgiveness of sins is proclaimed to you. 
  6. “And by Him everyone who believes is freed from everything, from which you could not be freed by the Law of Moses. 
  7. “Beware therefore, lest what is said in the Prophets should come about: 
  8. ‘+Look you scoffers, be astounded and perish, for I Am doing a Work in your days, a Work that you will not believe, even if one tells it to you. ‘+
  9. As they went out, the people  begged that
    these things might be told them the next Sabbath also. 

(Ek vertrou die Heilige. Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving from now and forever