THEY ROSE UP AND DROVE HIM OUT OUT OF THE TOWN:

Vrydag 17 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 4:24-30)  

HULLE HET OPGESPRING EN HOM UIT DIE DORP UITGEJAAG: 

  1. “Ek sê vir julle die waarheid: “Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia, toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, 
  2. “sodat daar ‘n hongersnood in die hele land gekom het. 
  3. “Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat, in die gebied van Sidon. 
  4. “En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die Profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.”
  5. Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. 
  6. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. 
  7. Maar Jesus het tussen hulle deurgeloop en weggegaan. 

PEARL FOR EACH DAY: 

Friday 17 January 2025. 

(Luke 4:24-30) 

THEY ROSE UP AND DROVE HIM OUT OF THE TOWN: 

  1. Jesus said: “Truly, I say to you: There  were many widows in Israel in the days of Elijah, when the heavens were shut up for three years and six months, and a great famine came over all the land,
  2. “and Elijah was sent to none of them, but only to Zarephath, in the land of Sidon, to a widow. 
  3. “And there were many lepers in Israel in the time of the Prophet Elisha, and none of   them was cleansed, but only Naaman, the Syrian.”
  4. When they heard these things, all in the synagogue were filled with wrath.
  5. And they rose up and drove Him out of the town, 
  6. and brought Him to the brow of the hill on which their town was built, so that they could throw Him down the cliff.
  7. But passing through their midst, he went away. 

Many thanks to Maryann Price for this very relevant statement, that I can use to end off with. 

“TODAY THIS SCRIPTURE HAS BEEN FULFILLED IN YOUR HEARING:”

Woensdag/Donderdag 15/16 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 4:16-24) 

“VANDAG IS HIERDIE SKRIFWOORD IN JULLE ORE VERVUL:”

  1. Hy het ook in Nasaret gekom waar Hy grootgeword het, en soos Sy gewoonte was, het Hy op die Sabbatdag sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, 
  2. is die boek van die Profeet Jesaja vir Hom aangegee. Hy het die plek gekry waar geskrywe staan:
  3. ‘+Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die Evangelie aan die armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenis uit te roep, en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 
  4. ‘.+om die genadejaar van die Here aan te kondig.’+
  5. Nadat Hy die boek toegemaak het, en aan die amptenaar terug gegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. 
  6. Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou gehoor het, vervul.”
  7. Almal het hulle instemming met Hom betuig, en was verwonderd oor die aangename woorde uit Sy mond. En hulle het gesê: ‘Is Hy dan nie die Seun van Josef nie?’
  8. Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself,’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor van alles wat in Kapernaum gebeur het, doen nou dieselfde ook hier, waar jy grootgeword het.’
  9. “Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder: “Geen profeet word in die plek waar Hy grootgeword het, aanvaar nie.”

(Matthéüs 16:6) 

  1. Jesus het vir hulle gesê: “Pasop, en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”

(Matthéüs 10:26-28)

  1. “Moet nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 
  2. “Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê. En wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. 
  3. “Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.”

PEARL FOR EACH DAY: Wednesday/Thursday 15/16 January 2025. 

(Luke 4:16-24)

“TODAY THIS SCRIPTURE HAS BEEN FULFILLED IN YOUR HEARING:”

  1. And Jesus came to Nazareth, where He Had been brought up. And was His custom, He went to the synagogue on the Sabbath day, and He stood up to read. 
  2. And the scroll of the Prophet Isaiah was given to Him. He unrolled the scroll, and found the place where it was written: 
  3. ‘.+The Spirit of the Lord is upon Me, because He Has anointed Me to proclaim Good News to the poor. He Has sent Me to proclaim liberty to  the captives, and recovering of sight to the blind, to set at liberty those who are oppressed, 
  4. ‘+•to proclaim the year of the Lord’s favour.’+”
  5. And He rolled up the scroll and gave it back to the attendant, and sat down. And the eyes of all in the synagogue were fixed on Him. 
  6. And He began to say to them: “Today this Scripture has been fulfilled in your hearing.”
  7. And all spoke well of Him, and marveled at the gracious words that were coming from His mouth. And they said: ‘Is this not Joseph’s Son?’
  8. And He said to them: “Doubtless you will quote Me this proverb: ‘Physician, heal yourself. What we have heard You did at Capernaum, do here in Your hometown as well.’
  9. And He said: “Truly I say to you: No Prophet is acceptable in His hometown. 

(Matthew 16:6) 

  1. “Watch and beware of the leaven of the Pharisees and Sadducees.”

(Matthew 10:26-28)

  1. “So have no fear of them, for nothing is covered that will not be revealed, or hidden that will not be known. 
  2. “What I tell you in the dark, say in the light, and what you hear whispered, proclaim on the housetops.
  3. “Do not fear those who kill the body, but cannot kill the soul. Rather fear Him Who can destroy both soul and body in hell.”

“I HAVE NOT COME TO CALL THE RIGHTEOUS, BUT SINNERS TO REPENTANCE:”

Dinsdag 14 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 5:27-35)  

EK HET GEKOM OM  SONDAARS TE ROEP TOT BEKERING: 

  1. En ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en ‘n tollenaar met die naam Levi, by die tolhuis sien sit, en vir hom gesê: “Volg My.”
  2. En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg. 
  3. En Levi het ‘n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee, en daar was ‘n groot menigte van tollenaars en ander, wat saam met hulle aan tafel was. 
  4. Die Fariseërs, en veral die skrifgeleerdes onder hulle, het by Sy dissipels gemurmureer en gesê: ‘Waarom eet julle saam met die tollenaars en sondaars?’
  5. En Jesus antwoord en sê vir hulle: “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. 
  6. “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”
  7. Toe sê hulle vir Hom: ‘Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede, en ook die dissipels van die Fariseërs; maar U dissipels eet en drink?’
  8. En Hy sê vir hulle: “Kan julle die bruilofgaste dan laat vas solank die bruidegom by hulle is?
  9. “Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.”

Tuesday 14January 2025. 

PEARL FOR EACH DAY: 

(Luke 5:27-35)

I HAVE NOT COME TO CALL THE RIGHTEOUS, BUT SINNERS TO REPENTANCE:   

  1. After these things He went out and saw a tax collector named Levi, sitting at the tax office. And He said to him: “Follow Me!”
  2. So Levi rose up, left all, and followed Him. 
  3. Then Levi gave Him a great feast in his own house. And there were a great number of tax collectors and others who sat down with them. 
  4. And the scribes and Pharisees complained against His disciples, saying: ‘Why do you eat and drink with tax collectors and sinners?’
  5. Jesus answered and said to them: “Those who are well have no need of a physician, but those who are sick. 
  6. “I Have not come to call the righteous, but sinners to repentance.”
  7. Then they said to Him: ‘Why do the disciples of John fast often and make prayers, and likewise those of the Pharisees, but Yours eat and drink?
  8. And He said to them: “Can you make the friends of the bridegroom fast while the bridegroom  is with them?
  9. “But the days will come when the bridegroom will be taken away from them, then they will fast, in those days.”

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid. 

/

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)

“PROVIDE YOURSELVES WITH MONEY BAGS THAT DO NOT GROW OLD:”

Maandag 13 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 6:19-21)  

  1. “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaar maak waar mot en roes dit verniel, en waar diewe inbreek en dit steel nie. 
  2. “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie kan verniel nie, en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 
  3. “Waar jou skat is daar sal jou hart ook wees.”

(Lukas 12:33-34)

“SKAF VIR JULLE BEURSIES AAN WAT NIE LEEG RAAK NIE:”

  1. “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ‘n beursie aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. 
  2. “Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Monday 13 January 2025. 

(Matthew 6:19-21) 

  1. Do not lay up for yourselves treasures on yearth, where moth and rust destroys and where thieves break in and steal, but lay up for yourselves treasures in heaven, where neither moth nor rust destroys, and where thieves do not break in and steal. 
  2. “For where your treasure is, there your heart will be also.”

(Luke 12:33-34)

“PROVIDE YOURSELVES WITH MONEY BAGS THAT DO NOT GROW OLD:”

  1. “Sell your possessions and give to the needy. Provide yourselves with moneybags that do not grow old, with a treasure in the heavens that does not fail, where no thief approaches and no moth destroys. 
  2. “For where your treasure is, there your heart will be also.”