“WHO CAN FORGIVE SINS BUT GOD ALONE:?”

Vrydag 31 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Markus 1:40-45)

“WIE KAN SONDES VERGEWE BEHALWE GOD ALLEEN?”

  1. Daar kom toe ‘n melaatse man wat smekend op sy knieë voor Jesus neerval en vir Hom sê: ‘As U WIL kan U my gesond maak.’
  2. Jesus het hom jammer gekry, Sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Toe sê Hy vir hom: “Ek wil. Word gesond.”
  3. Sy melaatsheid het onmiddelik verdwyn, en hy het gesond geword. 
  4. Jesus het hom dadelik weggestuur, nadat Hy hom ernstig aangespreek 
  5. en vir hom gesê het: “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester, en bring die offers vir jou reiniging, wat deur Moses voorgeskrywe is. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”
  6. Hy het egter gegaan en  dit wyd en syd begin verkondig, en dit oral geloop en vertel. Daarom kom Jesus nie meer openlik in ‘n dorp kom nie, en het Hy gewoonlik buite in die oop veld gebly. Tog het die mense van alle kante na Hom toe gekom. 

(Markus 2:1-12)

  1. Toe Jesus na ‘n paar dae weer in Kapernaum kom, het dit bekend geword dat Hy by die huis is. 
  2. Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor Sy boodskap te praat. 
  3. Daar kom toe mense wat ‘n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom op sy draagbaar gedra. 
  4. Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle ‘n opening in die dak gemaak het, het hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelê het, daardeur laat afsak. 
  5. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Vriend, jou sondes word vergewe.” 
  6. Maar sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en hulleself afgevra:
  7. ‘Waarom sê Hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe, behalwe God alleen?’
  8. Jesus het dadelik geweet dat hulle so met hulleself redeneer. Hy sê toe vir hulle: “Wat redeneer julle by julleself hieroor?
  9. “Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: “Jou sondes word vergewe,” of om te sê: “Staan op, vat jou draagbaar en loop”?
  10. Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: 
  11. “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”
  12. Die man het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat, en voor die oë van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas, en het God geprys, en gesê: ‘So iets het ons nog nooit gesien nie!’

PEARL FOR EACH DAY: 

 Friday 31 January 2025. 

(Mark 1:40-45)

“WHO CAN FORGIVE SINS BUT GOD ALONE?”

  1. A leper came to Jesus, imploring Him, and kneeling, said to Him: ‘If You Will, You can make me clean!’
  2. Moved with pity, Jesus stretched out His hand and touched the leper and said to him: “I Will, be clean!”
  3. And immediately the leprosy left him, and he was made clean. 
  4. And Jesus sternly charged him and sent him away at once, 
  5. and said to him: “See that you say nothing to anyone, but go, show yourself to the priest, and offer for your cleansing what Moses commanded, for a proof to them.”
  6. But he went out and began to talk freely about it, and to spread the news, so that Jesus could no longer openly enter a town, but was out in desolate places, and people were coming to Him from every quarter. 

(Mark 2:1-12)

  1. And when He returned to Capernaum after some days, it was reported that He was at home. 
  2. And many were gathered together, so that there was no more room, not even at the door. And He was preaching the Word to them. 
  3. And they came, bringing to Him a paralytic, carried by four men. 
  4. And when they could not get near Him, because of the crowd, they removed the roof above Him, and when they had made an opening, they let down the bed on which the paralytic lay. 
  5. And when Jesus saw their faith, He said to the paralytic: “Son, your sins are forgiven!”
  6. Some of the scribes were sitting there, questioning in their hearts: 
  7.  ‘Why does this Man speak like that? He is blaspheming! Who can forgive sins but God alone?’ 
  8. And immediately, Jesus perceiving in His Spirit, that they thus questioned within themselves, said to them: “Why do you question these things in your hearts? 
  9. “Which is easier to say to the paralytic: ‘Your sins are forgiven,’ or to say: ‘Rise, take up your bed, and walk’?
  10. “But that you may know that the Son of man Has authority on earth to forgive sins,’ He said to the paralytic:
  11. “I say to you: Rise, pick up your bed, and go home.”
  12. And he rose, and immediately picked up his bed, and went out before them all. So they were amazed, and glorified God, saying: ‘We never saw anything like this!’

“I HAVE MADE KNOWN TO THEM YOUR NAME:”

Donderdag 30 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Johannes 17:22-26) 

“EK HET U NAAM AAN HULLE BEKEND GEMAAK:”

  1. “Die Heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees, net soos ons Een is.
  2. “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefhet net soos U My liefhet. 
  3. “Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is,hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle My Heerlikheid kan sien, die Heerlikheid wat U My gegee het, omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het. 
  4. “Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. 
  5. “Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak,  en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees, en Ek ook in hulle.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Thursday 30 January 2025. 

(John 17:22-26) 

“I MADE KNOWN TO THEM YOUR NAME:”

  1. “The Glory that You Have given Me, I Have given them, that they may be one, even as we are One. 
  2. “I in them and You in Me, that they may become perfectly one, so that the world may know You sent Me, and loved them, even as You loved Me. 
  3. “Father, I desire that they also, whom You Have given Me, may be with Me, where I Am, to see My Glory, that You Have Given Me, because You Have loved Me, before the foundation of the world. 
  4. “O, righteous Father, even though the world does not know You, I know You, and these know that You Have sent Me. 
  5. “I made known to them Your Name, and I Will continue to make it known, that the love with which You Have loved Me, may be in them, and I in them.”

“YOUR WORD IS TRUTH:”

Woensdag 29 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Johannes 17:12-21) 

“U WOORD IS WAARHEID:”

  1. “Toe Ek by hulle was, het Ek hulle in U Naam bewaar, die Naam wat U My gegee het. Ek het hulle beskerm, en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die een wat verlore moes gaan, sodat die Skrif vervul kon word. 
  2. “,Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle My blydskap  in al sy volheid in hulle kan hê. 
  3. “Ek het U Woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie. 
  4. “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die bose moet bewaar. 
  5. “Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 
  6. “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid. 
  7. “Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur, 
  8. “en ter wille van hulle, wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. 
  9. “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde, tot geloof in My sal kom. 
  10. “Ek bid dat hulle almal een sal wees, net soos U, Vader in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld mag glo dat U My gestuur het.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Wednesday 29 January 2025. 

(John 17:12-21) 

“YOUR WORD IS TRUTH:”

  1. “While I was with them, I kept them in Your Name, Which You Have given Me. I Have guarded them, and not one of them has been lost, except the son of destruction, that the Scripture might be fulfilled. 
  2. “But now I Am coming to You, and these things I speak in the world, that they may have My joy fulfilled in themselves. 
  3. “I Have given them Your Words, and the world has hated them, because they are not of the world, just as I Am not of the world. 
  4. “I do not ask You to take them out of the world, but that You keep them from the evil one. 
  5. “They are not of the world, just as I Am not of the world. 
  6. “Sanctify them in the truth; Your Word is truth. 
  7. “As You sent Me into the world, so I Have sent them into the world. 
  8. “And for their sake, I consecrate Myself, that they also may be sanctified in truth. 
  9. “I do not ask for these only, but also for those who will believe in Me through their word, that they may all be one, just as You Father are in Me, and I in You, that they also may be in us, so that the world may believe that You Have sent Me. 
  10. “The Glory that You Have given Me, I Have given to them, that they may be one, even as we are One.”

“THEY HAVE BELIEVED THAT YOU HAVE SENT ME:”

Dinsdag 28 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Johannes 17:1-11) 

“HULLE HET GEGLO DAT U MY GESTUUR HET:”

  1. Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het aangebreek. Verheerlik U Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 
  2. “U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee, om aan almal wat U aan Hom gegee het, die Ewige Lewe te gee. 
  3. “En dit is die Ewige Lewe, dat hulle U ken, die Enigste Ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is. 
  4. “Ek het U op die aarde verheerlik, deur die Werk te volbring wat U My gegee het om te doen. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U Woord ter harte geneem. 
  5. “Verheerlik U My nou ook by U Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het, voordat die wêreld bestaan het. 
  6. “Ek het U naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U Woord ter harte geneem. 
  7. “Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom, 
  8. “want die Woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee. Hulle het dit aangeneem en tot die oortuiging gekom dat Ek waarlik van U gekom het. En hulle het geglo dat U My gestuur het. 
  9. “Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 
  10. “Almal wat aan My behoort, behoort aan U, en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik. 
  11. “Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar hulle in  U Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos ons Een kan wees.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Tuesday 28 January 2025. 

(John 17:1-11) 

“THEY HAVE BELIEVED THAT YOU HAVE SENT ME:”

  1. When Jesus Had spoken these Words, He lifted up His eyes to heaven and said: “Father, the hour has come; glorify Your Son, that the Son may glorify You, 
  2. “since You Have given Him authority over all flesh, to give Eternal Life to all, whom You Have given Him. 
  3. “And this is Eternal Life, that they know You, the Only True God, and Jesus Christ Whom You Have sent. 
  4. “I Glorified You on earth,  having accomplished the Work that You gave Me to do. 
  5. “And now Father, Glorify Me in Your Own presence with the Glory that I Had with You, before the world existed. 
  6. “I Have manifested Your Name to the people whom You gave Me, and they have kept Your Word. 
  7. “Now they know that everything You Have given Me, is from You. 
  8. “For I Have given them the Words that You gave Me, and they have received them, and have come to know in truth that I came from You; and they have believed that You sent Me. 
  9. “I Am praying for them. I Am not praying for the world, but for those You Have given Me, for they are Yours. 
  10. “All Mine are Yours, and Yours are Mine, and I Am glorified in them. 
  11. “And I Am no longer in the world, but they are in the world, and I Am coming to You. Holy Father, keep them in Your Name, which You Have given Me, that they may be one, even as We are One.”

“I HAVE OVERCOME THE WORLD:”

Maandag 27 Januarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Johannes 16:21-33) 

“EK HET DIE WÊRELD KLAAR OORWIN:”

  1.   ‘n Vrou kry swaar wanneer haar tyd gekom het, en haar kindjie gebore word. Maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan die pyn nie, so bly is sy dat ‘n mens in die wêreld gekom het. 
  2. “Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie. 
  3. “Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. Dit verseker Ek julle, Wat julle die Vader ookal in My Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. 
  4. “Tot nou toe het julle nog niks in My Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. 
  5. “Dit het Ek deur beeldspraak vir julle gesê: Daar kom ‘n tyd wanneer Ek nie meer deur beeldspraak met julle sal praat nie, maar julle reguit van die Vader sal vertel. 
  6. “Van daardie dag af sal julle in My Naam bid, en hoef Ek nie julle voorspraak by die Vader te wees nie, 
  7. “want die Vader Self het julle lief, omdat julle My liefhet en glo dat Ek van God gekom het. 
  8. “Ek het van die Vader gekom, en is nou hier in die wêreld. Nou verlaat Ek weer die wêreld, en Ek gaan na die Vader toe.”
  9. Die dissipels sê toe: ‘Kyk, nou praat U reguit, en gebruik nie beeldspraak nie. 
  10. ‘Nou weet ons dat U alles weet, en niemand hoef U verder uit te vra nie. Ons glo nou dat U van God gekom het.’
  11. “Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle nou?
  12. “Kyk, daar kom ‘n tyd en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. 
  13. “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. “

PEARL FOR EACH DAY: 

Monday 27 January 2025. 

(John 16:21-33) 

“I HAVE OVERCOME THE WORLD:”

  1. “When a woman is giving birth, she has sorrow because her hour has come. But when she has delivered the baby, she no longer remembers the anguish, for joy that a human being has been born into the world. 
  2. “So also you have sorrow now, but I Will see you again, and your hearts will rejoice, and no one will take your joy from you. 
  3. “In that day you will ask nothing of Me. Truly, truly, I say to you: Whatever you ask the Father in My Name, He Will give to you. 
  4. “Until now, you have asked nothing in My Name. Ask and you will receive, that your joy may be full. 
  5. “I Have said these things to you in figure of speech. The hour is coming when I Will no longer speak to you in figure of speech, but Will tell you plainly about the Father. 
  6. “In that day you Will ask in My Name, and I do not say to you that I will ask the Father on your behalf,
  7. “for the Father Himself loves you, because you have loved Me, and believed that I came from God. 
  8. “If I came from the Father, and Have come into the world, and now I Am leaving the world, and going to the Father.”
  9. His disciples said: ‘Ah, you are speaking plainly and not using figurative Words!  
  10. ‘Now we know that You know all things, and do  not need anyone to question You; this is why we believe that You came from God.’
  11. Jesus answered them: “Do you now believe?
  12. “Behold, the hour is coming, indeed it has come, when you will be scattered, each to his own home, and will leave Me alone. Yet I Am not alone, for the Father is with Me. 
  13. “I have said these things to you, that in Me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart, I Have overcome the world.”