“BE MERCIFUL EVEN AS YOUR FATHER IS MERCIFUL:”

Dinsdag 4 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 6:27-36)   

“WEES BARMHARTIG SOOS JULLE VADER BARMHARTIG IS:”

  1. “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê, doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word,
  2. “seën die mense deur wie julle vervloek word, bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. 
  3. “As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. 
  4. “Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. 
  5. “Behandel ander mense soos julleself behandel wil word. 
  6. “As julle net dié liefhet wat julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet. 
  7. “En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so. 
  8. “En as julle geld leen net aan dié van wie julle hoop om dit terug te kry, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Sondaars leen ook aan sondaars, solank hulle maar dieselfde bedrag kan terugkry.  
  9. “Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle, julle vyande liefhê, en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees; julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hyself goed is vir die ondankbares en slegtes. 
  10. “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Tuesday 4 February 2025. 

(Luke 6:27-36)

“BE MERCIFUL EVEN AS YOUR FATHER IS MERCIFUL:”

  1. “But I say to you who hear: Love your enemies, do good to those who hate you,
  2. “bless those who curse you, pray for those who abuse you. 
  3. “To one who strikes you on the cheek, offer the other also, and from one who takes away your cloak, do not withhold your tunic either. 
  4. “Give to everyone who begs from you, and from one who takes away your goods, do not demand them back. 
  5. “And as you wish that others would do to you, so do to them. 
  6. “If you love those who love you, what benefit is that to you? For even sinners love those who love them. 
  7. “And if you do good to those who do good to you, what benefit is that to you? For even sinners do the same. 
  8. “And if you lend to those from whom you expect to receive, what credit is that to you? Even sinners lend to sinners, to get back the same amount. 
  9. “But love your enemies, and do good and lend, expecting nothing in return. And your award will be great, and you will be sons of the Most High, for He is kind to the ungrateful and the evil. 
  10. “Be merciful even as your Father is merciful.”

“BLESSED ARE YOU WHO WEEP NOW, FOR YOU WILL LAUGH:”

Maandag 3 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 6:20-26) 

“GESEËND IS JULLE WAT NOU HUIL, WANT JULLE SAL LAG:”

  1. Jesus het Sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die Koninkryk van God. 
  2. “Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag. 
  3. “Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel, en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. 
  4. “Wees bly op daardie dag, en spring rond van vreugde, want vir julle is daar beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak. 
  5. “Maar ellende wag op julle wat ryk is, want julle het julle lekker lewe al weg. 
  6. “Ellende wag op julle wat julle nou vol eet, want jy sal honger ly. Ellende wag vir julle wat nou lag, want julle sal treur en huil. 
  7. “Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met vals profete net so gemaak.”

PEARL FOR EACH DAY: 

Monday 3 February 2025. 

(Luke 6:20-26)

“BLESSED ARE YOU WHO WEEP NOW, FOR YOU SHALL LAUGH:”

  1. And He lifted up His eyes on His disciples and said: “Blessed are you when you are poor, for yours is the Kingdom of God. 
  2. “Blessed are you who are hungry now, for you shall be satisfied. Blessed are you who weep now, for you shall laugh. 
  3. “Blessed are you when people hate you and when they exclude you and revile you, and spurn your name as evil, on account of the Son of man. 
  4. “Rejoice in that day and leap for joy, for Behold your reward is great in heaven, for so their fathers did to the Prophets. 
  5. “But woe to you who are rich, for you have received your consolation. 
  6. “Woe to you who are full now, for you shall be hungry. Woe to you who laugh now, for you shall mourn and weep. 
  7. “Woe to you, when all speak well of you, for so their fathers did to the false prophets.”

ALL THE CROWD SOUGHT TO TOUCH HIM:

Sondag 2 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 6:12-19) 

AL DIE MENSE HET HOM PROBEER AANRAAK: 

  1. In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid, en die hele nag deurgebring in gebed tot God. 
  2. Toe dit dag word, het Hy Sy dissipels nader geroep, en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy dan ook apostels genoem het. 
  3. Hulle was: Simon, wat Hy ook Petrus genoem het, en sy broer Andreas, Jakobus en Johannes, Filippus en Bartolomeus, 
  4. Matteus en Tomas, Jakobus, seun van Alfeus, Simon die Seloot, Judas seun van Jakobus,
  5. en Judas Iskariot, wat die verraaier geword het. 
  6. Hy het saam met hulle van die berg afgekom, en op ‘n gelykte by ‘n groot aantal volgelinge gaan staan. Van die hele Joodse land en Jerusalem, en van die kusgebied van Tirus en Sidon af, was daar ‘n menigte mense, 
  7. wat gekom het om na Hom te luister, en van hulle siektes genees te word. Ook dié wat onder onrein geeste gely het, is gesond gemaak. 
  8. Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar Krag van Hom uitgegaan het, en Hy almal gesond gemaak het. 

PEARL FOR EACH DAY: 

 Sunday 2 February 2025. 

(Luke 6:12-19)

ALL THE CROWD SOUGHT TO TOUCH HIM:

  1. In these days He went out to the mountain to pray, and all night He continued in prayer to God. 
  2. And when day came, He called His disciples and chose from them twelve, whom He named apostles. 
  3. Simon, whom He named Peter, and Andrew his brother, and James and John, and Philip, and Bartholomew,
  4. and Matthew and Thomas and James the son of Alphaeus,  and Simon who was called the Zealot,
  5. and Judas the son of James, and Judas Iscariot, who became a traitor. 
  6. And He came down with them, and stood on a level place with a great crowd of His disciples, and a great multitude of people from all Judea and Jerusalem and the sea coast of Tyre and Sidon,
  7. who came to hear Him, and to be healed of their diseases. And those who were troubled with unclean spirits were cured. 
  8. And all the crowd sought to touch Him, for Power came out from Him, and healed them all. 

THE SON OF MAN IS LORD OF THE SABBATH:

Saterdag 1 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 6:1-11) 

DIE SEUN VAN DIE MENS IS HERE OOR DIE SABBAT: 

  1. Eenkeer het Jesus op ‘n Sabbatdag deur die gesaaides geloop. Sy dissipels het are gepluk, en dit met die hande uitgevrywe, en geëet. 
  2. Toe sê ‘n paar van die Fariseërs: ‘Waarom doen julle iets wat op die Sabbatdag nie gedoen behoort te word nie!’
  3. Jesus het hulle daarop geantwoord: “Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het, toe hy en sy manne honger gekry het nie? 
  4. “Hy het die huis van God binne gegaan, en van die Offerbrode geneem en geëet, en ook aan die manne gegee het, wat saam met hom was. Tog is niemand behalwe die priesters toegelaat om daardie brood te eet nie.”
  5. Verder sê Hy vir hulle: “Die Seun van die mens is Here oor die Sabbat.” 
  6. Op ‘n ander Sabbatdag het Jesus weer in die sinagoge gegaan en die mense geleer. Daar was ‘n man met ‘n gebreklike regterhand. 
  7. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het vir Jesus dopgehou, om te sien of Hy op ‘n Sabbatdag iemand sou genees, sodat hulle ‘n aanklag teen Hom kon kry. 
  8. Maar Hy het hulle gedagtes geken, en vir die man met die gebreklike hand gesê: “Staan op en kom staan hier in die middel.” En die man het daar kom staan. 
  9. Toe sê Jesus vir hulle: “Nou vra Ek julle: Mag ‘n mens op die Sabbatdag goed doen, of kwaad, iemand red, of doodmaak?”
  10. Nadat Hy almal rondom Hom aangekyk het, sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” 
  11. Die man het dit gedoen, en sy hand was gesond. Maar hulle het rasend van woede geword, en onder mekaar geredeneer oor wat hulle Jesus sou aandoen. 

PEARL FOR EACH DAY: 

Saturday 1 February 2025. 

(Luke 6:1-11)

THE SON OF MAN IS LORD OF THE SABBATH:

  1. On a Sabbath, while He was going through the grain-fields, His disciples plucked and ate some heads of grain, rubbing them in their hands. 
  2. But some of the Pharisees said: ‘Why are you doing what is not lawful to do on the Sabbath?’ 
  3. And Jesus answered them: “Have you not read what David did when he was hungry, he and those who were with him?
  4. “How he entered the House of God, and took and ate the Bread of the Presence, which is not lawful for any but the priests to eat, and gave to those with him?”
  5. And Jesus said to them: “The Son of man is Lord of the Sabbath.”
  6. On another Sabbath, He entered the synagogue, and was teaching. And a man was there whose right hand was withered. 
  7. And the scribes and the Pharisees watched Him, to see whether He would heal on the Sabbath, so that they might find a reason to accuse Him. 
  8. But He knew their thoughts, and He said to the man with the withered hand: “Come and stand here.” And the man rose and stood there. 
  9. And Jesus said to them: “I ask you: Is it lawful on the Sabbath to do good, or to do harm? To save a life or to destroy it?” 
  10. And after looking around at them all, He said to the man: “Stretch out your hand.” And he did so, and his hand was restored. 
  11. But they were filled with fury, and discussed with one another what they might do to Jesus.