GOD HAS VISITED HIS PEOPLE:

Saterdag 8 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 7:11-17) 

“GOD HET NA SY VOLK OMGESIEN:”

  1. Kort daarna het Jesus na ‘n dorp met die naam Nain gegaan. 
  2. En Sy dissipels en ‘n hele menigte mense is saam met Hom. Toe Hy naby die ingang van die dorp kom, word daar juis ‘n dooie uitgedra, om begrawe te word. Hy was die enigste seun van sy moeder, en sy was ‘n weduwee. Byna die hele dorp se mense was saam met haar. 
  3. Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry, en vir haar gesê: “Moenie huil nie!”
  4. Hy gaan toe nader en vat aan die baar. Die draers gaan staan toe, en Hy roep uit: “Jong man, Ek sê vir jou: Staan op!”
  5. Die dooie het regop gaan sit, en begin praat. En Jesus het hom aan sy moeder terug gegee. 
  6. Almal is met ontsag vervul, en het God geprys, deur te sê: ‘’n Groot Profeet het onder ons opgestaan,’ en ‘God het na Sy volk omgesien!’
  7. Die berig oor wat Hy gedoen het, het deur die hele Joodse land en die omliggende gebied versprei. 

PEARL FOR EACH DAY: 

 Saturday 8 February 2025. 

(Luke 7:11-17)

“GOD HAS VISITED HIS PEOPLE:”

  1. Soon afterwards He went to a town called Nain. And His disciples and a great crowd went with Him. 
  2. As He drew near to the gate of the town, behold, a man who had died, was being carried out, the only son of his mother, and she was a widow. A considerable crowd from the town was with her. 
  3. And when the Lord saw her, He Had compassion on her, and said to her: “Do not weep.”
  4. Then He came up and touched the bier, and the bearers stood still. And He said: “Young man, I say to you: Arise!”
  5. And the dead man sat up and began to speak. Then Jesus gave him back to his mother. 
  6. Fear seized them all, and they glorified God, saying: ‘A great Prophet Has arisen among us!’ and, ‘God Has visited His people!’
  7. And the report about Him spread through the whole of Judea and all the surrounding country. 

“NOT EVEN IN ISRAEL HAVE I FOUND SUCH FAITH:”

Vrydag 7 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 7:1-10)  

“EK HET NIE IN ISRAELSO ‘N GROOT GELOOF GESIEN NIE:”

  1. Nadat Jesus die gehoor klaar toegespreek het, het Hy na Kapernaum toe gegaan. 
  2. ‘n Offisier daar het ‘n slaaf gehad wat vir hom baie werd was. Die slaaf was siek en het op sterwe gelê. 
  3. Die offisier het van Jesus gehoor, en stuur toe ‘n paar familie-hoofde van die Jode na Hom toe om te vra dat Hy moet kom om die slaaf gesond te maak. 
  4. Toe hulle by Jesus kom, het hulle ernstig by Hom daarop aangedring en gesê: ‘Hy is dit werd dat U dit vir hom doen, 
  5. want hy het ons volk lief, en het op eie koste die sinagoge vir ons gebou.’
  6. Jesus het toe saam met hulle gegaan. Toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die offisier ‘n paar van sy vriende om vir Hom te sê: ‘Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. 
  7. ‘Daarom het ek myself ook nie waardig geag om self na U toe te gaan nie. Sê maar net ‘n Woord en my slaaf sal gesond word.’
  8. ‘Ek is self ‘n man wat onder gesag gestel is, en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan,’ en hy gaan. En vir ‘n ander ‘Kom,’ en hy kom. Vir my slaaf sê ek ‘Doen dit,’ en hy doen dit.’
  9. Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor. Hy draai toe om na die mense wat agter Hom aangekom het, en sê: “Ek sê vir julle: In Israel het Ek nie so ‘n groot geloof teëgekom nie.”
  10. En toe die mense wat gestuur was, weer by die huis kom, kry hulle die slaaf daar, heeltemal gesond. 

PEARL FOR EACH DAY: 

 Friday 7 February 2025. 

(Luke 7:1-10)

“NOT EVEN IN ISRAEL HAVE I FOUND SUCH FAITH:”

  1. After He Had finished all His sayings in the hearing of the people, He entered Capernaum. 
  2. A centurion had a servant who was sick and at the point of death, and was highly valued by him. 
  3. When the centurion heard about Jesus, he sent to Him elders of the Jews, asking Him to come and heal his servant. 
  4. And when they came to Jesus, they pleaded with Him earnestly, saying: ‘He is worthy to have You do this for him,
  5. ‘for he loves our nation, and he is the one who built us our synagogue.’
  6. And Jesus went with them. When He was not far from the house, the centurion sent friends saying to Him: ‘Lord, do not trouble Yourself, for I am not worthy to have You come under my roof. 
  7. ‘Therefore I did not presume to come to You.  But say the Word, and let my servant be healed. 
  8. ‘For I too am a man set under authority, with soldiers under me, and I say to one: ‘Go!’ And he goes; and to a another: ‘Come,’ and he comes, and to my servant: ‘Do this,’ and he does it.’
  9. When Jesus heard these things, He marveled at him, and turning to the crowd that followed Him, He said: “I tell you: Not even in Israel have I found such faith.”
  10. And when those who had been sent returned to the house, they found the servant well.  

“WHY DO YOU CALL ME ‘LORD, LORD,’ BUT DO NOT DO WHAT I TELL YOU:”

Donderdag 6 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 6:43-49) 

“HOEKOM SPREEK JULLE MY AAN MET: ‘HERE. HERE,’ EN DOEN NIE WAT EK SÊ NIE:”

  1. “Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie. 
  2. “Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doring-struike pluk mens mos nie vye nie. En van ‘n doringbos oes jy ook nie druiwe nie. 
  3. “DIe goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte dinge te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor. 
  4. “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met: ‘Here, Here,’ en nie doen wat Ek sê nie?
  5. “Elkeen wat na My toe kom en na My woorde luister, en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie Hy is: 
  6. “Hy is soos ‘n man wat by die bou van sy huis, die grond diep uitgawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar ‘n oorstroming kom, en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou. 
  7. “Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sê nie, is hy soos ‘n man wat sy huis op die grond gebou het, sonder ‘n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Thursday 6 February 2025. 

(Luke 6:43-49)

“WHY DO YOU CALL ME ‘LORD, LORD,’ AND DO NOT DO WHAT I TELL YOU?:”

  1. “No good tree bears bad fruit, nor again does a bad tree bear good fruit.
  2. “For each tree is known by its own fruit. For figs are not gathered from thornbushes, nor are grapes picked from a bramble bush.
  3. “The good person, out of the good treasure of his heart, produces good, and the evil person, out of his evil treasure produces evil. For out of the abundance of the heart, his mouth speaks. 
  4. “Why do you call Me ‘Lord, Lord,’ and not do what I tell you?
  5. “Everyone who comes to Me and hears My words and does them, I Will show you what he is like:
  6. “He is like a man, building a house, who dug deep and laid his foundation on the rock. And when a flood arose, the stream broke against that house, and could not shake it. Because it had been well built. 
  7. “But the one who hears and does not do them, is like a man who built his house on the ground without a foundation. When the stream broke against it. Immediately it fell, and the ruin of that house was great.”

A DISCIPLE IS NOT ABOVE HIS TEACHER:

Woensdag 5 Februarie 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 6:37-42)  

‘N LEERLING IS NIE HOËR AS SY LEERMEESTER NIE:

  1. “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal vrygespreek word. 
  2. “Gee, en aan julle sal gegee word; ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. 
  3. “Hy het ook met beeldspraak aan hulle gesê: Kan ‘n blinde miskien ‘n ander blinde lei? Sal hulle nie altwee in ‘n sloot val nie? 
  4. “‘n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees. 
  5. “Waarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 
  6. “Jy wat die balk in jou eie oog nie raaksien nie, hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Broer laat my toe om die splinter in jou oog uit te haal! Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Wednesday 5 February 2025. 

(Luke 6:37-42) 

A DISCIPLE IS NOT ABOVE HIS TEACHER:

  1. “Judge not, and you will not be judged, condemn not, and you will not be condemned. Forgive, and you will be forgiven. 
  2. “Give, and it will be given to you. Good measure, pressed down, shaken together, running over, will be put into your lap. For with the measure you use, it will be measured back to you. 
  3. “He also told them a parable: Can a blind man lead a blind man? Will they not both fall into a pit? 
  4. “A disciple is not above his teacher, but everyone when he is fully trained, will be like his teacher. 
  5. “Why do you see the speck that is in your brother’s eye, but do not notice the log that is in your own eye? 
  6. “How can you say to your brother: ‘Brother, let me take out the speck that is in your eye,’ when you do not see the log that is in your own eye? You hypocrite, first take the log out of your own eye, and then you will see clearly to take out the speck that is in your brother’s eye.”