Donderdag 6 en Vrydag 7 November 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Handelinge 25:6-19)
“EK PROBEER DIE DOOD NIE ONTDUIK NIE:”
- Festus het ongeveer agt dae hoogstens tien, in Jerusalem deurgebring, en toe afgegaan Sesarea toe. Die volgende dag het hy gereël dat die hof sit en hy het Paulus laat haal.
- Toe Paulus in die hof verskyn het die Jode wat van Jerusalem af gekom het om hom gaan staan en hom van ‘n hele klomp ernstige dinge beskuldig. Hulle kon egter niks bewys nie.
- Paulus het homself verdedig. “Ek het niks teen die Joodse wet of die tempel of teen die Keiser oortree nie.”
- Maar Festus wou iets vir die Jode doen, en sê toe vir Paulus: ‘Wil jy opgaan Jerusalem toe, en daar voor my oor hierdie dinge verhoor word?’
- Paulus het geantwoord: “Nee! Voor die keiserlike regbank staan ek tereg. Dit is waar ek verhoor moet word! Ek het die Jode geen kwaad aangedoen nie. Dit weet uself baie goed!”
- “As ek skuldig is en dinge gedoen het wat die dood verdien, probeer ek die dood nie ontduik nie. Aangesien alles waarvan hulle my beskuldig egter blote versinsels is, kan niemand my sommer maar net aan hulle uitlewer nie. Ek appelleer na die Keiser!”
- Festus het die saak met sy raad bespreek en toe geantwoord: ‘Jy het na die Keiser geappelleer; na die Keiser toe sal jy gaan.’
- ‘n Paar dae later het koning Agrippa en Bernise in Sesarea aangekom om Festus te verwelkom.
- Hulle het ‘n hele paar dae daar deurgebring en Festus het Paulus se saak met die koning bespreek: ‘Hier is ‘n gevangene wie Felix na sy vertrek aan my oorgelaat het.
- ‘By my aankoms in Jerusalem het die priesterhoofde en die familie-hoofde van die Jode my oor hom ingelig. Hulle het my van ‘n skuldig-bevinding teen hom gevra.
- ‘Ek het hulle geantwoord dat dit nie die Romeinse gebruik is om iemand sommer net as guns uit te lewer nie. Die beskuldigde moet eers geleentheid kry om homself persoonlik in die teenwoordigheid van sy aanklaers te verdedig.
- ‘Toe hulle vir die verhoor hierheen gekom het, het ek dus geen tyd gemors nie, en díe volgende dag die hofsitting gereël.
- ‘Die man se aanklaers het om hom gestaan en hom beskuldig, maar nie van ernstige misdade soos ek verwag het nie.
- ‘Dit was oor twisvrae in hulle eie godsdiens, en oor ‘n sekere Jesus wat dood is, maar Wie Paulus beweer dat Hy lewe.’
Thursday 6 and Friday 7 November 2025.
PEARL FOR EACH DAY:
(Acts 25:6-19)
“I DO NOT SEEK TO ESCAPE DEATH:”
- After Festus stayed among them not more than eight to ten days, he went to Caesarea. And the next day he took his seat on the tribunal and ordered Paul to be brought.
- When he had arrived, the Jews who had come down from Jerusalem, stood around him bringing many and serious charges against him, that they could not prove.
- Paul argued in his defense: “Neither against the law of the Jews, nor against the temple, nor against Caesar, have I committed any offense.”
- But Festus, wishing to do theJews a favour, said to Paul: ‘Do you wish to go up to Jerusalem and there be tried on these charges before me?’
- But Paul said: “I am standing before Caesar’s tribunal, where I ought to be tried. To the Jews I have done no wrong, as you yourself know very well.
- “If then I am a wrongdoer, and have committed anything for which I deserve to die, I do not seek to escape death. But if there is nothing to their charges against me, no one can give me up to them. I appeal to Caesar!”
- Then Festus, when he had conferred with his council, answered: ‘To Caesar you have appealed, to Caesar you shall go.’
- When some days had passed, Agrippa the king and Bernice, arrived at Caesarea and greeted Festus.
- And as they stayed there many days, Festus laid Paul’s case before the king , saying: “There is a man, left prisoner by Felix,
- “and when I was at Jerusalem, the chief priests and the elders of the Jews, laid out their case against him, asking for a sentence of condemnation against him.
- “I answered them that it was not the custom of the Romans to give up anyone, before the accuser met the accusers face to face. And also had opportunity to make his defense concerning the charge laid against him.
- “So when they came together here, I made no delay and on the next day took my seat on the tribunal, and ordered the man to be brought.
- “When the accusers stood up, they brought no charge in his case of such evils as I supposed.
- “Rather they had some points of dispute with him about their own religion. And a certain Jesus, Who was dead, but Whom Paul asserted to be alive.”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, vaugn nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)