Woensdag 12 Februarie 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 8:22-39)
“WAAR IS JULLE GELOOF DAN?”
- Op ‘n dag het Jesus en Sy dissipels in ‘n skuit geklim, en Hy het vir hulle gesê:
- “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” Hulle vaar toe weg, en terwyi hulle seil, raak Jesus aan die slaap. Skielik het ‘n hewige stormwind op die meer losgebars, en die skuit het vol water begin word, sodat hulle in lewensgevaar was.
- Hulle gaan toe na Jesus en maak Hom wakker met die uitroep: ‘Meester, Meester, ons vergaan!’ Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe.
- Hulle het bedaar en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?” Maar hulle was verskrik en verbaas en het vir mekaar gesê: ‘Wie is Hy tog? Hy gee bevele aan wind en water, en hulle is Hom gehoorsaam!’
- Daarna het hulle verder gevaar, na die land van die Garaseners, wat reg teenoor Galilea lê.
- Toe Jesus daar aan wal gaan, het ‘n man van ‘n dorp af Hom tegemoet gekom. Hy was van bose geeste besete en het ‘n hele tyd al nie meer klere gedra nie, en ook nie in ‘n huis gebly nie, maar tussen grafte.
- Toe hy Jesus sien, skreeu hy en val op sy knieë voor Hom neer, terwyl hy hard uitroep: ‘Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U, moet my nie pynig nie!’
- Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan. Dit was ‘n bose gees wat hom al baie keer beetgepak het. Al het hulle hom met hand en voetboeie vasgemaak, om hom in bedwang te hou, het hy die boeie uitmekaar geruk, en is hy deur die bose gees die woestyn in gejaag.
- Toe vra Jesus hom: “Wat is jou naam?” ‘Legio,’ antwoord hy, want daar het baie bose geeste in hom ingevaar.
- Hulle het Jesus gesmeek om hulle nie na die onderaardse diepte toe terug te stuur nie.
- Daar het ‘n hele trop varke teen die berg gewei. Die bose geeste het Jesus gesmeek om hulle toe te laat om in die varke in te vaar. Hy het hulle dit toegelaat,
- en die bose geeste het uit die man uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop sit toe op loop teen die berg af, die see in, en versuip.
- Toe die wagters sien wat gebeur het, hardloop hulle weg en gaan vertel dit in die dorp en op die plase.
- Die mense gaan kyk toe wat gebeur het. Hulle kom by Jesus en daar kry hulle die man uit wie die bose geeste uitgevaar het. Hy sit by die voete van Jesus, met klere aan en by sy volle verstand. En hulle het bang geword.
- Die mense wat dit gesien het, het toe vir hulle vertel hoe die besetene genees is.
- Toe het die inwoners van die gebied van die Garaseners, vir Jesus gevra om van hulle af weg te gaan, omdat hulle baie bang was. Hy het toe in die skuit geklim en weggegaan.
- Die man uit wie die bose geeste uitgevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê:
- “Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het.” Hy het toe gegaan en die hele dorp deur bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.
PEARL FOR EACH DAY:
Wednesday 12 February 2025.
(Luke 8:22-39)
“WHERE IS YOUR FAITH?:”
- One day He got into a boat with His disciples, and He said to them: “Let us go across to the other side of the lake.” So they set out,
- and as they sailed, He fell asleep. And a windstorm came down on the lake, and they were filling with water. And were in danger.
- And they went and woke Him, saying: ‘Master, Master, we are perishing!’ And He awoke and rebuked the wind and the raging waves, and they ceased, and there was a calm.
- And He said to them: “Where is your faith?” And they were afraid, and they marveled, saying to one another: ‘Who then is this, that He commands even wind and water, and they obey Him.’
- Then they sailed to the country of the Garasenes, which is opposite Galilee.
- When Jesus had stepped on land, there met Him a man from the city who had demons. For a long time he had worn no clothes, and he had not lived in a house, but among the tombs.
- When he saw Jesus, he cried out with a loud voice: ‘What have You to do with me Jesus, Son of the Most High God? I beg You, do not torment me!’
- For He Had commanded the unclean spirit to come out of the man. (For many a time it had seized him. He was kept under guard and bound with chains and shackles, but he would break the bonds, and be driven by the demon into the desert.)
- Jesus then asked him: “What is your name?” And he said: ‘Legion,’ for many demons had entered him.
- And they begged Him not to command them to depart into the abyss.
- A large herd of pigs was feeding there on the hillside. And they begged Him to let them enter these. So He gave them permission
- Then the demons came out of the man and entered the pigs, and the herd rushed down the steep bank, into the lake and drowned.
- When the herdsmen saw what had happened, they fled and told it in the city and in the country.
- Then people went out to see what had happened. And they came to Jesus, and found the man from whom the demons had gone, sitting at the feet of Jesus, clothed and in his right mind, and they were afraid.
- And those who had seen it, told them how the demons possessed man had been healed.
- Then all the people of the surrounding country of the Garasenes asked Him to depart from them, for they were seized with great fear. So He got into the boat and returned.
- The man from whom the demons had gone, begged that he might be with Him, but Jesus sent him away, saying:
- “Return to your home, and declare how much God Has done for you.” And he went away, proclaiming throughout the whole city how much Jesus Had done for him.





