Saterdag 22 Februarie 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 10:1-9)
DIE OES IS GROOT MAAR DIE ARBEIDERS MIN:
- Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur, na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan.
- Hy het vir hulle gesê: “Die oes is wel groot, maar die arbeiders is min. Bid dan die Here aan Wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir Sy oes.
- “Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe.
- “Moenie ‘n beurs of reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie.
- “As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis!’
- “As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly, so nie, sal dit na jou toe terugkom.
- “Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon.
- “As julle in ‘n dorp kom, en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle julle voorsit. Maak die siekes daar gesond, en sê vir die mense: ‘Vir julle is die Koninkryk van God baie naby!’
- “Maar as julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: ‘Selfs julle dorp se stof, wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle.’.”
PEARL FOR EACH DAY:
Saturday 22 February 2025.
(Luke 10:1-9)
THE HARVEST IS PLENTIFUL BUT THE LABOURERS ARE FEW:
- After this the Lord appointed seventy-two others, and sent them on ahead of Him, two by two, into every town and place where He Himself was about to go.
- And He said to them: “The harvest is plentiful, but the labourers are few. Therefore pray earnestly to the Lord of the harvest to send out labourers into His harvest.
- “Go your way; behold, I Am sending you as lambs in the midst of wolves.
- “Carry no money bag, no knapsack, no sandals, greet no one on the road.
- “Whatever house you enter, first say: ‘Peace be to this house.’
- “And if a son of peace is there, your peace will rest upon him. But if not, it will return to you.
- “And remain in the same house, eating and drinking what they provide, for the labourer deserves his wages. Do not go from that house.
- “Whenever you enter a town and they receive you, eat what is set before you.
- “Heal the sick in it and say to them: ‘The Kingdom of God Has come near to you.’”





