
Category: Uncategorized
“YOU LOAD PEOPLE WITH BURDENS HARD TO BEAR:”
Dinsdag 4 Maart 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 11:37-54)
“JULLE LAAI ONDRAAGLIKE LASTE OP DIE MENSE:”
- Net toe Jesus klaar gepraat het, het ‘n Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet. Hy het toe in sy huis ingegaan, en aan tafel plek ingeneem.
- Die Fariseër was verwonderd toe hy sien dat Jesus nie die gebruik nagekom het, om voor die tyd eers hande te was nie.
- Maar die Here sê vir hom: “Ja julle Fariseërs! Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle vol inhaligheid en gemeenheid.
- “Julle dwase! Het Hy wat die buitekant gemaak het, nie ook die binnekant gemaak nie?
- “Gee liewer wat in die bekers en borde is vir die armes, dan sal alle dinge vir julle rein wees.
- “Maar ellende wag op julle Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen, en die ander nie nalaat nie.
- “Ellende wag op julle Fariseërs, want julle hou van die ereplekke in die sinagoges, en om op straat eerbiedig begroet te word.
- “Ellende wag op julle, want julle is soos onherkenbare grafte, waaroor die mense loop, sonder om dit te weet.”
- Toe sê een van die wetsgeleerdes vir Jesus: ‘Meester, as U so praat, beledig U ons ook.’
- Daarop antwoord Jesus: “Julle wetgeleerdes, ellende wag op julle ook! Want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie.
- “Ellende wag vir julle, want julle bou graf-monumente vir die Profete, maar julle voorvaders het hulle vermoor.
- “So bewys julle dat julle die dade van julle voorvaders goedkeur, want húlle het die Profete vermoor, en júlle bou die grafte.
- “Daarom het die Wysheid van God gesê: ‘+Ek sal Profete en apostels na hulle toe stuur, maar hulle sal sommige van hulle doodmaak en ander vervolg.’+
- “Só is die huidige geslag dan skuldig aan die bloed van al die Profete wat vergiet is van die skepping van die wêreld af,
- “van die bloed van Abel af, tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die tempel doodgemaak is. Ja, Ek sê vir julle: Hulle bloed sal van die huidige geslag geëis word!’
- “Ellende wag op julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en dié wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.”
- Toe Hy uit die huis weggaan, het die wetgeleerdes en die Fariseërs Hom heftig begin aanval. Oor allerlei dinge het hulle aan Hom strikvrae gestel,
- en fyn opgelet of Hy iets sou sê waarop hulle Hom kon vastrek.
PEARL FOR EACH DAY:
Tuesday 4 March 2025.
(Luke 11:37-54)
“YOU LOAD PEOPLE WITH BURDENS HARD TO BEAR:”
- While Jesus was speaking, a Pharisee asked Him to dine with him, so He went in, and reclined at table.
- The Pharisee was astonished to see that He did not first wash before dinner.
- And the Lord said to him: “You Pharisees cleanse the outside of the cup and of the dish, but inside you are full of greed and wickedness.
- “You fools! Did not He Who made the outside, make the inside also?
- “But give as alms those things that are within, and behold, everything is clean for you.
- “But woe to you Pharisees! For you tithe mint and rue and every herb, and neglect justice and the love of God. These you ought to have done without neglecting the others.
- “Woe to you Pharisees, for you love the best seat in the synagogues, and greetings in the market places.
- “Woe to you! For you are like unmarked graves, and people walk over them without knowing it.”
- One of the lawyers answered Him: ‘Teacher, in saying these things, You insult us also.’
- And He replied: “Woe to you lawyers also. For you load people with burdens hard to bear, and you yourselves do not touch the burdens with one of your fingers.
- “Woe to you! For you build the tombs of the Prophets whom your fathers killed.
- “So you are witnesses, and you consent to the deeds of your fathers. For they killed them, and you build their tombs.
- “Therefore also the Wisdom of God said: ‘+I Will send them Prophets and apostles some of whom they will kill and persecute;’+
- “so that the blood of all the Prophets, shed from the foundation of the world, may be charged against this generation.
- “From the blood of Abel to the blood of Zechariah, who perished between the altar and the sanctuary. Yes, I tell you, it will be required of this generation!
- “Woe to you lawyers. For you have taken away the key of knowledge. You did not enter yourselves, and you hindered those who were entering.”
- As He went away from there, the scribes and the Pharisees began to press Him hard, and to provoke Him to speak about many things,
- lying in wait for Him, to catch Him in something He might say.

THIS GENERATION IS AN EVIL GENERATION:
Maandag 3 Maart 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 11:24-32)
“DIE MENSE VAN HIERDIE TYD IS ‘N VERDORWE GESLAG:”
- “Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke, op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.’
- “Hy kom dan terug en vind dit skoon en aan die kant.
- “Dan gaan haal hy sewe ander geeste nog slegter as hyself en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so ‘n mens slegter daaraan toe as aan die begin.”
- Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het ‘n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: ‘Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra, en aan haar bors gevoed het!’
- Maar Hy antwoord: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die Woord van God hoor, en dit onderhou.”
- Toe die mense aanhou saamdrom, het Jesus hulle begin toespreek en gesê: “Die mense van hierdie tyd is ‘n verdorwe geslag. Hulle vra ‘n wonderteken, maar daar sal geen teken aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona.
- “Net soos Jona vir die mense van Nineve ‘n teken was, so sal die Seun van die mens ‘n teken wees vir die mense van vandag,
- “Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag opstaan saam met die mense van vandag, en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te kom luister. Hier staan Een wat groter is as Salomo.
- “Die mense van Nineve het hulle immers op die prediking van Jona, bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona.”
PEARL FOR EACH DAY:
Monday 3 March 2025.
(Luke 11:24-32)
“THIS GENERATION IS AN EVIL GENERATION:”
- “When the unclean spirit has gone out of a person, it passes through waterless places, seeking rest. And finding none, it says: ‘I will return to my house from which I came.’
- “And when it comes, it finds the house swept and put in order.
- “Then it goes and brings seven other spirits more evil than itself, and they enter and dwell there. And the last state of that person is worse than the first.”
- As He said these things, a woman in the crowd raised her voice and said to Him: ‘Blessed is the womb that bore You, and the breasts at which You nursed.’
- “But He answered: “Blessed rather are those who hear the Word of God and keep it.”
- When the crowds were increasing, He began to say: “This generation is an evil generation. It seeks for a sign, but no sign will be given to it, except the sign of Jonah.
- “For as Jonah became a sign to the people of Nineveh, so Will the Son of man be to this generation.
- “The queen of the South will rise up at the judgement with the men of this generation, and condemn them, for she came from the ends of the earth, to hear the wisdom of Solomon, and behold, something greater than Solomon is here.
- “The men of Nineveh will rise up at the judgement with this generation, and condemn it, for they repented at the preaching of Jonah, and behold, something greater than Jonah is here.”

“WHOEVER DOES NOT GATHER WITH ME, SCATTERES:”
Sondag 2 Maart 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 11: 14-23)
“WIE NIE SAAM MET MY BYMEKAAR MAAK NIE, JAAG UITMEKAAR:”
- Jesus het op ‘n keer ‘n bose gees uitgedryf uit iemand wat nie kon praat nie. Net nadat die bose gees uitgegaan het, het die stom man begin praat. Die mense was verwonderd.
- Maar party van hulle het gesê: ‘Dit is met die hulp van beëlsebul die aanvoerder van die bose geeste, dat Hy geeste uitdrywe.’
- Ander wou Hom op die proef stel, deur van Hom ‘n wonderteken uit die hemel te vra.
- Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: “Elke Koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan ten gronde, en ‘n huisgesin wat onderling verdeeld is, spat uitmekaar.
- “As die satan dan teen homself verdeeld is, hoe kan sy ryk bly staan? Julle sê mos Ek dryf bose geeste uit met die hulp van beëlsebul.
- “As Ek wel deur beëlsebul geeste uițdryf, met wie se hulp doen julle eie volgelinge dit dan? Dus, hulle bewys self dat julle verkeerd is.
- “Aangesien Ek dus deur die die vinger van God bose geeste uitdryf, het die Koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.
- “Wanneer ‘n sterk man homself goed bewapen en sy huis bewaak, is al sy besittings veilig.
- “Maar as daar een kom wat sterker as hy is, en hom oorwin, neem hy al die wapens af waarop hy homself verlaat het, en hy verdeel sy besittings as buit.
- “Wie nie aan My kant is nie, is teen My. En wie nie saam met My die skape bymekaar maak nie, jaag hulle uitmekaar.”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 2 March 2025.
(Luke 11:14-23)
“WHOEVER DOES NOT GATHER WITH ME, SCATTERS:”
- Jesus was casting out a demon that was mute. When the demon had gone out, the mute man spoke, and the people marvelled.
- But some of them said: ‘He casts out demons by beelzebul the prince of demons.’
- While others to test Him, kept seeking from Him a sign from heaven.
- But He, knowing their thoughts, said to them: “Every kingdom divided against itself is laid waste, and a divided household fails.
- “And if satan also is divided against himself, how will his kingdom stand? For you say that I cast out demons by beelzebul.
- “And if I cast out demons by beelzebul, by whom do your sons cast them out? Therefore, they will be your judges.
- “But if it is by the finger of God that I cast out demons, then the Kingdom of God Has come upon you.
- “When a strong man, fully armed, guards his own palace, his goods are safe.
- “But when one stronger than he attacks him, and overcomes him, he takes his armor in which he trusted, and divides his spoil.
- “Whomever is not with Me, is against Me, and whoever does not gather with Me, scatters.”
“ASK AND IT WILL BE GIVEN TO YOU:”
Saterdag 1 Maart 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 11:5-13)
“VRA, EN VIR JOU SAL GEGEE WORD:”
- “Sê nou een van julle het ‘n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my drie brode,
- “want ‘n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om hom voor te sit nie.’
- “En die vriend antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie. Die deur is gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie.
- “Ek sê vir julle, al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam, om aan te hou vra nie.
- “Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal vind. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.
- “Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.
- “Is daar ‘n pa onder julle wat, as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis?
- “Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee?
- “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, – die Vader in die hemel, nog baie meer! Hy sal die HEILIGE GEES gee vir die wat dit vra.”
PEARL FOR EACH DAY:
Saturday 1 March 2025.
(Luke 11:5-13)
“ASK, AND IT WILL BE GIVEN TO YOU:”
- “Which of you who has a friend, will go to him at midnight and say to him: ‘Friend lend me three loaves of bread.
- “‘For a friend of mine has arrived on a journey, and I have nothing to set before him.’
- “And he will answer from within: ‘Do not bother me, the door is now shut, and my children are with me in bed. I cannot get up and give you anything.’
- “I tell you, though he will not get up and give him anything because he is his friend, yet because of his impudence, he will rise and give him anything he needs.
- “And I tell you: Ask, and it will be given to you, seek and you will find. Knock, and it will be opened to you.
- “For everone who asks, receives, and the one who seeks, finds, and to the one who knocks, it will be opened.
- “What father among you, if your son asks you for a fish, will in stead of a fish give him a serpent?
- “Ot if he asks for an egg, will give him a scorpion?
- “If you then, who are evil, know how to give good gifts to your children, how much more Will the heavenly Father give the Holy Spirit to those who ask Him?”

THE “OUR FATHER” PRAYER:
Vrydag 28 Februarie 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Lukas 11:1-5)
DIE “ONSE VADER” GEBED:
- Jesus was êrens op ‘n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van Sy dissipels vir Hom: ‘Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.’
- En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word. Laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied, in die hemel, net so ook op die aarde.
- “Gee ons vandag ons daaglikse brood,
- “en vergeef ons, ons skulde, net soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
- “En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Want aan U behoort die Koninkryk en die Krag en die Heerlikheid. Tot in ewigheid. Amen.”
PEARL FOR EACH DAY:
Friday 28 February 2025.
(Luke 11:1-5)
THE “OUR FATHER” PRAYER:
- Jesus was praying in a certain place, and when He finished, one of His disciples said to Him: ‘Lord, teach us to pray, as John taught his disciples’.
- And He said to them: “When you pray, say: Our Father Who are in heaven, hallowed be Thy Name. Thy Kingdom come, Thy Will be done, on earth as it is in heaven.
- “Give us each day our daily bread,
- “and forgive us our trespasses, as we forgive those who trespass against us.
- “And lead us not into temptation, but deliver us from evil. For Thine be the Majesty, and the Power and the Glory, forever and ever. Amen.”
