THEY WILL SEE THE SON OF MAN COMING ON THE CLOUDS OF HEAVEN:

Maandag 10 Maart 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 24:29-39) 

HULLE SAL DIE SEUN VAN DIE MENS OP DIE WOLKE VAN DIE HEMEL SIEN KOM: 

  1. “Kort na die verdrukking van daardie tyd, sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie. Die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. 
  2. “Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom. 
  3. “Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal Sy engele uitstuur om Sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af. 
  4. “Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: Wanneer sy takke begin sag word, en hy blare kry, weet julle die somer is naby. 
  5. “So moet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, weet dat die tyd naby is, voor julle deur. 
  6. “Dit verseker ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur. 
  7. “Die hemel en die aarde sal vergaan, maar My woorde nooit. 
  8. “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie, en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Monday 10 March 2025. 

(Matthew 24:29-36)

THEY WILL SEE THE SON OF MAN, COMING ON THE CLOUDS OF HEAVEN: 

  1. “Immediately, after the tribulation of those days, the sun will be darkened, and the moon will not give its light. And the stars will fall from heaven, and the powers of the heavens will be shaken. 
  2. “Then will appear in heaven the sign of the Son of man. And then all the tribes of the earth will mourn, and they will see the Son of man coming on the clouds of heaven, with power and great glory. 
  3. “And He will send out His angels with a loud trumpet call. And they will gather His elect from the four winds, from one end of heaven to the other.
  4. “From the fig tree learn this lesson: As soon as its branch becomes tender, and puts out its leaves, you know that summer is near. 
  5. “So also, when you see all these things, you know that He is near, at the very gates. 
  6. “Truly, I say to you: This generation will not pass away, until all these things take place. 
  7. “Heaven and earth will pass away, but My Words will not pass away. 
  8. “But concerning that day and hour no one knows, not even the angels of heaven, nor the Son, but the Father only.”

WHEREVER THE CORPSE IS, THE VULTURES GATHER:

Sondag 9 Maart 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 24:22-28) 

WAAR DIE AAS OOKAL LÊ, SAL DIE AASVOËLS BYMEKAARR KOM:

  1. “En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie, maar ter wille van die uitverkorenes, sal God daardie tyd inkort. 
  2. “As iemand vir julle in daardie tyd sê: ‘Kyk, hier is die Christus,’ of ‘Kyk, daar is Hy!’ Moet julle dit nie glo nie. 
  3. “Daar sal baie vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei. 
  4. “Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 
  5. “En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn!’ moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle sê: ‘Hy is in die slaapkamer!’ moet julle dit nie glo nie. 
  6. “Die koms van die Seun van die mens, sal wees soos ‘n weerligstraal wat in die Ooste uitslaan, en die hele ligruim tot in die Weste verlig.
  7. “Waar die aas ookal lê, daar sal die aasvoëls bymekaar kom.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Sunday 9 March 2025. 

(Matthew 24:22-28) 

WHEREVER THE CORPSE IS, THE VULTURES WILL GATHER:

  1.  “And if those days had not been cut short, no human being would have been saved. But for the sake of the elect those days will be cut short. 
  2. “Then if anyone says to you: ‘Look, here is the Christ,’ or ‘there He is.’ Do not believe it. 
  3. “For false christs and false prophets will arise and perform great signs and wonders, so as to lead astray, if possible, even the elect.  
  4. “See, I Have told you beforehand. 
  5. “So if they say to you: ‘Look, He is in the wilderness,’ do not go out. And if they say:
  6. ‘“Look, He is in the inner rooms,’ do not believe it. For as the lightning comes from the East, and shines as far as the West, so will be the coming of the Son of man. 
  7. “Wherever the corpse is, there the vultures will gather.”

 

“PRAY THAT YOUR FLIGHT MAY NOT BE IN WINTER:”

Saterdag 8 Maart 2025.

PÊREL VIR  ELKE DAG:

(Matthéüs 24:15-21) 

“BID DAT JULLE NIE IN DIE WINTER HOEF TE VLUG NIE:”

  1. “Wanneer julle ooreenkomstig die Woord van die profeet Daniël die ding wat ‘n gruwel is vir God, en wat verwoesting aanrig in die heilige plek sien staan, (wie dit lees moet dit goed begryp), 
  2. “dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug. 
  3. “Die man wat op die dakstoep sit, moet nie ingaan om sy goed uit die huis te gryp nie,
  4. “en die man wat op die land is, moet nie omdraai om sy klere te gaan haal nie. 
  5. “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is, en met dié wat nog klein kindertjies het. 
  6. “Bid dat julle nie in die winter of op ‘n Sabbatdag hoef te vlug nie,
  7. “want in daardie tyd sal daar ‘n groot verdrukking wees, soos wat daar van die begin van die wêreld af, nie was nie, en ook nie weer sal wees nie.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Saturday 8 March 2025. 

(Matthew 24:15-21)

“PRAY THAT YOUR FLIGHT MAY NOT BE IN WINTER:”

  1. “So when you see the abomination of desolation spoken of by the Prophet Daniel, standing in the Holy Place, (let the reader understand),
  2. “then let those who are in Judea, flee to the mountains. 
  3. “Let the one who is on the housetop, not go down to take what is in his house, 
  4. “and let the one who is in the field not turn back to take his cloack. 
  5. “And alas for woman who are pregnant, and for those who are nursing infants in those days!
  6. “Pray that your flight may not be in winter or on a Sabbath. 
  7. “For then there will be great tribulation, as has not been from the beginning of the world until now and never will be.”

MANY FALSE PROPHETS WILL ARISE:

Vrydag 7 Maart 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 24:9-14)  

DAAR SAL BAIE VALS PROFETE KOM: 

  1. “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle  doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word. Omdat julle My Naam bely. 
  2. “In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word. En hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. 
  3. “Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. 
  4. “Omdat die minagting van die Wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 
  5. “Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. 
  6. “En hierdie Evangelie van die Koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Friday 7 March 2025. 

(Matthew 24:9-14)

MANY FALSE PROPHETS WILL ARISE: 

  1. “Then they will deliver you up to tribulation and put you to death, and you will be hated by all nations, for My Name’s sake. 
  2. “And then many will fall away, and betray one another, and hate one another. 
  3. “And many false prophets will arise and lead many astray. 
  4. “And because  lawlessness will be increased, the love of many will grow cold. 
  5. “But the one who endures to the end, will be saved. 
  6. “And the Gospel of the Kingdom will be proclaimed throughout the whole world, as a testimony to all nations, and then the end will come. 

“SEE THAT NO ONE LEADS YOU ASTRAY:”

Donderdag 6 Maart 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 23:37-39) 

“PASOP DAT NIEMAND JULLE MISLEI NIE:”

  1. “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die Profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaar soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke maak, maar julle wou nie! 
  2. “Kyk, nou word julle stad as puinhoop aan julle oorgelaat. 
  3. “Maar Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie, totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: ‘Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!’

(Matthéüs 24:1-8)

  1. Toe Jesus van die tempel af weggaan, het Sy dissipels nader gekom en Sy aandag op die tempel geboue gevestig. 
  2. Maar Hy antwoord hulle: “Julle sien al hierdie dinge? Dit verseker Ek julle: Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.”
  3. Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: ‘Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van U koms en die einde van hierdie wêreld wees?’
  4. Jesus antwoord hulle daarop: “Pasop dat niemand julle mislei nie. 
  5. “Baie sal in My Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus.’ En hulle sal baie mense mislei. 
  6. “Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dis nognie die einde nie. 
  7. “Die een nasie sal teen die ander te staan kom, en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. 
  8. “Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Thursday 6 March 2025. 

(Matthew 23:37-39)

“SEE THAT NO ONE LEADS YOU ASTRAY:”

  1. “0 Jerusalem, Jerusalem! The city that kills the Prophets and stones those who are sent to it. How often would I Have gathered your children together as a hen gathers her brood under her wings, and you were not willing. 
  2. “See, your house is left to you desolate.
  3. “For I tell you, you will not see Me again, until you say: ‘Blessed is He who comes in the Name of the Lord!’

(Matthew 24:1-8) 

  1. Jesus left the temple and was going away, when His disciples came to point out to Him the buildings of the temple. 
  2. But He answered them: “You see  all these, do you not? Truly I say to you: There will not be left here one stone upon another, that will not be thrown down.”
  3. As He sat on the Mount of Olives, the disciples came to Him privately, saying:  ‘Tell us when will these things be, and what will be the sign of Your coming, and of the end of this age?’
  4. And Jesus answered them: “See that no one leads you astray. 
  5. “For many will come in My Name, saying: ‘I am the Christ,’ and lead many astray. 
  6. “And you will hear of wars, and rumors of wars. See that you are not alarmed, for this must take place, but the end is not yet. 
  7. “For nation will rise against nation, and kingdom against kingdom, and there will be famines and earthquakes in various places. 
  8. “All these are but the beginning of the birth pains.”

WITHIN YOU ARE FILLED WITH HYPOCRISY AND LAWLESSNESS:

Woensdag 5 Maart 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 23:27-36) 

“VAN BINNE IS JULLE VOL HUIGELARY EN MINAGTING VAN DIE WET:”

  1. “Ellende wag op julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk, maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. 
  2. “So is julle ook: Van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die Wet. 
  3. “Ellende wag vir julle skrifkenners en Fariseërs, huigelaars! Julle hou die grafte van die Profete in stand en versier die gedenk- tekens van die vromes, 
  4. “en julle sê: ‘As ons in die dae van ons voorvaders gelewe het, sou ons nie medepligtig gewees het aan die vergieting van die bloed van die Profete nie.’
  5. “Op hierdie manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die Profete. 
  6. “Gaan maar aan, maak klaar wat julle voorvaders begin het!
  7. “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?
  8. “Luister dus goed! Ek stuur Profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in die sinagoges gésel, en hulle van die een dorp na die ander vervolg. 
  9. “Só sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af, tot by die bloed van Sagaria, seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. 
  10. “Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Wednesday 5 March 2025. 

(Matthew 23:27-36)

“WITHIN YOU ARE FULL OF HYPOCRISY AND LAWLESSNESS:”

  1. “Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites! For you are like white washed-tombs, which outwardly appear beautiful, but within are full of dead people’s bones and all uncleanness. 
  2. “So you also outwardly appear righteous to others, but within you are full of hypocrisy and lawlessness. 
  3. “Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites! For you build the tombs of the Prophets and decorate the monuments of the righteous, 
  4. “saying: ‘If we had lived in the days of our fathers, we would not have taken part with them, in shedding the blood of the Prophets. 
  5. “Thus you witness against yourselves, that you are sons of those who murdered the Prophets. 
  6. “Fill up then, the measure of your fathers. 
  7. “You serpents, you brood of vipers, how are you to escape being sentenced to hell? 
  8. “Therefore I send you Prophets and wise men and scribes, some of whom you will kill and crucify, and some you will flog in your synagogues, and persecute from town to town,
  9. “so that on you may come all the righteous blood shed on earth, from the blood of righteous Abel, to the blood of Zechariah, the son of Barachiah whom you murdered between the sanctuary and the altar. 
  10. “Truly I say to you: All these things will come upon this generation.”